Background Image
Previous Page  49 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 112 Next Page
Page Background

47

October 2016

minimum beperk word. Aangesien hierdie kalwers op die plaas

gebore is en grootgeword het, behoort hul mortaliteit oor die al-

gemeen laag te wees.

In hierdie stelsels is die produksierisiko’s heelwat minder as in ‘n

speenkalfstelsel. Dit het ‘n definitiewe effek op die winsgewendheid

van die stelsel. Die speenkalwers in die speenkalfstelsel moet op ‘n

sekere tyd verkoop word, anders is daar pryspenalisasie, terwyl die

ander stelsels tot ‘n mate meer vryheid het wat bemarking betref.

Alhoewel die stelsels verskil, bly die kritiese suksesfaktore van die

verskillende stelsels dieselfde. Koeie moet produseer en die kalf- en

speenpersentasie moet ten alle tye beskerm word.

Voervloeibeplanning

Veegetalle moet nie die drakrag van die weiding oorskry nie en daar

moet ten alle tye genoeg kos vir die vee wees.

Lekke wat verskaf word, moet by die behoefte van die diere aan-

pas en moet ook die beskikbaarheid van weiding weerspieël.

Maak seker dat lekke wel gevreet word en dat dit aan die behoef-

tes van die vee voldoen, maar dit moet ook die winsgewendheid van

die stelsel verbeter, anders maak dit nie sin om dit te gebruik nie.

Die diere se gesondheid moet altyd op ‘n aanvaarbare vlak wees

en beide inwendige en uitwendige parasiete moet tydig en verkies-

lik voorkomend beheer word.

Kuddesamestellings

Verskillende veestelsels se kuddesamestelling verskil beduidend.

Vir ‘n plaas wat ongeveer 100 grootvee-eenhede (GVE) kan dra,

sal daar in ‘n speenkalfstelsel ongeveer 60 koeie wees, terwyl ‘n

18 maande-bemarkingstelsel ongeveer 44 koeie en ‘n 36 maande-

bemarkingstelsel net 32 koeie kan akkommodeer. Die res van die

drakrag sal deur vervangingsdiere, kalwers of groeiende diere

opgeneem word.

Bemarking

Die verskillende stelsels sal ook hul eie bemarkingstye hê en ver-

skillende tipes diere sal bemark word. Lentespeenkalfstelsels sal

hoofsaaklik speenkalwers en ou diere tydens April bemark, terwyl

die 18 maande-stelsel hoofsaaklik afgeronde 400 kg beeste ge-

durende Maart tot Mei aan die mark sal kan lewer.

In die 36 maande-bemarkingstelsel sal volgroeide, afgeronde osse

gedurende Oktober tot Desember aan die mark gelewer word. Vir

hierdie tye geld daar ander pryse en dit is belangrik om die vraag en

aanbod in die mark in ag te neem.

In

Grafiek 1

word die langtermyntendense van produsentebees-

vleispryse van A-, B- en C-grade aangetoon.

Veepryse is uit die aard van die saak gedurende April laag en

rondom Desember hoog. Die hoofdrywer hiervan is die aanbod en

vraag van vleis. As die speenkalfprys in

Grafiek 2

bestudeer word,

is daar heelwat ooreenkomste tussen die algemene vleisprysten-

dens en dié van speenkalfpryse.

Soos in Grafiek 2 aangedui, is die algemene speenkalfpryse van

Maart tot met Junie laag en begin die pryse dan weer na Desember

se kant toe styg. Hierdie prystendense – veral in die prys van

speenkalwers – reflekteer die aanbod en dit het ‘n invloed op

die primêre produsent omdat hy gewoonlik binne hierdie tye sy

speenkalwers moet bemark.

Grafiek 2: Tendense in speenkalfpryse.

Bron: AMT

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Amanda van Blerk 2015