Background Image
Previous Page  47 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

45

October 2016

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Karen van Zyl 2015

Die skaapwaardeketting kan die volgende aan die verbruiker bied:

Ekstensiewe natuurlike praktyke.

Oorsprong.

Voorkeur ten opsigte van smaak.

‘n Gesogte produk.

‘n Goeie, groen agtergrond.

Tradisie.

Daar is potensiaal vir beter praktyke.

Suid-Afrika se vee moet nou getel word

RPO se kongres het die Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye versoek om ‘n veesensus te doen volgens die metodes

soos vervat in ‘n studie wat deur die Universiteit van die Vrystaat

gedoen is.

Die laaste formele veesensus is in die 1990’s gedoen en sedertdien

is daar slegs van skattings gebruik gemaak.

Akkurate en betroubare veestatistieke is noodsaaklik om beplanning

rondom die natuurlike hulpbron te doen. Verder word dit benodig

vir beleidsbepaling, nasionale en internasionale hulpverlening,

dieregesondheid en kuddebestuur, sowel as die bestuur van ‘n

siekte-uitbreek.

Volgens mnr Walter van Niekerk (Universiteit van die Vrystaat) kan

hulpverlening aan die ontwikkelende en opkomende sektor nie

sonder veestatistieke plaasvind nie, terwyl die omvang van die

informele sektore ook baie meer akkuraat bepaal sal kan word.

Met betroubare veestatistieke sal struktuurveranderinge gekwanti-

fiseer kan word, die impak van grondhervormingsinisiatiewe op

veegetalle sal gemeet kan word, terwyl dit ook ‘n rol kan speel by

predasiebestuur en veediefstalvoorkomingsaksies.

Dit is die verantwoordelikheid van die nasionale en provinsiale

departemente van landbou met die hulp van Statistiek Suid-Afrika

om ‘n veesensus te doen, maar ander departemente kan ook betrek

word en die projek kan gedryf word onder die Landboubeleid-

aksieplan (APAP).

“Die berekende koste van so ‘n projek is R48 miljoen,” het Van

Niekerk gesê.

Droogte draai by kongres

Die droogte wat vanjaar in die grootste gedeeltes van die land

voorgekom het, was een van die besprekingspunte wat voor kongres

gedien het.

Die Universiteit van die Vrystaat het in opdrag van die RPO van

Januarie 2016 tot Mei 2016 ‘n navorsingsprojek onderneem met

die doel om verbruikers en institusionele rolspelers in te lig oor

die uitwerking van droogte op produsentevlak. Die vrae het

gekonsentreer op die vermindering van die aantal vee, die afname in

die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne en hoe produsente op

die uitdagings van die droogte reageer.

Wat betref kapitaal om die effek van die droogte te probeer absor-

beer, moes sommige produsente reëlings met ‘n finansiële instel-

ling tref. In die gebiede wat die ergste getref is, is sommige

produsente gedwing om van hul grond te verkoop. Die addisionele

gevolge van die droogte is volgens produsente die bykomende

spanning en die effek daarvan op hul gemoedere.

Indien normale reënval voorkom, sal dit die natuurlike hulpbron en

die aanteelkudde drie jaar neem om te herstel. Dit sal selfs langer as

drie jaar neem vir produsente om ekonomies te herstel en ‘n verdere

droogte sal katastrofies wees.

Ten spyte van intensiewe pogings van die RPO, National Emergent

Red Meat Producers’ Organisation (NERPO) en die georganiseerde

landbou was staatshulp uiters beperk en laat.

Die verliese was baie groter in die opkomende en ontwikkelende

sektor, waar hoë mortaliteitsyfers voorgekom het. Sonder eksterne

hulp sal dié sektor moeilik herstel.

Hy het daarop gewys dat ‘n konserwatiewe benadering in terme

van drakragnorme ‘n groot bydrae lewer om ’n droogte beter te kan

hanteer. Daar moet in gedagte gehou word dat dit uiters noodsaak-

lik is dat ‘n konserwatiewe benadering in terme van drakragnorme

ook toegepas moet word ná die droogte, aangesien die weiding se

wortelgroei moet herstel. Indien daar normale reënval voorkom, sal

dit meer as een seisoen neem.

Verder het produsente wat droogtevoorsiening met voerbanke

gemaak het en van droogtebestande voergewasse gebruik gemaak

het, heelwat beter gevaar in die droogte. Produsente wat indringer-

spesies bekamp, het ook beter gevaar in die droogte.

Die droogte het dit duidelik gemaak dat ‘n minimum van ‘n vyf

jaar-benadering in terme van watervoorsiening en -kwaliteit nood-

saaklik geword het. Die oes van sogenaamde “groen” water kan ‘n

groot bydrae lewer.

Mnr Frikkie Maré (Universiteit van die Vrystaat) het gesê dit is

belangrik om die afgeskaalde kernkudde wat oorgebly het op ‘n

hoë voedingstatusvlak te hou ten einde te verseker dat hoë lam- en

kalfpersentasies realiseer in die kuddeboufase wat nou voorlê.

Ondanks al die probleme wat die droogte veroorsaak, is dit so dat

‘n droogte die genetiese potensiaal van ‘n kudde verbeter, omdat

alle onproduktiewe diere uit die stelsel verwyder word.

Die kongres het medeprodusente, landboubesighede, vriende van

die landbou en die algemene publiek bedank vir die ongelooflike

hulp, bystand en empatie in die droogtetyd.

Die sielkundige en finansiële impak van die droogte sal nog ‘n

geruime tyd met die landbousektor wees, terwyl verbruikers dit ook

in terme van hoër voedselpryse sal ervaar.

RPO sit koppe bymekaar