Background Image
Previous Page  68 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

66

Wees op die

UITKYK VIR INSEKTE

wat

mieliesaailinge

aanval

D

ie grondinsekplae wat mielies aanval tydens die saai-

lingstadium kan jaarliks ongesiens enorme skade aanrig

indien daar nie voorkomend opgetree word nie. ‘n Skielike

afname in die plantdigtheid van saailinge dui op die

“bedrywighede” van grondinsekplae.

Wat saailinginsekplae so belangrik maak, is dat vanaf die oomblik

dat die saailing beskadig is, dit ‘n direkte effek op die opbrengs het.

Indien hierdie insekte skade aanrig aan saailinge, kan dit soms lyk

of ‘n hele ry saailinge verdwyn het.

Produsente word in sulke ekstreme gevalle genoodsaak om soms

oor te plant. Dit kan selfs gebeur dat die produsent ‘n tweede keer

moet oorplant, soos in die geval van erge besmetting van snywurms,

swartmieliekewers, draadwurms of doodhouertjies.

Met die aanloop na die seisoen wat om die draai is, is dit dus

belangrik om weer kennis te dra van die mees belangrike saailingplae

aangesien sommige van die skadesimptome met mekaar verwar

kan word.

Die snywurm (

Foto 1

) is algemeen aan produsente bekend en word

‘n probleem wanneer motte eiers gelê het gedurende die herfs en

winter, wat dan oorsprong gee aan larwes gedurende die begin van

‘n seisoen. Larwes gebruik onkruide en wintergewasse as ‘n bron

van voedsel om te oorleef. Net voor planttyd word die oorwinte-

rende larwes papies in papieselle in die grond.

Hierdie stadium duur ongeveer twee weke. Dié papies gee oor-

sprong aan die eerste motte van die seisoen. Dit is hierdie motte

wat ‘n bedreiging inhou vir gewasse; hulle vlieg tydens die nag en lê

eiers op die blare van onkruid en opslag wat in die lande voorkom.

Ná ongeveer ‘n week broei die larwes uit en voed op die blare van

onkruide. Ná die larwes se tweede vervelling sal die larwes in die

grond inkruip en slegs in die nag uitkom om te vreet. Snywurmskade

kan onderskei word van die res van die grondinsekte wat mielie-

saailinge aanval deurdat die vreetskade ‘n netjiese, skoon gat in

die stammetjie is, in vergelyking met die swartmieliekewer en die

draadwurms wat ‘n uitgerafelde voorkoms het.

In die gevalle waar die hele saailing afgevreet is, kan die hele plant-

jie onder die grond ingetrek word om aan te vreet. Op hierdie manier

kan een larf dus ‘n groot aantal saailinge per nag opvreet.

Die swartmieliekewer (

Foto 2

) se larf is ‘n tipiese miswurm

(

Foto 3

). Laasgenoemde is wit met ‘n bruin kop en is gewoonlik

C-vormig gekrul. Die derminhoud van die larf gee aan die punt

van die agterlyf ‘n kenmerkende blougrys kleur.

Hulle volwasse kewers is blinkswart van kleur en sowat 12 cm

- 15 cm lank. Kewers het dieselfde voorkoms as miskruiers. Die

swartmieliekewer het slegs een generasie per jaar. Kewers kom ge-

woonlik te voorskyn vanaf middel-Januarie tot middel-Februarie

om gedurende laat April of begin Mei in die grond te oorwinter.

In die lente begin voeding, paring en eierlegging van kewers.

Dit is ook hierdie oorwinterende kewers wat skade aanrig aan

mieliesaailinge. Larwes rig geen skade aan nie en voed op organiese

materiaal in die grond. Kewers beskadig saailinge deur uitgerafelde

gate in die ondergrondse stamme te vreet. Gedurende die herfs kan

die stamme van ouer plante bo die grondoppervlak uitgerafel en die

stutwortels afgevreet word.

Grootvalsdraadwurms se kewers ontpop uit papies wat in papiesel-

le onder die grondoppervlak voorkom. Kewers is tipiese toktokkies,

grys-swart, met ‘n duidelike afgebakende kop, bors en agterlyf en

hulle rig geen skade aan nie. Wyfiekewers lê eiers onder onkruid en

mieliereste, ongeveer 5 mm - 10 mm onder die grond. Die eiers neem

tussen agt tot 16 dae om uit te broei.

Hierdie grootvalsdraadwurms kom byna die hele jaar lank as larwes

in die grond voor. Valsdraadwurmlarwes (

Foto 4

) is tot 32 mm

lank en 4 mm dik. Larwes is roomwit en die kop vertoon rooibruin.

Hulle beskadig saailinge in die nuwe groeiseisoen deur gate in die

ondergrondse stammetjie van mieliesaailinge te vreet. Hierdie gate

het ‘n duidelike uitgerafelde voorkoms.

Die doodhouertjies (

Foto 5

) is klein, lig tot donkerkleurig en vlerk-

loos. In vergelyking met ander snuitkewers het die doodhouertjie

betreklik kort snuite. Verskeie spesies van hierdie plaaggroep kom

voor. Die eiers word aan die begin van Desember in die grond gelê.

Die larwes wat uit die eiers broei, voed op die wortels van grasse

en ander veldplante. Die kewers verskyn laat in Februarie en skuil

gedurende die winter in die grond.

Doodhouertjies kom veral soms in nuwe lande voor. Skade aan

mieliesaailinge word aan die begin van die seisoen deur die kewers

aangerig. Die kewer voed snags en val die blare van die saailinge aan

wat so tot groot skade kan lei.

Voorkomende beheer

Die beste manier om grondinsekte soos hierbo genoem te beheer,

is om voorkomend op te tree. Dus is chemiese beheer met

saadbehandelings of bespuitings tydens plant die algemeenste

manier van beheer.

In bewaringsboerdery is daar ook predatoriese kewers teenwoor-

dig wat goeie biologiese beheer agente kan wees. Die belangrik-

ste voorkomende maatreël is om landerye skoon te hou van onkruid

en opslag wat vir hierdie plae ‘n bron van voedsel kan

wees om te oorleef totdat die gewas geplant is om

sodoende dan die gewas aan te val.

OP PLAASVLAK

Grondinsekplae / Mielies / Saailingstadium

Geïntegreerde plaagbeheer

ANNEMIE ERASMUS,

LNR-Instituut vir Graangewasse