Background Image
Previous Page  55 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Diere

Bosluis,

jou lelike ding

BERTIE DE WET,

FarmVet

B

loubosluisweerstand veroorsaak jaarliks enorme ekono-

miese verliese vir beesprodusente in Suid-Afrika. Behalwe

vir die direkte koste verbonde aan dipmiddels in ‘n poging

om die bosluise te beheer, is daar ook verliese as gevolg van

vrektes veroorsaak deur bosluisoorgedraagde siektes, soos rooi-

water (babesiose) en galsiekte (anaplasmose).

Die bestuur van bosluisweerstand

Wanneer ‘n produsent weerstand van bosluise op sy plaas onder-

vind, is daar ongelukkig nie ‘n kitsoplossing vir die probleem nie.

Die algemeenste metode van bosluisbeheer in Suid-Afrika is steeds

chemiese beheer, met ander woorde om beeste te dip.

Daar is slegs drie groepe aktiewe bestanddele beskikbaar vir kon-

vensionele bosluisbeheer, naamlik organofosfate, piretroïede en for-

mamidiene (of kortweg amidiene).

Die middels word in dompel-, spuitdippe en opgietmiddels

gebruik. Indien die produsent nie die gewenste uitwerking op bos-

luise met een van die groepe ondervind nie, moet hy na ‘n ander

groep omskakel.

Dit maak geen sin om van een middel wat ‘n piretroïede aktiewe

bestanddeel bevat na ‘n ander middel ook met ‘n piretroïede te ver-

ander nie. Indien veelvoudige bosluisweerstand ondervind word,

met ander woorde bosluisweerstand teen twee of al drie groepe van

die aktiewe bestanddele, raak die situasie meer ingewikkeld en lei dit

gewoonlik tot hoë koste.

In só ‘n geval moet die produsent alternatiewe metodes van blou-

bosluisbeheer toepas, soos die gebruik van sistemiese middels.

Die groepe middels wat bloubosluise sistemies beheer, is die mak-

rosikliese laktone (middels wat ivermektien, doramektien, abamek-

tien en moksidektien bevat) en die bosluisgroei-inhibeerder,

fluasuron.

Die reeks produkte, Delta Pour-On, Cyper Pour-On, Flu Pour-On,

Amitraz Pour-On en Amitraz Spray kan as opgiet, dompel- of spreidip

gebruik word. Iverject 1% en Noromectin Pour-On kan ook gebruik

word om middels af te wissel.

FarmVet se reeks kan jou as produsent help om bosluisweerstand

beter te bestuur.

Vlieg weg

klein verpesting!

Vlieë is, soos ons almal weet, die draers van die on-

heiligste siektekieme. Daar is drie groepe vlieë: Las-

vlieë, bytende vlieë en stalvlieë.

Vlieë kan aansteeklike siektes oordra, soos bloutong,

perdesiekte en drie-dae-stywesiekte en is ook betrokke

by die oordraging van sekondêre infeksies, soos oogin-

feksies en mastitis. Dit veroorsaak boonop geweldige

irritasie, kan lei tot produksieverliese en kan parafilaria

en neuswurm-infestasies oordra.

Vra vir Maizer Fly Bait 100. Dit kom in 125 gram- en

625 gram-verpakkings en is ‘n wateroplosbare korrel

wat aangeverf kan word; as droë lokaas gebruik kan

word of as ‘n sprei toegedien kan word. Dit is die enig-

ste vlieglokaas waarmee jy al drie bogenoemde toe-

passings kan uitvoer.

Produk-inligting

53