Background Image
Previous Page  56 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

54

Bewaringslandboustelsels

kan droogte temper

B

ewaringsboerdery is die enigste manier om graan volhou-

baar te produseer. ‘n Uiters welkome byvoordeel is dat dit

die invloed van droogte onder sekere toestande kan temper.

Die klimaat van die Hoëveld is semi-aried en ‘n kenmerk daarvan is

dat, afgesien van ‘n relatief lae reënval, periodes van droogte binne

die reënseisoen voorkom. Die droogtes het gewoonlik ernstige

ekonomiese gevolge.

Droogteperiodes se intensiteit en lengte verskil van jaar tot jaar.

Dit kom gewoonlik in Januarie, Februarie en dikwels ook in Maart

voor en val gewoonlik saam met die droogtegevoelige blom- of

graanvulstadium van gewasse. Die afgelope 2014/2015-seisoen

het ons weer deeglik bewus geraak van die vernietigende effek van

droogte ná die goeie reën van 2013/2014.

Baie van die bewerkings- en gewasstelsels is op vogbewaring ge-

rig om die impak van droogte te versag en dit is dus logies dat

praktyke of graanproduksiestelsels wat droogte kan temper, die

aangewese stelsel is wat gevolg moet word.

Verskillende praktyke van vogopgaring en -bewaring bestaan.

Oorlêstelsels waar die grond vir ‘n seisoen braak lê, is een só ‘n

praktyk. Twee jaar se reënval word dan vir een seisoen se produksie

aangewend. Dit verminder wel die produksierisiko, maar die doel-

treffendheid waarmee die reënval benut word, is uiters laag. Dit het

verder ook ernstige langtermynnadele. Die organiese materiaal en

kwaliteit van die grond word ondermyn aangesien geen, of uiters

min, plantmateriaal tydens die braakseisoen tot die grond toege-

voeg word. Grond wat vir ‘n reënseisoen skoon van onkruid gehou

word, se erosie-kwesbaarheid is hoog.

‘n Tweede vogbewaringspraktyk is om die grond gedurende die

seisoen, as die gewas reeds gevestig is, te bewerk. Dit dien gewoon-

lik ook as skoffelaksie en andersyds om die grond los te maak

sodat dit reënwater maklik kan opneem en ‘n laag los grond aan die

oppervlak skep om die verlies van vog vanuit die grond te beperk.

Die praktyk is egter dikwels teenproduktief. Die bewerking ver-

steur die grond, wat gewoonlik natter grond aan die atmosfeer

blootstel wat ‘n addisionele hoeveelheid vog verlore kan laat gaan.

Plantwortels word telkens ook beskadig. Enige plantreste word

verder ingewerk wat die erosie-kwesbaarheid vergroot.

Met elke bewerking word die bestaande struktuur gedegradeer en

‘n infiltrasiekors ontwikkel gou tydens die eerste reënbui wat weer

afloop en erosie bevorder. Die verhoogde infiltrasiekapasiteit van

pas bewerkte grond is gewoonlik uiters kortstondig.

Die teenwoordigheid van gewasreste op die oppervlakte het ge-

woonlik ‘n dramatiese invloed op die infiltrasiekapasiteit van die

grond en word as een van die troefkaarte van bewaringslandbou

beskou. Die behoud van oesreste op die oppervlak is een van die

beginsels van bewaringslandbou wat wêreldwyd deur kundiges

beklemtoon word. Só word dekgewasse dikwels geplant met

die uitsluitlike doel om ‘n effektiewe bedekking van plantmateriaal

te skep.

Die plantmateriaal en die verhoging van die humus wat mettertyd

daaruit voortspruit, voorkom die vorming van infiltrasiekorse en

sorg sodoende dat die infiltrasiekapasiteit van die grond hoog bly.

Afloop van reënwater word gevolglik beperk.

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou / Droogte / Ekonomiese gevolge

Bewaringslandbou

ANDRÉ NEL,

LNR-Instituut vir Graangewasse

1a en 1b: Mielies op 23 Februarie

vanjaar wat op geploegde grond

(links) verbou is teenoor mielies

onder geenbewerking (regs) in

‘n bewaringslandboustelsel.

Die verskil in stremming is

ooglopend.

Bewaringslandbou het

in dié proefwerk duidelik

getoon dat dit in staat is

om, as omstandighede reg

is, die impak van droogte

te kan temper...

1a

1b