Background Image
Previous Page  57 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 112 Next Page
Page Background

2015/WMAIZE/A/01A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

PANNAR bestee baie tyd en moeite aan uitgebreide

navorsingsprogramme om jou te help om die hoë

opbrengste te verseker wat nodig is om jou

vooruitstrewende boerdery in stand te hou. Soos

ons witbasterpakket is dit ’n seker keuse vir goeie

risikobestuur en optimale opbrengste.

Jy neemgeen

kortpaaiemet jou

boerdery nie; ons

sal ook nie.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

55

In ‘n vorige artikel “Bewaringslandbou: Organiese materiaal die

basis van grondkwaliteit” wat in die Julie 2015-uitgawe van

SA Graan/Grain

verskyn het, is die belangrike rol van organiese

materiaal bespreek.

As omstandighede reg is, kan afloop ‘n groot invloed op die op-

brengs teweegbring. Wat moet die omstandighede dan wees?

Eerstens moet daar ‘n helling wees wat die afloop van water moont-

lik maak. Die helling hoef nie steil te wees nie. Water loop selfs

waar ‘n mens die indruk kry dat daar geen helling is nie.

Verder moet die grond ‘n infiltrasiekors vorm, iets wat baie alge-

meen is; en laastens moet reënbuie met ‘n hoë intensiteit voorkom,

iets wat ook ‘n kenmerk is van die donderstorms wat voorkom.

Vir die tweede keer die afgelope drie seisoene was die omstandig-

hede reg vir afloop om op geploegde grond voor te kom in ‘n proef

op die plaas Buffelsvallei in die Ventersdorp-distrik. Die afloop het

die impak van die 2014/2015-droogte net verder verhoog.

Die mielie-opbrengs wat op geploegde grond met ‘n infiltrasie-

kors behaal is, was ‘n teleurstellende 2,8 ton/ha. Daarteenoor is

gemiddeld 6,3 ton/ha met vyf bewaringsboerderystelsels behaal.

Met die hoeveelheid reënwater wat van die geploegde grond

afgeloop het, kon ‘n addisionele 3,5 ton mielies/ha dus gepro-

duseer word. Die bewaringsboerderystelsels het, soos in die

2012/2013-seisoen, weer eens die 2014/2015-droogte getemper.

Indien die resultate oor die ses jaar van die proef beskou word, is

dit duidelik hoe bewaringslandbou die droogterisiko beperk. Mielies

wat in monokultuur met konvensionele ploegbewerking verbou is,

se opbrengs was reeds in drie seisoene laer as 3 ton/ha.

In drie van die vyf bewaringslandboustelsels waarmee die kon-

vensionele mielies vergelyk word, was die opbrengs in slegs een van

die ses seisoene laer as 3 ton/ha. Twee van die stelsels het nooit

minder as 3 ton/ha gelewer nie.

Bewaringslandbou het in dié proefwerk duidelik getoon dat dit in

staat is om, as omstandighede reg is, die impak van

droogte te kan temper en gevolglik die reënvals-

gebruiksdoeltreffendheid te maksimaliseer.

Die teenwoordigheid van gewasreste op die oppervlakte het gewoonlik

‘n dramatiese invloed op die infiltrasiekapasiteit van die grond.