Oktober 2015
32
TABEL 2: BOONSTE KRITIEKE TEMPERATUUR VIR VOEDSELDIERE.
VOEDSELDIER
FISIOLOGIESE KONDISIE
BOONSTE KRITIEKE TEMPERATUUR (°C)
Beeste
Melkbeeste
Lakterend
25*
Melkbeeste
Dragtig
23
Vleisbeeskoeie
Lakterend
Dragtig
27
29
Skape
Ooie
Volvag
31
Lammers
Groeiend
25
Varke
Sog
Lakterend
28
Varkies
Agt tot 12 weke ouderdom
34
Bokke
Zariaby
Lakterend
25
* Melkbeeste ondervind reeds hittestres by 23,8°C vir maksimale melkproduksie. Holstein Frieskoeie se boonste omgewingstemperatuurlimiete is 21°C
Hittestres het ‘n
WESENLIKE UITWERKING
Figuur 1: Kartering van Suid-Afrika en Namibië volgens die lewende hawe klimaatveiligheidsindeks
vir lakterende melkbeeste, vir die vyf warmste maande (November tot Maart) van die jaar.
FOKUS
Diere
Spesiale
In die waarskuwing- tot kritieke kategorie van die waardes, onder-
vind die dier reeds ‘n mate van hittestres, sy prestasie ten opsigte
van produksie en reproduksie is reeds benadeel, hantering begin al
‘n nadelige uitwerking op die dier se prestasie uitoefen en verkoeling
van die diere is aangewese.
Vir die kategoriewaarskuwing tot bo die kritieke indeksvlak vir melk-
produksie, geld dieselfde as vir laasgenoemde kategorie, maar
melkproduksie word ernstig benadeel. In die gevaarlike kategorie
ondervind die dier erge hittestres, sy prestasie ten opsigte van
produksie en reproduksie word intens benadeel, hantering moet
slegs in die vroeë oggend geskied en verkoeling van die diere is
noodsaaklik met die nodige dieetaanpassings (Tabel 3).
In die noodkategorie kom vrektes maklik
voor met al die ander nadele van die gevaar-
like kategorie en verkoeling van diere
is noodsaaklik.
Daar is geen area in Suid-Afrika en Na-
mibië waar die maandelikse rekenkundige
gemiddelde temperatuurhumiditeitsindeks-
waardes 83 (noodkategorie) oorskry nie,
maar van die daaglikse temperatuurhumidi-
teitsindekswaardes oorskry dit wel.
Bespreking van Figuur 1
Daar is net beperkte gedeeltes in Suid-
Afrika en Namibië (sien
Figuur 1
, blou) waar
diere gedurende die vyf warmste maande
(November tot Maart) van die jaar nie gebuk
gaan onder hittestres nie.
Klimatologies, met inagneming van hitte-
stres, is dit wenslik om in bogenoemde hit-
testresvrye areas met melkbeeste te boer of
voerkraalbeeste vet te mes gedurende die
vyf warmste maande van die jaar.
In die grootste gedeeltes van Suid-Afrika
en Namibië ondervind beeste hittestres gedurende die vyf warm-
ste maande van die jaar. Spesifieke areas se temperatuurhumi-
diteitsindekswaardes kan van die outeur verkry word aangesien dit
te lywig is om die maandelikse, seisoenale en vyfmaandelikse tem-
peratuurhumiditeitsindekswaardes vir die 563 weerstasies van Suid-
Afrika en Namibië te publiseer.
Vergelyking van hittestres in mens en dier
Die formule vir die berekening van die mensonbehaaglikheidsindeks
(MOI) is:
MOI = (2 x T) + (RH x T) + 24,
100