Stres en stresveroorsakende faktore
Die totstandkoming en handhawing van die dier se homeostase is
afhanklik van die algemene beheersisteem van stres. Faktore wat die
sisteem se reseptors versteur en prikkel om te reageer, word stres-
veroorsakende faktore genoem.
Afhangende van die aard en omvang van die stresveroorsakende
faktore word die algemene beheersisteem van die liggaam gestimu-
leer, wat die senustelsel, pituïtêr-adrenokortikaal-endokrinologiese
en simpaties-adrenomedulêre sekresies bewerkstellig, wat uiteinde-
lik meehelp in ‘n poging om te vergoed vir die versteuring.
Bogenoemde reaksie is afhanklik van die “algemene aanpassingsin-
droom”. Die algemene aanpassingsindroom is die samevatting van
al die nie-spesifieke metaboliese aanpassings wat geaktiveer is met
die doel om homeostase weer te normaliseer waar dit sowel lokaal
as algemeen deur die stresveroorsakende faktore versteur is.
Die doel van die algemene aanpassingsindroom is om die dier by
‘n spesifieke omgewing beter te laat aanpas en te laat funksioneer.
Indien die omvang en aard van die natuurlike of kunsmatige stres-
veroorsakende faktore van so ‘n aard is dat die algemene aanpas-
singsindroom abnormale of buitengewone aanpassings in die dier
se fisiologie of gedragspatroon veroorsaak, is die dier dan in ‘n toe-
stand van stres.
Die inwerkingstellingsaksie van die algemene aanpassingsindroom
kan stres veroorsaak waar die dier abnormale of buitensporige
fisiologiese of gedragsveranderinge (volgens nie-spesifieke asook
rasegte fenotipiese patroon) moet maak, om die antihomeostatiese
toestand van die omgewing te hanteer en só die strestoestand vir die
dier self te vergemaklik.
Termiese toestande binne die gemaklikheidsone of aanvaarbare tem-
peratuurspektrum word nie gereken as stresveroorsakende faktore
nie. Termiese toestande buite die grense van die gemaklikheidsone
of aanvaarbare temperatuurspektrum is stresveroorsakende faktore
wat direk of indirek bydra tot metaboliese aanpassings deur die al-
gemene aanpassingsindroom wat verskillende stresverskynsels
teweegbring.
Hierdie bespreking handel oor hittestres. Hittestres in die dier word
verbind met van die volgende simptome: Styging in liggaamstem-
peratuur en asemhalingstempo, afname in voerinname, melkproduk-
sie, liggaamsmassa asook uitwendige hittetekens en ‘n toename in
veloppervlakverdamping. Die aard en omvang van bogenoemde
simptome met hulle uitwerking op die gesondheidstoestand, ge-
dragspatroon, welvaart, produksie en reproduksie van die dier
Hoë produserende melkkoeie drink tot 150 liter water per dag vanweë
erge hittestres.
Hierdie koeie lê spontaan in die modder omdat hulle hittestres ervaar.
31
October 2015
verskil na gelang van die duur en omvang van die hittestres asook
van ander bykomende stresfaktore in die omgewing.
As ‘n reël is hittestres ongewens omdat dit die dier se gesondheid,
welvaart en prestasie benadeel en in uiterste omstandighede kan lei
tot vrektes.
Temperatuurhumiditeitsindeks vir diere
Die vier belangrikste omgewingsfaktore wat die aanvoelbare en
effektiewe temperatuur beïnvloed, is die droëboltemperatuur,
relatiewe vogtigheid, straling en wind.
Bogenoemde faktore is almal redelik maklik meetbaar met instru-
mente. Daar bestaan nog nie ‘n enkele indeks waar al die genoemde
klimaatparameters tot uitdrukking kan kom om dit in ‘n stresindeks
weer te gee nie.
Die temperatuurhumiditeitsindeks (THI) is tans die beste en mees
praktiese indeks vir die bepaling van hittestres op beeste in ‘n
gegewe area. Die kritieke temperatuurhumiditeitsindeks vir melk-
produksie is 72 en vir reproduksie 65.
Die temperatuurhumiditeitsindeks word soos volg bereken: THI =
tdb + 0,36 tdp + 41,2, waar tdb die droëboltemperatuur in °C (mak-
simum temperatuur om 14:00), tdp die doupunttemperatuur in °C en
0,36 asook 41,2 konstantes is.
Die tdp word bereken deur die natboltemperatuur om 14:00 af te
trek van die droëboltemperatuur om 14:00. Die antwoord word in die
higrometriese tabelle van die Weerburo gebruik, ooreenkomstig die
korrekte atmosferiese druk in mb vir die bepaling van die tdp.
Lewende hawe klimaatveiligheidsindeks
Die lewende hawe klimaatveiligheidsindeks is gebaseer op die tem-
peratuurhumiditeitsindekswaardes en is deur die Livestock Conser-
vation Institute daargestel as riglyn vir die voorkoming en beheer
van hittestres by beeste wat aan warm klimaatsomstandighede
blootgestel is.
Interpretasie van lewende hawe klimaat-
veiligheidsindeks se kategorieë vir melk-
beeste
Binne die normale grens van waardes (lewende hawe klimaatvei-
ligheidsindeks) presteer die dier optimaal, ondervind hy minimale of
geen hittestres nie en die hantering van die dier hou geen nadelige
gevolge vir hom in nie (
Tabel 3
).