Background Image
Previous Page  32 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

30

Hittestres het ‘n

WESENLIKE UITWERKING

JAN DU PREEZ,

spesialis in Veterinêre Volksgesondheid

D

ie toestand van hittestres verhoog die aanvraag wat die

omgewing eis vir hitteverlies. Stres verwys na al die ekso-

gene (van die omgewing) en endogene kragte/faktore wat

veranderinge en/of aanpassings lokaal of algemeen in die

dier teweegbring.

Dit help om fisiologiese wanfunksies te vermy en dit stel die dier

in staat om beter by die omgewing aan te pas. Die omgewing waar

die dier bly, speel ‘n kardinale rol in sy produksie, reproduksie en

algemene gesondheidstoestand. Die prestasie, welvaart en fisiese

gesondheid van die dier en veral die melkkoei, word beïnvloed

deur uitwendige faktore, soos klimaat, grondtipe, diereversorging,

produksietegnieke, afvalverwydering, besoedeling asook inwendige

faktore, soos genetiese samestelling (ras en tipe) en teling (suiwer- of

kruisgeteel).

Klimatologies speel hittestres gedurende die warm somermaande

en die windverkoelingsfaktor gedurende die koue maande van die

jaar die belangrikste rol in die prestasie van die dier.

Gemaklikheidsone

Die gemaklikheid- of termoneutrale sone vir diere is ‘n aanvoelbare

sone van die omgewingstemperatuur wat begrens word deur ‘n

boonste kritieke temperatuur en onderste kritieke temperatuur. In-

dien die algemene prestasie (produksie, reproduksie en groei) en

welvaart van die dier optimaal is by minimale inspanning vir ter-

moregulering en in die afwesigheid van ander stresfaktore, is sy

metaboliese funksies binne die aangeduide omgewingstemperatuur-

grense so te sê ideaal ten opsigte van doeltreffende energie-

verbruiksvlakke.

Die gemaklikheidsone bestaan uit ‘n koel, optimale en warm sone.

Die optimale sone verteenwoordig ‘n oorgangsone. Optimale

produktiwiteit, doeltreffendheid en prestasie word deur die dier

gelewer in die optimale sone van die gemaklikheidsone. Die opti-

male sone van die gemaklikheidsone van ‘n melkkoei lê tussen 0°C

en 16°C. Die gemaklikheidsone van Holstein Frieskoeie vir maksi-

male melkproduksie is tussen -5°C en 21°C.

Indien die omgewingstemperatuur tot bokant die boonste kritieke

temperatuur styg, neem die hittelas van die dier toe. Hittever-

lies deur die dier word bemoeilik, die hittelas neem verder toe en

gevolglik styg die liggaamstemperatuur. Die dier kompenseer deur

toename in sweet, hitteverlies deur vinniger asemhaling, afname in

metabolisme en gedragsveranderinge.

As die temperatuur en verwante faktore, soos relatiewe vogtigheid

asook lugbeweging van die termiese omgewing, die kapasiteit van

termoregulering van hitteverlies deur verdamping oorskry, vind daar

‘n geweldige styging in liggaamstemperatuur plaas en vrektes kan

dan voorkom. Veeartse en landbou-ingenieurs kan die boonste kri-

tieke temperatuurwaardes en onderste kritieke temperatuurwaardes

baie nuttig gebruik by die ontwerp en ontwikkeling van dierebehui-

sing om die nadelige klimaatsinvloede op diere te beperk.

In

Tabel 1

word die gemaklikheidsone van sommige voedseldiere

in terme van omgewingstemperatuur aangedui. In

Tabel 2

word die

boonste kritieke temperatuur vir voedseldiere uiteengesit. Alhoewel

die gemaklikheidsone goeie riglyne bied ten opsigte van die presta-

sie van voedseldiere, sal meer toepaslike inligting uit die stresindeks

verkry word.

Stresindeks

Die stresindeks toon ‘n vlak van stres aan wat die mate van fisiolo-

giese verskuiwing vanaf die neutrale staat van die dier. Dié fisiolo-

giese berekening word soms ‘n indeks van spanning genoem met die

veronderstelling dat hoe groter die fisiologiese reaksie, hoe nader is

die sisteem aan ineenstorting.

VOEDSELDIER

GEMAKLIKHEIDSONE (°C)

Beeste

Koei

0 tot 16

Kalf

13 tot 25

Skape

Ooie

-2 tot 20

Lammers

29 tot 30

Varke

Sog

0 tot 15

Varkies

32 tot 33

Bokke

10 tot 30

TABEL 1: DIE GEMAKLIKHEIDSONE VAN SOMMIGE VOEDSELDIERE

UITGEDRUK IN TERME VAN OMGEWINGSTEMPERATUUR.

FOKUS

Diere

Spesiale

HITTESTRES

BY MELKBEESTE

1 van 3

Wat jy moet weet...

Voedseldiere en veral melkbeeste in groot gedeeltes van

Suid-Afrika en Namibië gaan vir lang periodes van die

jaar gebuk onder hittestres wat hulle prestasie benadeel.

Die nadelige uitwerking van hittestres hou gewoonlik

verband met ‘n styging in die dier se liggaamstempe-

ratuur (hipertermie).

Die ekonomiese verlies in Suid-Afrika as gevolg van

hittestres in die melkbedryf is meer as R500 miljoen

per jaar.