Background Image
Previous Page  30 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Produk-inligting

Verskans nou voerkoste

op die Suid-Afrikaanse Termynmark

D

ie 2015-seisoen sal deur baie pro-

dusente onthou word as ‘n moei-

like seisoen met droë weer wat

die opbrengste op gesaaides erg

geknou het, maar dit is nie net graanpro-

dusente wat onder die droë weer ly nie:

Veeprodusente en hul kuddes voel ook die

knyp van die droogte, met weidings wat in

‘n swak toestand is en die koste van voer

wat toeneem.

Hoewel die nuwe seisoen se reën verligting

aan weiding kan bring, word daar die sterk-

ste El Niño in die afgelope dekade verwag.

Tradisioneel bring El Niño droë weer na

Suid-Afrika, wat op sy beurt weer oesop-

brengste negatief beïnvloed en graanpryse

ondersteun. Hoër graanpryse lei natuurlik

tot verhoogde voerkoste.

In seisoene waarin droë weer geheers het,

het daar ‘n groter persentasie van direkte

verbruik van mielies aan veevoer gegaan as

in normale jare. Dit spruit daaruit dat wei-

dings swak is en aanvullende veevoer ge-

gee moet word.

Grafiek 1

dui aan wat met

gebruik gebeur het in vorige jare waarin ‘n

El Niño geheers het.

Die verhoogde gebruik van mielies in ‘n

droë jaar kom teen ‘n prys – omdat voor-

raadvlakke dan reeds laer is as normaalweg,

is die koste om te voer, hoër.

‘n Voermengsel se samestelling is ongeveer

70% - 80% graan (hoofsaaklik geelmie-

lies), 6% - 10% proteïen (soos sojaboon en

ureum) en die oorblywende persentasie is

ruvoer. Ruvoer word meestal op die plaas

self vervaardig en behoort nie die koste van

‘n voermengsel op te jaag nie.

Die koste van mielies en sojabone sal egter

‘n wesenlike impak op die koste van voer hê.

Om die impak van ‘n verwagte El Niño op

voerkoste te bepaal, is ‘n indeks saamge-

stel wat bestaan uit mielies en sojaboon,

op grond van hul onderskeie gewigte binne

‘n voermengsel.

Hierdie indeks is ontleed om te bepaal wat

gebeur het in vorige El Niño-jare.

Grafiek 2

dui aan wat met pryse gebeur het gedurende

seisoene in die afgelope dekade waarin daar

ook ‘n El Niño ondervind is.

Uit Grafiek 2 kan duidelik gesien word dat,

hoewel die indeks nie noodwendig dadelik

binne ‘n El Niño-jaar styg nie, definitiewe

prysstygings in die tweede helfte van

sulke jare gesien kan word en die styging

duur dan ook vir die volgende seisoen of

twee voort.

Hieruit kan afgelei word dat insette vir voer

steeds in die komende seisoen sal styg en

dat voerkoste as gevolg hiervan ook verder

sal toeneem.

Veeprodusente hoef nie die verwagte

hoër koste van voer bloot te aanvaar

nie. Hulle kan ook van die Suid-Afri-

kaanse Termynmark gebruik maak om

hul teen stygende voerkoste te beskerm

en Vrystaat Mielies kan raad gee in

dié verband.

Grafiek 1: Gebruik van mielies vir veevoer as persentasie van direkte verbruik (El Niño aangedui met

pyltjies).

Bron: SAGIS

Grafiek 2: Voerindeks van geelmielies en soja, basis 100 = 3 Januarie 2012 (El Niño aangedui).

Bron: Reuters

HANSIE SWANEPOEL,

Vrystaat Mielies

28

Oktober 2015