Background Image
Previous Page  21 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 112 Next Page
Page Background

October 2015

19

Met bogenoemde navorsing as agtergrond, is Voermol Landelek

ontwikkel om voedingstekorte en voedingsprobleme op mieliereste

en weimielies te beperk. Lammers groei tot 260 g/dag vir die eer-

ste vier weke op vars gestroopte lande met heelwat graan, maar die

groei plat af namate die graan uitgevreet raak.

Afhangende van die gehalte en groeipotensiaal van skape, kan tot

100 kg lewende massa per hektaar mielieresteweiding geproduseer

word en tot 14 kg skoonwol per hektaar met goeie gehalte dubbel-

doelskape. Hierdie produksiedata wys op die waarde van mielie-

resteweiding, mits die regte bestuur toegepas word.

Weimielies vir lamafronding en strategiese

weiding vir lammerooie

Die wei van mielies is ‘n baie ou praktyk en kom al vanuit die vorige

eeu vandat mielies vir die eerste keer geplant is. Weimielies is eintlik

‘n laekoste-voerkraal waar stroop-, uitry-, opberg-, maal-, meng- en

voerkoste uitgeskakel word.

Mielies, die beste energiebron om skape mee af te rond, word net

so op die land gelaat en bewei. Beweiding kan reeds op die harde

deegstadium begin en drakrag word hoofsaaklik deur graanop-

brengs bepaal.

‘n KVE vreet ongeveer 1 kg mielies per dag en daarvolgens kan

die drakrag bepaal word. By ‘n graanopbrengs van byvoorbeeld

5 ton/ha, is die drakrag ongeveer 55 skape/ha vir 90 dae. Die groot-

ste risiko van weimielies is suurpens en daarom moet ‘n lek soos

Voermol Landelek bygevoer word.

Goeie gehalte, dubbeldoel speenlammers (wol en vleis) met ‘n

aanvangsgewig van 28 kg - 32 kg voeg die beste waarde tot wei-

mielies toe.

Beweiding van mielies is ‘n laekoste-“voerkraal” en ‘n baie ou praktyk.

Jong, gevestigde droëlandlusern in rye. Tussenry-bewerking het die

drakrag met 30% verhoog.

Met die huidige vleis- en wolpryse kan ‘n “mielieprys” van R3 400/ton

tot R3 700/ton gerealiseer word deur mielies deur lammers

te bemark.

Skeer lammers twee tot drie weke voor slag om die maksimum voor-

deel van wolproduksie te benut. ‘n Speenlam verbruik nagenoeg

110 kg mielies in 80 tot 90 dae. Lammers op weimielies word ge-

woonlik swaarder om die gewenste graad te bereik in vergelyking

met lammers in ‘n voerkraal.

Ooie met lammers kan ook weimielies benut, maar voeg nie soveel

waarde toe soos speenlammers nie. Lammers moet ten minste drie

weke oud wees voordat hulle op weimielies gaan om te verhoed dat

lammers en ooie van mekaar skei. Lammerooie word vet op weimie-

lies en in die praktyk lam tot 68% van hulle tweelinge in die volgende

lamseisoen. Ooie “betaal” dus eers met die volgende lammeroes die

mielies wat hulle tans vreet.

Meerjarige someraangeplante weidings

Feitlik enige meerjarige weiding kan op laer potensiaal mieliegronde

groei. Voorbeelde hiervan is oulandsgras in die meer oostelike ge-

biede op koeler, klammer gronde en Smutsvingergras in die warmer

sentrale- en westelike gebiede.

Droëlandlusern (peulplant) is ‘n baie goeie wisselbougewas wat

met groot sukses in ‘n skaapstelsel ingeskakel kan word. Droëland-

lusern groei waar mielies groei en navorsing in dié verband is op laer

potensiaal gronde gedoen met pH (KCl) waardes van 4,6; fosfaatont-

ledings van 24 dpm; en kalium 93.

Vestiging van lusern in rye (dieselfde rywydte as mielies), bied die

geleentheid vir tussenry-bewerking en daar is bevind dat bewerking

seisoensproduksie (drakrag) met 30% verhoog het. Skape loop tus-

sen die rye en trap min op plante met minder vermorsing tot gevolg.

In stelselproewe met lusern en mielies, was die opbrengs in jaar een

van mielies op lusern (ná vyf jaar onder lusern) 5,96 ton/ha teenoor

3,63 ton/ha monokultuur. In jaar twee was die opbrengs 6,6 ton/ha

teenoor 4,06 ton/ha monokultuur.

In die derde jaar was die wisselbou-effek egter klein (5 ton/ha versus

4,3 ton/ha). Afgesien van die peulplant-effek, is daar ongeveer 30%

tot 35% hersirkulasie van voedingstowwe deur mis en urine. Wis-

selbou hou ook groot voordele vir skape in.

In ‘n tipiese voervloeibeplan-

ning bied oesreste goeie gehalte

weiding vir vier tot ses winter-

maande teen ‘n lae koste.