Background Image
Previous Page  25 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Produk-inligting

Diere

groen veld in die somer

VLOK FERREIRA,

nasionale tegniese bestuurder: Herkouers, RCL Foods Animal Feeds Business Unit

D

ie belangrikheid van fosfaataanvulling in die somer met die

oog op optimale produksie- en reproduksieprestasie by

beeste en skape op groen weidings, moet benadruk word.

ikwels ontstaan die argument dat die aanvulling van fosfaat (P)

duur is. Dit is egter ‘n baie groot risiko om nie P aan te vul nie en

dit kan die veeprodusent uiteindelik baie duur te staan kom. Die

P-aanvulling moet behalwe P ook in die dier se daaglikse spoor-

mineraalbehoeftes voorsien om optimale produksie en reproduksie

te verseker.

P is betrokke by ‘n magdom fisiologiese prosesse in die liggaam,

onder andere energiemetabolisme. ‘n Tekort aan P, veral tydens die

aktiewe reproduksiefase, lei tot aptytverlies, gewigsverlies, melkver-

lies, lae speenmassa en uiteindelik word reproduksie ingeboet.

Só ‘n dier sou in die opvolgende jaar nie kalf nie, maar omdat sy

droog is, haar liggaamsreserwes aan P opbou in die beenmatriks,

wat haar dan in staat stel om weer beset te raak. ‘n Wipplank-effek

word dus met reproduksie verkry.

P word hoofsaaklik in been gestoor en voortdurend gemobiliseer om

in die dier se wisselende behoeftes te voorsien. Tydens ‘n P-tekort

verdwyn meer P uit die been as wat weer vasgelê word. Dit is ook

belangrik om daarop te let dat nie net P nie, maar ook Ca en Mg uit die

been verdwyn tydens ‘n tekort. Hierdie minerale word geresorbeer

uit die been en nie net P alleen word gabsorbeer nie. Dit is dus

duidelik dat ‘n P-tekort ‘n kettingreaksie van ander voedingstekorte

en metaboliese steurnisse kan veroorsaak.

P-aanvulling geskied reg deur die jaar met ‘n hoër aanvulling in die

somer en die beste respons word ook dan verkry. Die rede is omdat

somerweiding meestal voldoende proteïen (meer as 8% ruproteïen)

en energie bevat en P die beperkende voedingstof vir prestasie is.

Die verhoogde prestasie is dan ook veral die gevolg van verhoogde

weidingsinname. P-aanvulling in die winter moet dus gepaardgaan

met veral ruproteïen (RP)-aanvulling, omdat winterweiding weer arm

aan RP is.

Daar is ‘n groter behoefte vir P in die somer as winter. Hierdie be-

hoefte sal nog verder toeneem tydens laat dragtigheid en laktasie.

P-aanvulling moet soms verdubbel, afhangende van die hoeveelheid

melk geproduseer.

Dit word aanbeveel dat droë beeste 6 g P/dag ontvang, laat dragtige

verse of koeie en jong groeiende diere 9 g P/dag en lakterende koeie

12 g P/dag. Hierdie aanbeveling kan aangepas word vir uiterste P-

gebrekkige gebiede, soos die Vryburg-omgewing waar 16 g P/dag

aanbeveel word vir laat dragtige en lakterende koeie en 9 g P/dag vir

die res van die jaar.

Beeste sal fosfaatlekke volgens hul behoefte vreet en produsente

moenie bekommerd wees dat hulle te veel daarvan sal vreet nie.

Biobeskikbaarheid van

fosfate

Die biobeskikbaarheid van fosfate kan

baie varieer tussen bronne. In weidings

is dit ongeveer 60%, grane 70% en kom-

mersieel vervaardigde bronne, soos MAP,

MCP en DCP kan varieer tussen 80%

en 90% biobeskikbaarheid. Produsente

moet daarop let dat daar variasie in die

biobeskikbaarheid van fosfate met die-

selfde generiese naam kan voorkom. Die

vraag ontstaan dikwels hoe belangrik

P-aanvulling vir skape is? Vanweë die feit

dat skape ‘n beter weidingseleksievermoë

het, P beter hersirkuleer deur middel van

speeksel en ‘n definitiewe droë periode het

waartydens P-vlakke in die been herstel, blyk

P-aanvulling van minder belang te wees.

P-aanvulling op groen weiding vir produse-

rende en reproduserende diere bly egter be-

langrik en veral omdat dit verseker dat die

nodige spoorelemente ook verskaf word.

Die aanvulling van 1 g tot 1,5 g P/skaap/dag

vir droë diere en 2 g tot 2,5 g P/skaap/dag

vir produserende en reproduserende diere

word algemeen aanbeveel.

Fosfaataanvulling in die somer is baie noodsaaklik vir optimale produksie en reproduksieprestasie

by beeste en skape op groen weidings.

October 2015

23