Background Image
Previous Page  22 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 112 Next Page
Page Background

20

Oktober 2015

FOKUS

Diere

Spesiale

Droëlandlusern is ‘n baie goeie wisselbougewas wat met groot sukses

in ‘n skaapstelsel ingeskakel kan word.

Weimielies is eintlik ‘n laekoste-voerkraal waar stroop-, uitry-, opberg-, maal-, meng- en voerkoste uitgeskakel word.

Onder intensiewe beweiding op aangeplante weidings is daar ‘n

groot konsentrasie van diere op kleiner oppervlaktes en die opbou

van weerstandbiedende parasiete is ‘n wesenlike probleem. Deur die

grond te bewerk en mielies te plant, is daar vir twee of drie jaar geen

skape in die somer op die grond nie en daardeur word die parasiet-

lading verlaag.

Die groot voordeel van lusern is dat dit ‘n hoëkwaliteit, laekoste

weiding produseer. Omdat lusern ‘n peulplant is, word geen stik-

stofbemesting benodig nie en die voedingstatus van mieliegronde

is gewoonlik goed genoeg vir lusern sodat geen bemesting nodig

is nie. Onder normale omstandighede is dit slegs vestigingskoste

(grondvoorbereiding en saad) en twee tussenry-bewerkings per jaar.

Lusern het egter twee nadele en die eerste een is ‘n opblaasrisiko.

Skape en skaaprasse wat aggressiewe vreters is, is meer geneig tot

opblaas, maar dit kan deur bestuur en die gebruik van ‘n lek vermin-

der word. Voermol Molovite Plus bevat medikamente wat opblaas

verhoed en die produk is suksesvol op hoë-risiko gronde getoets.

Die ander nadeel is dat lusern blare verloor onder droogtestremming

en daarom moet ook voorsiening gemaak word vir ‘n grasweiding in

die voervloeibeplanning.

Die drakragriglyn van droëlandlusern is elf tot 17 KVE/ha vir sewe

maande. In ‘n mielie-lusern-stelselproef is jong ooie op elf maande

ouderdom gedek met ‘n lampersentasie van 82% tot 96,8%. Die

lampersentasie van volwasse ooie was van 120% tot 146%, met ‘n

jaarwolproduksie van 6,5 kg per ooi. Die rente verdien op kapitaal

belê in die skaapbedryfstak was gemiddeld 16,7% oor vyf jaar.

Die groot voordeel van ‘n skaap-mielie-lusernstelsel is hoëkwaliteit,

laekoste weidings met goeie skaapproduksie en ‘n goeie, volhoubare

winspotensiaal. Dit vereis egter kundige en toegewyde bestuursin-

sette vir 365 dae van die jaar.

Bogenoemde navorsingsresultate kom deels uit ‘n MSc-verhande-

ling van H.W. van Pletzen met die titel “Oorwintering van wolskape

op mielie-oesreste”, Universiteit van Pretoria.

Skaapboerdery se potensiaal

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie