Background Image
Previous Page  19 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 112 Next Page
Page Background

October 2015

17

‘n Uitstekende daaglikse gewigstoename is bereik. Die jong lammers

het maklik met 215 gram/dag gegroei oor ‘n periode van 165 dae.

In

Tabel 1

word die hoeveelhede vleis en wol per hektaar op Nooit-

gedacht se lusern geproduseer, weergegee.

Gegewe die huidige wol- en vleispryse, is dit ‘n allemintige inkomste

per hektaar. As al die skaapkoste in berekening gebring word, is die

bruto marge van die skaapstelsel steeds positief en kan die skape ge-

maklik die vestigingskoste van die lusern terugbetaal. Die verhoging

in die mielie-inkomste dra ook ‘n groot gedeelte by tot die algehele

winsgewendheid van die stelsel.

Probleme

Ongelukkig is dit so dat daar nêrens ‘n paradys sonder ‘n slang is nie.

Lusern het verseker ook probleme wat die produksie dramaties kan

beïnvloed. Sodra daar met vee op so ‘n intensiewe stelsel geboer

word, raak die klimaatrisiko baie hoog. Dit is maklik dat daar in ‘n

droogtejaar nie genoeg kos kan wees nie. Die belangrikheid van ‘n

goeie voerbank kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Opblaas is verseker ook altyd ‘n moontlikheid. Daar is verskeie

metodes om hierdie risiko te bestuur. Die regte lek en die bestuur

van die diere en die uitsit van goeie kwaliteit hooi is net ‘n paar

voorbeelde van hoe hierdie opblaasrisiko bestuur kan word.

Daar is heelwat vermorsing van die weiding as die weiding toegelaat

word om te groot te word. Die diere sal dan baie selektief die lusern

benut en as die diere geforseer word om die stingel te benut, kan die

diereprestasie drasties verlaag.

Ten einde die gewas se vermorsing te beperk, moet die diere gereeld

verskuif word. Dit maak die stelsel arbeidsintensief en die stelsel sal

beslis ook heelwat van jou as bestuurder se bestuurstyd opneem.

Jou oog en spore moet daar wees.

Lusern se lewensverwagting is ongeveer vyf jaar en daarom moet

daar jaarliks ‘n nuwe gedeelte gevestig word. Dit is algemeen bekend

dat die suksesvolle vestiging van lusern nie so maklik is nie. Maak

dus seker dat die vestiging reg gedoen word en dat die gewas reeds

groei voor die ou gedeeltes uitgewerk word.

Die wisselbou-effek van lusern is eintlik die gedeelte waar die geld in

die stelsel gemaak word. Mielies wat die lusern opvolg se produksie

is gewoonlik baie beter. Op Nooitgedacht is die topbemesting van

die mielies op lusernlande nie gedoen nie en die opbrengste was

steeds vir die eerste drie jaar beter as monokultuurmielies wat vol

bemes was.

Resultate wat op OTK se proefplaas Wildebeesfontein gedoen is,

het opbrengsverhogings van ongeveer 65% in jaar een bewerk-

stellig. Vir jaar twee was dit ongeveer 45% en in jaar drie was dit

steeds ongeveer 16%. Daarna was die opbrengste omtrent gelyk.

Gegewe hierdie syfers is dit al klaar die moeite werd om die stelsel te

implementeer.

Dieregesondheid

Vir die diere om te produseer, is dit belangrik dat die diere se ge-

sondheid op standaard moet wees. Gereelde inentings moet gedoen

word. Die inwendige en uitwendige parasiete moet bestuur word en

die diere moet in ‘n baie goeie algemene kondisie gehou word. Daar

moenie net aan die ooie aandag gegee word nie; die ramme moet

ook kan werk as dit van hul verwag word.

Die opbou en bestuur van weerstandige parasiete in enige inten-

siewe stelsel is altyd ‘n groot probleem. Deur die diere gereeld te

verskuif en hulle dalk vir ‘n lang tydperk weg te hou van ‘n gebied,

is een metode om die probleem te bestuur. Die lusern-mielie-wis-

selboupraktyk is ‘n baie goeie manier om hierdie probleem op te los.

Die ooie moet ook verkieslik tydig gesonar word sodat die meerling-

ooie en enkeling-ooie afsonderlik bestuur kan word. Tydens lamtyd

moet alles moontlik gedoen word om mortaliteite so laag as moont-

lik te hou, want soos almal weet, kan net lewendige lammers ver-

koop word. Doen daarom alles in jou vermoë om hierdie lammers

te beskerm.

Die meerderheid van inligting in hierdie artikel is aangehaal uit en

kom uit werk wat dr A. Moore, F. Steynberg, K. Odendaal, M. Swart

en talle ander op Nooitgedacht LOS gedoen het. In hierdie artikel is

net ‘n paar van die belangrikste aspekte aangeraak.

As daar meer vrae is, kan produsente gerus vir Pietman Botha by

082 759 2991 kontak.

Beide mielies en lusern is

hoëkwaliteit-kos wat redelik

maklik deur die dier in geld

omgesit kan word.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie –

Enrico Cronje 2011

Die wisselbou-effek van lusern is eintlik die gedeelte waar die geld in die stelsel gemaak word. Mielies wat die lusern opvolg se produksie is

gewoonlik baie beter.