SA Grain October 2013 - page 95

93
October 2013
Fokus op lewende hawe
toekoms bepaal word. Produsente moet daar-
teen waak dat die verhouding van wol tot vleis
nie versteur word nie.
Die bruto marge (BM) word bereken deur die
direk allokeerbare veranderlike koste (DAVK)
vanaf die bruto produksiewaarde (BPW) af te
trek. Die direk allokeerbare veranderlike koste
verwys na daardie koste wat direk na die spe-
sifieke vertakking toegewys kan word (voer,
dieregesondheid, vervoer, bemarking, skeer,
pakmateriaal en los arbeid). Die bruto produk-
siewaarde verwys na die inkomstegedeelte
van die vertakkingsontleding (produkinkomste
– wol; handelsinkomste – vleis; en veever-
kope en kapitaalverandering).
Die brutomarge van dieMerino het die afgelope
drie jaar dramaties toegeneem.
Grafiek 2
illustreer dat die Merino se gemiddelde bruto
marge vir die 2011/2012-seisoen, R604,80/KVE
was. Dit is 13,59% beter as die vorige seisoen
se bruto marge van R532,44/KVE. Volgens
Grafiek 2 het die bruto marges van die Merino
vanaf die 2008/2009-seisoen jaarliks bedui-
dend toegeneem.
Produsente weet dat daar lammers gebore
moet word om diere te hê om te bemark. Die
studiegroepresultate bevestig die feit dat re-
produksie een van die belangrikste faktore is
wat direk bydra tot die inkomste van enige dier.
Die reproduksiesyfers lewer ‘n direkte bydrae
tot die produkinkomste (wol) sowel as tot die
handelsinkomste (vee- en vleisverhandeling).
Die lampersentasie word bereken deur die
aantal lammers lewendig gebore, te deel deur
die aantal ooie gepaar uitgedruk as ‘n persenta-
sie (%). Die Merino produsente se gemiddelde
lampersentasie vir die 2011/2012-seisoen is
94,85%, wat 3,58% laer is as die 2010/2011-sei-
soen se lampersentasie van 98,37%. Die drie
jaar gemiddelde lampersentasie is 96,66%.
Ongelukkig weet produsente dat alle lammers
nie tot by bemarking kom nie en daarom is die
speenpersentasie ‘n belangrike norm om te be-
stuur. Hoe hoër die speenpersentasie, hoe hoër
sal die wins aan die einde van die jaar wees. Die
speenpersentasie word bereken deur die aantal
lammers gespeen te deel deur die aantal ooie
gepaar uitgedruk as ‘n persentasie (%).
Die Merino produsente se gemiddelde speen-
persentasie vir die 2011/2012-seisoen, was
83,41% met ‘n gemiddelde verlies van 11,45%
vanaf lam tot speen. Die drie jaar gemiddelde
speenpersentasie van alle Merino studie-
groepe is 86,97% met ‘n gemiddelde verlies
van 9,70% en dit los die vraag: Wat doen an-
der produsente om beter as die gemiddeld
te vaar?
Om vandag steeds die boerdery-uitdagings
sinvol te bemeester, is dit belangrik dat pro-
dusente hulself teenoor ander produsente
meet. Hierdie inligting kan as rigtinggewend
in die boerdery aangewend word en sodoende
word ingeligte besluite geneem. Die studie-
groepresultate gee ‘n baie goeie aanduiding
van die ekonomiese drywers binne die wol-
skaapbedryf en strategiese besluite moet met
hierdie inligting geneem word.
Alhoewel hierdie inligting wel belangrik is,
moet Merino wolprodusente steeds weet hoe-
veel dit hul kos om te produseer. Indien almal
oor hierdie inligting beskik kan hul sinvolle
besluite neem oor wanneer wol bemark moet
word en hoeveel hul reserwepryse moet wees
waarteen wol verkoop moet word.
Indien daar verdere navrae is, of as jy wil deel-
neem aan die projek, kan Antonie Geyer by
082 653 3255 of Pietman Botha by 082 759
2991 gekontak word.
Vervolg van bladsy 90
Wolprodusente kan hulself
met inligting bemagtig
Grafiek 2: Die gemiddelde bruto marges van Merino produsente.
Grafiek 3: Die gemiddelde reproduksie-resultate van die Merino.
1...,85,86,87,88,89,90,91,92,93,94 96,97,98,99,100,101,102,103,104,105,...116
Powered by FlippingBook