SA Grain October 2013 - page 92

Oktober 2013
90
Wolprodusente kan hulself
met inligting bemagtig
Fokus op lewende hawe
DR ANTONIE GEYER, LANDBOU-EKONOMIE,
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT,
PIETMAN BOTHA, PRIVAAT LANDBOU-EKONOOM
EN JAN-LOUIS VENTER, NWKV VAN SA
Baie produsente hou rekords by, maar die re-
kords land jaarliks in of bo-op die kas, waar
dit lê en stof opgaar. Tog kan daar so baie met
hierdie inligting gedoen word.
Die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid in
Lewende Hawe Ekonomie bedryf tans ‘n stelsel
waar hierdie syfers verder verwerk en verge-
lyk word. In die opstel van hierdie artikel is
dié syfers gebruik en daar word net na Merino
skaapprodusente as voorbeeld verwys.
Die Merino bedryf het die afgelope paar sei-
soene ekonomies presteer. Met die ontleding
van studiegroepresultate is dit baie duidelik dat
die Merino met die wen-kombinasie van wol en
vleis, baie goed gevaar het.
Vir die Merino produsent om werklik volhou-
baar te wees, verg baie effektiewe bestuurs-
vaardighede. Op plaasvlak is daar geweldig
baie uitdagings en besluite wat die winsmar-
ges dramaties beïnvloed. Die teelbeleid van die
boerdery het ‘n reuse-invloed op die pryse wat
vir produkte behaal word en dit bepaal weer
die winsgewendheid van die stelsel waarin die
produsent boer.
‘n Merino produsent se inkomste op beide wol
en vleis is kritiek belangrik.
Grafiek 1
toon die
drie jaar gemiddelde wol-vleis-verhouding
van alle Merino studiegroepe wat vergelyk is.
Dit toon dat vir ‘n Merino produsent die totale
inkomste uit 68% vleis en 32% wol bestaan.
Die drie jaar gemiddeld in Grafiek 1 bevestig
die algemene norm van 70% inkomste uit vleis
en 30% inkomste uit wol wat algemeen gebruik
word. Dit is belangrik vir Merino produsente
om te let op die feit dat die wolprodusent dus
‘n belangrike vleisprodusent is en dat hierdie
komponent nie afgeskeep moet word nie.
Wolproduksie bly egter ‘n baie belangrike fak-
tor wat die inkomste van Merino produsente
bepaal. Die studiegroepdata bevestig dat
die wolinkomste ‘n groot gedeelte van die to-
tale koste dek. Daarom word daar nie so baie
vleisverkope benodig om die totale koste te
dek nie en word die wins gewoonlik uit vleis-
verkope gegenereer.
Uit die vergelyking is die drie jaar gemiddel-
de wolproduksie vir Merino skape ongeveer
4,13 kg per dier. Dit is ook belangrik om die ver-
houding tussen wol- en vleispryse te vergelyk.
Hierdie verhouding is ‘n aanduiding van waar-
op produsente moet konsentreer.
Suid-Afrikaanse Merinowol moet interna-
sionaal met ander produsente vir markte
meeding en daarom is dit noodsaaklik dat
die Suid-Afrikaanse wolskeersel die interna-
sionale standaarde handhaaf om daar te kan
bly meeding. Internasionale vraag en aanbod
en modegiere is van die prysbepalende faktore
van wol wat ‘n reuse-invloed op wolpryse het.
Die produsent moet weet wat die mark vra.
Sekere woleienskappe, soos fynheid, lengte,
kwaliteit, skoonopbrengs en treksterkte is
prysbepalend in die vryemarkekonomie. Die
markprys is dus ‘n baie goeie aanduiding van
die vraag wat deur die mark geskep is. Dit is
dus die produsent se eie verantwoordelikheid
om die produk aan te bied wat aan die vraag
van die mark voldoen. Sodoende word die
beste pryse behaal vir alle tipes wol.
Markinligting en markverwagtinge bly dus vir
Merino wolprodusente baie belangrik. Dit is
belangrik dat die Merino produsent hierdie fak-
tore in aanmerking neem as ‘n teelbeleid vir die
Vervolg op bladsy 93
Grafiek 1: Die drie jaar gemiddelde wol-vleis-verhouding van die Merino.
1...,82,83,84,85,86,87,88,89,90,91 93,94,95,96,97,98,99,100,101,102,...116
Powered by FlippingBook