Background Image
Previous Page  57 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 92 Next Page
Page Background

Witmielie-oorsig en besluitneming

vir die nuwe seisoen

d

ie pryse van plaaslike kommoditeite is tans volatiel

en die markte was die afgelope seisoen deurmekaar.

Rekordprysvlakke vir verskeie kommoditeite het ge-

realiseer – en veral die pryse van witmielies het teen

geweldige hoë vlakke verhandel en vir die eerste keer

eur di R5 000/ton-vlak gebreek.

Daar was in ‘n groot aantal gevalle paniek in die mark, wat veroor-

saak is deur ‘n reeks faktore – wat gestrek het vanaf die voortslepen-

de droogte wat oor die grootste gedeelte van die land geheers

het tot en met groot ekonomiese en politieke onsekerhede – wat

daartoe gelei het dat die wisselkoers die hoogte ingeskiet het.

Plaaslike witmieliepryse het die afgelope paar maande onder druk

begin kom namate die plaaslike produksielewerings in die mark

begin toeneem het – wat gelei het tot hoër voorraadvlakke. Die

voorraadvlakke sluit die invoere wat ingekom het, in. Die pryse het

dus ‘n normale sikliese tendens getoon – met pryse wat skerper ge-

durende Julie, Augustus en September gedaal het.

Grafiek 1

toon die maandelikse gemiddelde witmielie-Safex-pryse,

tesame met die maandelikse gemiddelde witmielie-invoerpariteite,

bereken vanaf ‘n VSA-witmielieprys, asook die plaaslike maande-

likse voorraadvlakke en totale aanbod van witmielies.

Die pariteitspryse sluit die pryse van beide VSA se GMO- en nie-

GMO-mielies in. Dit is uit Grafiek 1 duidelik dat daar ‘n redelik-

duidelike negatiewe verwantskap tussen die plaaslike pryse en die

totale aanbod, sowel as die voorraadvlakke is. Dit is ook duidelik

dat die internasionale pryse onder meer druk gekom het – wat die

plaaslike pryse verder onder druk geplaas het.

Vooruitsigte vir die nuwe seisoen

Teen hierdie tyd van die jaar is die fokus alreeds besig om sterk oor

te skuif na die nuwe seisoen toe – met die plantseisoen wat al hier

is. Dit is egter belangrik om te besef dat die nuwe seisoen sy eie

uitdagings inhou en daarom moet produsente let op die moontlike

risikofaktore wat die nuwe seisoen inhou.

DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA en

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom: Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 13 Oktober 2016

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Maandelikse gemiddelde Safex-WM, VSA-invoerpariteite, plaaslike voorraadvlakke en WM-aanbod.

Bron: Graan SA, Sagis en Safex

55

November 2016