FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale
November 2016
50
Skeurploeë word die algemeenste vir die opbreek van sub-
ploeglaagverdigtings gebruik omdat dit nie die bo- en ondergrond
vermeng nie. Dolfploeë (Nardi) word ook soms hiervoor gebruik,
maar dit het die nadeel dat dit onvrugbare ondergrond met die
bogrond vermeng – wat ‘n verdunningseffek van plantvoeding-
stowwe en humus in die bogrond het.
Tandimplemente is dikwels nie baie doeltreffend om verdigting
algeheel op te breek nie. Tandspasiëring moet nie te wyd wees nie
en ‘n spasiëring van 70% van die bewerkingsdiepte word aanbe-
veel. Skaartipe moet hiermee saam geïnterpreteer word.
Bestuur van grondverdigting
Verdigting kan reaktief bestuur word deurdat dit jaarliks losge-
maak word, of pro-aktief deur die groeisone los te hou en dit nie
te kompakteer nie.
Reaktief
Tydens konvensionele bewerkings beweeg landverkeer normaal-
weg na willekeur en in verskillende rigtings oor die land en vind
verdigting onbeheers plaas. Die lande moet dan weer van voor af
vir die daaropvolgende oes losgemaak word.
Sekondêre bewerkings en plantrigtings verskil, met dié dat daar op
gekompakteerde spore geplant word.
Die ander weergawe is dat die lande primêr losgemaak word en
die nuwe seisoen se spore dan gemerk word en alle landverkeer
vir die res van die seisoen dan op daardie spore beweeg. In hier-
die stelsel word daar verseker dat daar nie op gekompakteerde
spore geplant word nie.
Pro-aktief
In hierdie stelsel word daar in ‘n permanente spoorverkeerstel-
sel gewerk. Alle landverkeer word meerjarig tot spesifieke spore
beperk en ryrigtings word nie verander nie. Hierdie spore word
nooit losgemaak nie en hierdie stelsel het die voordeel dat dit
traksie verhoog en rolweerstand verlaag.
Die plantsones word aan die begin verkieslik algeheel losgemaak
en alle verdigting moet dan opgebreek word. Dit maak baie sin
om van die begin af nie die spore enigsins los te maak nie. Die
plantsones kan dan net vlak bewerk word om onkruid te beheer
en oesreste te manipuleer sodat daar weer geplant kan word.
Hierdie stelsel is ideaal om met ‘n geenbewerkingstelsel te
kombineer – dit word in der waarheid as volhoubare geenbewer-
king gesien.
Samevatting
Grondverdigting benadeel graanproduksie – veral in die sanderige
gronde van Suid-Afrika – betekenisvol. Deur akkurate identifikasie
en die doeltreffende opheffing daarvan, kan dit suksesvol bestuur
word. Die ideaal is dat dit in ‘n permanente spoorverkeerstelsel
pro-aktief bestuur word.
Bronnelys
Bennie, ATP. 1982.
Grondkunde 354 lesingmateriaal, Grond- en Waterbestuur.
Diktaat. UOVS, Bloemfontein, RSA.
Marshall, TJ and Holmes, JW. 1979.
Soil Physics.
Cambridge University Press.
Grondverdigting
9: In ‘n meerjarige spoorverkeerstelsel is dit nodig om die hele plantsone behoorlik los te maak en dit is nie nodig om die spore op te breek nie.
9