Background Image
Previous Page  58 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 92 Next Page
Page Background

November 2016

56

OP PLAASVLAK

Hierdie risiko’s strek vanaf omgewings- en natuurrisiko’s tot en

met prysrisiko. Dit is dus vir produsente noodsaaklik om die verskil-

lende alternatiewe te oorweeg en daarom moet hulle volledig inge-

lig wees om beter besluite te kan neem.

Daar heers verkeie onsekerhede in die mark oor presies watter

risiko’s die nuwe seisoen inhou. Die onsekerhede strek vanaf die

weervooruitsigte tot en met ‘n moontlike groot mielie-oes in die

mark teen middel volgende jaar – en pryse wat dan kan daal na uit-

voerpariteitsvlak toe.

Risiko’s soos dié wat die weer en omgewing inhou, is omstandig-

hede buite produsente se beheer. Hulle kan dus nie veel daaraan

verander nie. Aan die ander kant kan produsente prysrisiko tot ‘n

groot mate beheer en bestuur.

Die verskeie veranderlikes en onsekerhede maak besluitneming

ingewikkeld en daarom is dit belangrik om die verskeie opsies wat

gebruik kan word om die bestuurbare risiko’s te bestuur, deeglik te

oorweeg.

Alternatiewe vir risikobestuur

Daar is verskeie alternatiewe wat deur produsente gebruik kan

word om prysrisiko te bestuur en om risiko’s te versprei. Hierdie

alternatiewe sluit die gebruik van opsie- en termynkontrakte vir

verskansingsdoeleindes op die Safex-mark in, sowel as die diver-

sifikasie van kommoditeite om die risiko’s sodoende te versprei.

In die komende seisoen kan oliesade ‘n ideale gewas wees wan-

neer diversifisering van gewasse om risiko te versprei, oorweeg

word. Internasionaal lyk dit of daar ‘n groot vraag na oliesade is

– en meer spesifiek sojabone.

Ten spyte van die Amerikaanse rekord-sojaboonoes wat die prys

tans onder druk plaas, is die verwagtinge dat die globale vraag

na sojabone besonder hoog in die komende seisoen sal wees. Dit

sal dus druk op die VSA plaas om groot volumes sojabone uit te voer

– wat die prys weer kan ondersteun.

Die internasionale sonneblomperspektief is dat daar internasio-

naal ook groot hoeveelhede sonneblomsaad beskikbaar sal wees

as gevolg van verwagte globale rekordproduksie.

OOSTELIKE HOËVELD

OOS-VRYSTAAT

NOORDWES PROVINSIE

GEWAS

OPBRENGS

(T/HA)

GELYK-

BREEK

SAFEX-

PRYS

GELYK-

BREEK

RATIO

OPBRENGS

(T/HA)

GELYK-

BREEK

SAFEX-

PRYS

GELYK-

BREEK

RATIO

OPBRENGS

(T/HA)

GELYK-

BREEK

SAFEX-

PRYS

GELYK-

BREEK

RATIO

Mielies

6

R2 427,00

1,83

4,5

R2 799,00

1,83

3,5

R2 871,00

Sojabone

2

R4 446,00

1,8

R5 121,00

1,5

R5 789,00

2,02

Sonne-

blomsaad

1,5

R4 631,00

1,61

TABEL 1: GELYKBREEK SAFEX-PRYSE EN MIELIE/OLIESAADPRYSVERHOUDINGS.

Grafiek 2: Mielie/sojaboonprysverhoudings vir lewering in Maart 2017.

Bron: Safex en eie berekeninge

GRAANMARK-OORSIG

Bron: Graan SA