Background Image
Previous Page  54 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 92 Next Page
Page Background

November 2016

52

Maak só die meeste van

glifosaatbespuitings

G

lifosaat word nou al vir vier dekades met groot sukses

toegedien en is die bekendste en mees verbruikte on-

kruiddoder ter wêreld. Ten spyte hiervan bestaan daar

steeds ‘n klomp wanpersepsies daaroor.

In hierdie skrywe word ‘n paar praktiese wenke gegee om glifo-

saatbespuitings en onkruidbeheer te optimaliseer.

Glifosaat en waterkwaliteit

Glifosaat is ‘n wateroplosbare, swak, suur onkruiddoder. Daarom

kan dit verbindings met ione, wat natuurlik in spuitwater voor-

kom, vorm.

Hierdie glifosaatverbindings wat in beide harde en brak water

kan voorkom, verlaag die effektiwiteit van glifosaat omdat dit

swakker opneembaar is. Dit is een van die hoofredes vir verlaagde

onkruidbeheer met glifosaat.

Die effektiefste manier om hierdie probleem te oorkom, is om ‘n

goeie kwaliteit ammoniumsulfaat-byvoegmiddel te gebruik. Die

ammoniumsulfaat bind met die soute in harde en brak water voor-

dat dit met die glifosaat kan bind. Sodoende kan die glifosaat

optimaal opgeneem word en die onkruidbeheer herstel word.

Die gebruik van ammoniumsulfaatbyvoegmiddels word egter as

‘n standaard praktyk aanbeveel, omdat verhoogde onkruidbeheer

selfs met goeie water bewerkstellig word. Daar word vermoed

dat die ammoniumioon van die ammoniumsulfaat tot verhoogde

glifosaatopname bydra. Moet egter nooit kunsmisgraad ammo-

niumsulfaat as byvoegmiddel gebruik nie.

Glifosaat met ander byvoegmiddels

Daar word soms addisionele benattingsmiddels by glifosaatbe-

spuitings gevoeg – veral as daar toedienings op groot, of moeilik-

beheerbare onkruide gemaak word. Maak seker dat die praktyk

wel op die etiket aanbeveel word en maak ook seker dat die korrek-

te byvoegmiddel gebruik word.

Glifosaat vaar gewoonlik beter met wateroplosbare benatters wat

nie te veel op die blaar versprei nie. Dit vaar gewoonlik baie

swakker met olieagtige byvoegmiddels en sekere olies kan selfs

die werking van glifosaat benadeel. Wees dus baie versigtig watter

byvoegmiddels met glifosaat toegedien word.

Daar word ook soms ander waterregstellende byvoegmiddels

verkoop. Maak seker op die betrokke glifosaatetiket of hierdie pro-

dukte geregistreer is. Moet nooit ‘n ongeregistreerde byvoegmid-

del gebruik nie. Verwys altyd na die glifosaatetiket.

Glifosaat in tenkmengsels

Glifosaat meng oor die algemeen swak met ander onkruiddoders

en landbouchemikalieë (soos blaarvoedings) en tenkmengsels kan

die onkruidbeheer verswak. Dit is dus van kardinale belang om net

geregistreerde mengsels te maak.

Met ongeregistreerde mengsels kan daar fisiese onverenigbaar-

heid voorkom – wat kan lei tot reaksies in die spuittenk. Dit kan

ongewenste reaksies soos flokkulasie, presipitasie en geblokte

spuitpunte veroorsaak.

Met sekere mengsels kom daar egter geen fisiese onverenigbaar-

heid voor nie, maar dit kan nog steeds die effektiwiteit van glifosaat

nadelig beïnvloed. Die rede daarvoor is omdat die glifosaatop-

nameproses deur die mengsel benadeel word.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is hormoondoders – al is dit geregi-

streer. Glifosaatonkruidbeheer word soms benadeel deur dit te

meng met hormoondoders. Gelukkig herstel ammoniumsulfaatby-

voegmiddels gewoonlik die glifosaatwerking in hierdie mengsels.

Wees egter baie versigtig om die regte ammoniumsulfaatbyvoeg-

middel hiervoor te gebruik.

Sekere byvoegmiddels met ‘n lae pH-waarde sal die probleem

vererger deur jellieagtige spuitoplossings te veroorsaak. Die ammo-

niumsulfaatbyvoegmiddel kan egter nie in alle gevalle die antago-

nisme van tenkmengsels oorkom nie en daarom is dit belangrik om

net geregistreerde tenkmengsels met glifosaat te maak.

Glifosaatmengproses

Glifosaatetikette dui gewoonlik die mengprosedure daarvan aan.

Riglyne van geregistreerde tenkmengsels, asook die mengvolg-

orde, word aangedui. Gewoonlik word aanbeveel dat die glifosaat

laaste in die spuitoplossing ingemeng word.

Die redes hiervoor is om skuimvorming te verminder en om meng-

selprobleme soos flokkulasie te verhoed. Moet nooit glifosaat en

ander konsentrate vooraf meng voordat dit in die spuittenk gevoeg

word nie. Dit kan rampspoedige gevolge hê.

Glifosaat en watervolume

Dit is alombekend dat glifosaat se effektiwiteit verhoog soos wat

watervolume afneem. Die verbeterde effektiwiteit van glifosaat is te

danke daaraan dat:

Glifosaat se aktiewe bestanddele en bevorderingsmiddelkon-

sentrasies in die spuitoplossing verhoog – met ander woorde

meer gekonsentreerde druppels; en

minder antagonistiese soutione in laer watervolumes teen-

woordig is.

Vermy aksies soos verhoogde spuitspoed, verlaagde spuitdruk en

die gebruik van die verkeerde spuitkoppe.

OP PLAASVLAK

Glifosaat / Waterkwaliteit / Byvoegmiddels

Geïntegreerde plaagbeheer

THINUS UYS

en

BRIAN DE VILLIERS,

Villa Crop Protection

... praktiese wenke

gegee om glifosaat-

bespuitings en

onkruidbeheer te

optimaliseer.