Background Image
Previous Page  63 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 92 Next Page
Page Background

Voortgesette ontwikkeling vir

landbouchemiese verteenwoordigers

O

pleiding is seker een van die belangrikste beleggings wat

‘n maatskappy kan maak. Ook die landbouchemiese be-

dryf het dit lankal besef en daarom word verteenwoor-

digers voortdurend opgelei om oor die nodige kennis in

hul uitdagende werksomgewings te beskik.

CropLife het besluit om aan verteenwoordigers erkenning te gee

vir die opleiding wat hulle ontvang deur ‘n program in te stel wat

op Voortgesette Professionele Ontwikkeling (VPO)-beginsels

gebaseer is. Dit staan ook bekend as ‘n Continuing Professional

Development-stelsel of CPD-stelsel. Deesdae het omtrent alle in-

dustrieë in die wêreld soortgelyke programme in plek.

Die werksomgewing van die landbouchemiese verteenwoordiger

word gekenmerk deur onafhanklikheid, maar dit is ook dinamies

en uitdagend omdat hul kennis voortdurend getoets word en daar-

om moet hulle op eie kennis staat maak om waarde vir die kliënt toe

te voeg.

Ten einde op hoogte te bly van die nodige kennis, moet CropLife-

lede in die toekoms voortdurend opleiding ondergaan as deel van

die program wat nou deur CropLife ingestel is. Kennis bemagtig,

maar gee ook vertroue, bevrediging en werkstrots in die daaglikse

uitvoering van pligte.

Landbouchemiese verteenwoordigers wat lid van CropLife is, moet

die basiese plantwetenskappekursus van CropLife slaag om geak-

krediteer te word. Om akkreditasie te behou, moet die verteen-

woordigers aan die voortgesette professionele opleidingsprogram

deelneem.

Dit is nie nuut vir die verteenwoordigers in die bedryf nie, aange-

sien hulle alreeds jaarliks verskeie opleidingsprogramme bywoon.

In die toekoms sal verteenwoordigers punte ontvang vir alle

toepaslike opleiding wat bygewoon word. Akkreditasie sal dan behou

word wanneer die voorgeskrewe hoeveelheid punte in ‘n spesifieke

tydperk of siklus verdien is.

Die doel hiervan is baie duidelik: Goed-opgeleide verteenwoor-

digers kan ‘n effektiewe en professionele diens aan produsente en

ander kliënte lewer. Kliënte moet voel dat die verteenwoordiger

waarde kan toevoeg en dat daar op ‘n professionele vlak onderhan-

del en gekommunikeer word.

Die kennis waaroor ‘n verteenwoordiger moet beskik, sluit nie net

produk- en gewaskennis in nie. Besigheidsbestuur verseker dat

verteenwoordigers hul besighede kan bestuur en opleiding in dié

verband word ook erken.

‘n Groot aantal wette, regulasies en standaarde het ‘n invloed op

die landbouchemiese bedryf. Deel van die verpligte opleiding sluit

van hierdie onderwerpe in. Dit word van die verteenwoordiger

verwag om produsente oor statutêre vereistes ten opsigte van die

stoor en vervoer van chemikalieë in te lig. Omgewingsfaktore is

toenemend van belang en verteenwoordigers moet bewese kennis

hê van veiligheid, gesondheid en omgewingswette en standaarde

wat op die landbouchemiese bedryf van toepassing is. Laasge-

melde sluit veral die bestuur van leë houers in en hoe die houers

hanteer moet word.

‘n Geakkrediteerde lid sal in besit wees van ‘n lidmaatskapskaart

waarop aangedui word dat die verteenwoordiger aan die vereistes

van akkreditasie voldoen. Produsente word aangemoedig om

CropLife-lede te versoek om hul kaarte te sien.

In geval van navrae oor die VPO-program kan mnre Tom Mabesa of

Nic Greyling van CropLife by 011 805 2000 gekontak word.

NIC GREYLING,

CropLife

Ten einde op hoogte

te bly van die nodige

kennis, moet CropLife-lede

in die toekoms voortdurend

opleiding ondergaan as

deel van die program

wat nou deur CropLife

ingestel is.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Chantelle Bester 2011

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Opleiding / Verteenwoordigers

61

November 2016