Background Image
Previous Page  60 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 92 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

As die Goliats van insetmaatskappye

mekaar oorneem...

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

d

ie afgelope jaar is gekenmerk deur groot insetmaat-

skappye wat saamsmelt of wat ander maatskappye

wil uitkoop. Dit kan ‘n hoë konsentrasie van insetmaat-

skappye tot gevolg hê. Konsentrasie in ‘n bedryf word

‘n probleem as markkragte die effektiewe werking

daarvan negatief beïnvloed.

Daar is tans ses maatskappye wat die internasionale biotegnologie

(saad en chemie)-sektor domineer: Bayer, Monsanto, Dow, DuPont,

Syngenta en BASF.

Volgens die ETC-groep beheer dié maatskappye tans saam 75%

van die wêreld se landbouchemiese markte, 63% van die kommer-

siële saadmark en doen hulle 75% van alle landbounavorsing in

die privaatsektor – wat saad en landbouchemikalieë betref.

Sover het DuPont in 2016 ‘n samesmelting met Dow voorgestel,

het Bayer Monsanto gekoop en is die Chinese chemiese maat-

skappy, ChemChina van voorneme om Syngenta te koop. Ander

moontlike konsolidasies is Sandana en Adama (chemie), Potash

Corp en Agruim (kunsmis) en John Deere en Precision Planting

(landboumasjinerie).

Hierdie samesmeltings of oornames gaan beslis verdere konsen-

trasie in ‘n reeds-gekonsentreerde insetmark tot gevolg hê. Vrae

soos wanneer die konsentrasie te hoog is en wanneer kompetisie

negatief beïnvloed word, moet beantwoord word. In hierdie artikel

word van die voor- en nadele wat hieroor aangevoer word, ontleed.

Voordele

Voordele van konsolidasie wat deur van die maatskappye aange-

voer word:

Daar is groter innovasie deur die samevoeging van verskillende

kundigheidsgebiede. Verskeie van hierdie maatskappye het se-

kere sterk punte.

Groter gesamentlike besteding aan navorsing en ontwikkeling.

Volgens hierdie maatskappye kan groter en meer gediversi-

fiseerde maatskappye navorsingsbehoeftes noemenswaardig

beter aanspreek.

Nadele

Nadele wat deur verskeie produsentegroepe geïdentifiseer is:

‘n Tekort aan kompetisie kan innovasie juis kniehalter. Uit die

verlede is geleer dat groter konsentrasie nie noodwendig lei

tot groter spandering aan navorsing en ontwikkeling nie.

Hoe minder rolspelers daar is, hoe swakker is kompetisie – wat

gewoonlik nadelig is vir pryse.

Pryse van tegnologie neem vinniger toe as die waarde in die

bydrae tot opbrengs.

Groter konsolidasie van maatskappye bring mee dat net ‘n paar

maatskappye aan probleemoplossing werk teenoor ‘n groter

aantal in die verlede. Daar word aangevoer dat sou verskillen-

de entiteite aan probleme werk, daar groter kanse van ‘n oplos-

sing is.

Konsolidasie bemoeilik toegang tot die insetbedryf vir nuwe

toetreders.

Minder mededinging kan veroorsaak dat ekonomie van skaal

te belangrik raak. Dit sal in gevalle dan nie noodwendig vir

maatskappye die moeite werd wees om vir die Suid-Afrikaanse

mark produkte te ontwikkel nie.

Die konsentrasie van insetverskaffers kan werksgeleenthede

oor tyd verminder.

Sonder goeie kompetisie neem doeltreffendheid af – wat pro-

dukte duurder maak vir die verbruiker.

Wat kan die Bayer-Monsanto oorname vir Suid-Afrika se insetom-

gewing beteken?

Monsanto: In Suid-Afrika is Monsanto ‘n groot en dominante

rolspeler in die mieliesaadmark. Hulle is ook basies die enigste

rolspeler wat GMO-tegnologie in mielies en sojabone aanbied.

Monsanto is ook ‘n sterk rolspeler in die onkruiddodermark

– veral met Roundup.

Bayer: In Suid-Afrika is Bayer ‘n groot rolspeler in die landbou-

chemikalieëmark. Hulle begin nou eers die saadmark betree.

In Suid-Afrika behoort die oorname nie wat kompetisie in die

saadbedryf betref, negatief te wees nie. Let wel: By mielies en

GMO-tegnologie is Monsanto alreeds dominant – met moontlik ‘n

groter as 60% markaandeel in die mieliesaadmark.

Wat die landbouchemiese mark betref, kan die oorname wel ‘n ver-

andering in markstruktuur teweegbring, wat kompetisie negatief

kan beïnvloed. Die raming is dat hierdie twee maatskappye saam

meer as 30% van die markaandeel in die landbouchemiese mark

kan besit.

November 2016

58