Background Image
Previous Page  55 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 92 Next Page
Page Background

53

November 2016

Een of meer kombinasies van hierdie aksies kan daartoe bydra dat

oneweredige en ondoeltreffende spuitdruppels gevorm word – wat

verhoogde newelwegdrywing tot gevolg het of te groot druppels

vorm wat van die blaaroppervlak kan afrol.

Uit verskeie navorsingstudies van oor die wêreld blyk dit dat

spuitvolumes van 100 l/ha tot 150 l/ha die mees geskikte volume

vir matige tot hoë druk-onkruidinfestasie is.

Omgewingstoestande se rol op

glifosaateffektiwiteit

Omgewingstoestande beïnvloed die effektiewe onkruidbeheer van

enige onkruiddoder. Optimale omgewings- en klimaatstoestande is

bevorderlik vir die groei van plante, lei tot effektiewe onkruidbeheer

en het die minste risiko vir skade aan die gewas.

Enige omgewingstoestand wat stres by plante tot gevolg kan hê,

mag onkruiddoderopname en die effektiwiteit van onkruiddoder

nadelig beïnvloed.

Omgewingsfaktore wat moontlik kan lei tot swak werking van glifo-

saat sluit in droogte, temperatuur (te hoog of te laag), versuip-

toestande, relatiewe humiditeit, reën kort na toediening, hewige

douneerslag op plante en ligintensiteit.

Onkruidbeheer en die spoed van glifosaatopname verhoog ge-

woonlik namate die temperatuur verhoog – solank die plant aktief

groei. Bonormale hoë temperature tesame met droogtetydperke en

lae humiditeit wat strestoestande by plante tot gevolg het, sal die

werking van glifosaat nadelig beïnvloed en swak beheer veroorsaak.

Glifosaattoedienings gedurende relatiewe koue periodes voor,

met of na toediening, sal ook ‘n nadelige uitwerking op die effek-

tiwiteit hê. Hewige douneerslae vroeg in die oggend as gevolg van

hoë nagtemperature met hoë, relatiewe humiditeit sal die opname

en werking van glifosaat nadelig beïnvloed deurdat spuitdruppels

tesame met die doudruppels, oorbenatting op die blaaroppervlak-

te veroorsaak – wat die glifosaatkonsentrasie in die druppel ver-

laag en afloop bevorder.

‘n Hewige reënbui kort na bespuiting kan swak beheer van veral

eenjarige grasonkruide (of plante met fyn, smal vertikale blaargroei),

asook meerjarige plante tot gevolg hê. Glifosaatopname geskied

vinniger by aktiefgroeiende, eenjarige breëblaarplante as by gras-

agtige plante en daarom is die reënvrye tydperk wat nodig is,

aansienlik korter. Vermy glifosaatbespuitings indien reën kort na

toediening verwag word.

Verandering in die ligintensiteit tussen dag en nag het ‘n nadelige

invloed op die werking van glifosaat. Navorsing het bewys dat

die effektiwiteit van ‘n glifosaatbespuiting na sononder en voor

sonsopkoms (met ander woorde gedurende die nag) aansienlik

afneem.

Glifosaat moet verkieslik na sonsopkoms (vroegoggend) voordat

dagtemperature te veel toeneem en weer agtermiddag, maar voor

sononder, gespuit word vir optimale werking. Glifosaatopname,

translokasie en metaboliese aktiwiteit word beïnvloed deur die

plant se fotosintetiese siklusse tussen dag en nag.

Neem die omgewingstoestande voor, met en net ná ‘n beplande

bespuiting in ag wanneer glifosaat toegedien moet word, om

sodoende te verseker dat optimale toestande vir spuit, asook vir die

aktiewe groei van onkruide, heers.

Onkruidgroeistadium en glifosaatdosis

Glifosaat se effektiwiteit word nadelig beïnvloed deur verskeie

omgewings- en klimaatfaktore buite die beheer van die toediener.

Die belangrikste oorsaak van swak beheer is gewoonlik te wyte

aan onkruide wat te groot is en gespuit word met dosisse wat geskik

is vir kleiner plante.

Die meeste van die glifosaataanbevelings en dosisse – veral op

eenjarige onkruide soos dit nog tans op etikette verskyn – is vir

situasies waar onkruide na ‘n saadbedvoorbereiding ontkiem het

en voordat daar geplant kan word.

Die eenjarige onkruide is dus nog relatief jonk en etiketaanbeve-

lings en dosisse vir voor-plantbespuitings is effektief genoeg om

‘n wye spektrum onkruide te beheer. Met die oorskakeling na mini-

mum- en geenbewerkingsmetodes, het dit praktyk geword om te

wag met bespuitings tot kort voor die gewasaanplanting plaasvind.

Hierdie verandering in die voor-plantbespuiting het bygedra daar-

toe dat eenjarige onkruide tydens toediening, wanneer daar ook

winteronkruide in die onkruidspektrum voorkom, aansienlik groter

en ouer is. Onkruidspektrum en ouderdom is van kardinale be-

lang en dosisse moet opwaarts aangepas word om hoër doeltref-

fendheid te verseker.

Slot

Glifosaat is en bly ‘n puik, nie-selektiewe onkruiddoder. Dit is egter

belangrik om te besef dat dié produk deur verskeie faktore beïn-

vloed word. Hierdie faktore moet in ag geneem word om opti-

male onkruidbeheer te bewerkstellig.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Lizette Nel 2014

Die meeste van die glifosaataanbevelings en dosisse is vir situasies waar onkruide na ‘n saadbedvoorbereiding ontkiem het en

voordat daar geplant kan word.