Background Image
Previous Page  61 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 92 Next Page
Page Background

Die vraag na sonneblomolie sal na verwagting ook hoog wees as

gevolg van tekorte aan groente- en raapsaadolies. Dit kan die son-

neblompryse internasionaal ondersteun.

Plaaslik word verwag dat indien dit ‘n goeie tot normale jaar in

terme van reënval en produksie is, die afwaartse prysrisiko in die

mieliemark aansienlik hoër sal wees as in die oliesademark. Oliesade

kan dus dien as goeie alternatief om te oorweeg wanneer gewas-

beplanning gedoen word met die oog daarop om risiko te versprei.

Een goeie metode om die gewasse met mekaar te vergelyk, is in

terme van prysverhoudings tussen die gewasse.

Prysverhoudings

Die prysverhoudings tussen die gewasse toon wat die prys van

die een gewas is relatief tot die ander gewas. Daardeur kan vasge-

stel word hoe die gewasse met mekaar vergelyk in terme van prys

en wanneer dit vir die produsent die moeite werd sal wees om van

een gewas na ‘n ander oor te beweeg.

Tabel 1

toon die gelykbreek Safex-pryse van mielies, sojabone en

sonneblomsaad in drie streke van Suid-Afrika waar die gewasse

geproduseer word. Hierdie streke is die Oostelike Hoëveld, Oos-

Vrystaat en Noordwes Provinsie. In die Noordwes Provinsie is

sonneblomsaad ook as alternatief gekies in plaas van slegs soja-

bone – soos wat die geval was in die ander twee streke.

Tabel 1 toon dat die pryse van sojabone ten minste 1,83 keer meer

as dié van mielies in beide die Oostelike Hoëveld sowel as in die

Oos-Vrystaat moet wees om met hierdie gewasse gelyk te breek

– gegewe die verskillende opbrengste.

In die Noordwes Provinsie moet die pryse van sonneblomsaad ten

minste 1,61 keer dié van mielies wees om die skuif aldaar vanaf

mielies na sonneblomme te regverdig – gegewe die geselekteerde

opbrengste. In terme van sojabone moet die verhouding twee keer

vir die Noordwesstreek wees.

Grafiek 2

en

Grafiek 3

toon onderskeidelik die huidige prysver-

houdings tussen mielies en sojabone, asook mielies en sonne-

blomsaad. Die mielie-sojaboon-prysverhoudings is vir lewering

in Maart 2017 – vir beide mielies en sojabone, terwyl die mielie-

sonneblom-prysverhoudings vir lewering in Mei 2017 (sonneblom-

saad) en in Julie 2017 (mielies) is.

Ten slotte

Alhoewel daar heelwat onsekerhede en risiko’s in die markte is wat

die nuwe seisoen betref, is daar ook ‘n verskeidenheid opsies en

strategieë wat oorweeg kan word en wat suksesvol toegepas kan

word om prysrisiko’s te versprei en te bestuur. Dit is egter noodsaak-

lik dat elke produsent sy berekeninge deeglik doen en die verskil-

lende opsies oorweeg. Dit is belangrik dat produsente sal besluit

waarmee hulle gemaklik is en wat by hul stelsels inpas om sodoende

die optimale keuses te maak.

Soos die pryse van die verskeie kommoditeite vir lewerings in

Maart, Mei en Julie 2017 tans verhandel, lyk die verhoudings guns-

tig vir die plant van oliesade. Die besluit moet egter geneem word

op die projeksies van die pryse vir leweringstyd in 2017.

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Grafiek 3: Mielie-/sonneblomprysverhoudings vir lewering Julie 2017 (mielies) en Mei 2017 (sonneblom).

Bron: Safex en eie berekeninge

GRAANMARK-OORSIG

OP PLAASVLAK

59

November 2016