Background Image
Previous Page  50 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

November 2016

48

‘n Wortel wat wel deur ‘n verdigte sone groei, sal tipies min en kort

sywortels maak of dit sal totaal ontbreek. Sommige wortels sal op

die verdigte sone horisontaal draai.

Hoe word verdigting geïdentifiseer?

Verskeie tegnieke word aangewend om grondverdigting te

identifiseer:

Wortelstudies in profielgate wat onbevredigende wortelontwik-

keling identifiseer, is dikwels die eerste aanduiding van ‘n

verdigtingsone.

‘n Geoefende hand kan met ‘n skerppunthamer die verdigte

sone voel as ‘n verskil in konsistensie. Die grond se konsistensie

word deur natheid en die klei-inhoud beïnvloed, wat die

akkuraatheid van hierdie metode beïnvloed. Dit is egter moeilik

(indien enigsins moontlik) om die onderste grens van die verdig-

te sone te identifiseer.

‘n Penetrometer is die aangewese instrument om verdigting

mee te identifiseer. Die instrument druk ‘n gestandaardiseer-

de kegel in die grond in en die weerstand wat die grond teen

die penetrasie bied, word elektronies op ‘n datalogger vasgelê

of meganies op ‘n wyser aangedui. Penetrometerdata kan

grafies voorgestel word om die teenwoordigheid van ‘n verdigte

sone aan te dui. Die onderste grens van wortelbeperkende

verdigting kan relatief akkuraat vanuit die grafiek afgelei word.

Dit is belangrik dat die grond altyd ‘n paar dae voor die toetse

gedoen word, tot by veldwaterkapasiteit benat moet word.

‘n Vereenvoudigde vorm van die penetrometer is ‘n staalpen

wat stadig met die hand teen ‘n konstante spoed in die grond

ingedruk word. Die relatiewe krag wat benodig word om die

staalpen in die grond te druk, gee ook ‘n aanduiding van ‘n

moontlike verdigte sone.

Opbreek van grondverdigting

Verdigtinglae moet meganies opgebreek word. Verdigtinglae in

die ploeglaag (0 mm - 250 mm) kan by wyse van minder aggres-

siewe implemente soos swaardiens-beitelploeë, skaarploeë of skot-

telploeë opgebreek word.

Grondverdigting

6: Die omvang van die verdigte sone van ‘n

trekkerspoor in sandgrond.

7: Skeurploeë is dikwels nie effektief om

verdigtingsones op te breek nie.

8: ‘n Penetrometer word gebruik om grond-

verdigting te identifiseer.

Figuur 1: ‘n Skematiese voorstelling van ‘n meerjarige spoorverkeerstelsel.

6

8

7