47
November 2016
vervorm maklik omdat die kohesiekragte en interne wrywing tussen
die gronddeeltjies baie laag is en die gronddeeltjies maklik oor
mekaar gly en derhalwe is die grond se dravermoë dan laag.
Tussen die droë en nat uiterstes, kompakteer grond die maklikste.
Sanderige grond se volumetriese waterinhoud waarby dit die ge-
voeligste vir verdigting is, is ongeveer 14%, terwyl kleierige grond
by ongeveer 30% die maklikste kompakteer. Dit is juis by hierdie
optimale waterinhoud waar die meeste grondbewerkingsaksies uit-
gevoer word.
Op grond van waar die verdigte sone in die grondprofiel voorkom,
word daar tussen ‘n ploeglaagverdigting en sub-ploeglaagverdig-
ting onderskei. ‘n Ploeglaagverdigting kom in die bewerkte sone
voor en is gewoonlik binne die boonste 250 mm van die profiel.
Dit word gewoonlik deur landverkeer tydens die uitvoer van
sekondêre bewerkings soos saadbed- en skoffelbewerkings, kuns-
misstrooi en plant veroorsaak. Dit is tipies vanaf die grondopper-
vlakte tot op ‘n diepte van 250 mm tot 300 mm.
‘n Sub-ploeglaagverdigting vorm direk onder die normale be-
werkingsdiepte, naamlik 250 mm tot soms meer as 600 mm.
Daar moet in gedagte gehou word dat ‘n trekkerwiel wat
op die grond loop, sanderige grond tot 400 mm diep wortelbeper-
kend kan kompakteer.
Vervorming van die grond vind tot op ‘n diepte van 700 mm plaas
– weliswaar nie tot daar wortelbeperkend nie. Die vernaamste
skuldige hier is trekkerwiele wat in die holvoor loop en die verdigting
vanaf ploegdiepte (gewoonlik sowat 250 mm) tot meer as 600 mm
veroorsaak. Daar kan verwag word dat trekkerwiele wat op die
bogrond loop, grond oor tyd tot op 350 mm en selfs 400 mm kan
kompakteer.
As dié grond tot op 250 mm losgemaak word, bly daar dus nog
‘n gedeelte van die verdigte sone oor, wat tegnies ‘n sub-ploeg-
laagverdigting is.
Die effek van grondverdigting op
wortelontwikkeling
Wanneer ‘n plantwortel deur die grond groei, word gronddeeltjies
fisies uit die pad uit gedruk en in aanliggende porieë ingedruk.
Wanneer die grond gekompakteer is en die porieë nie groot
genoeg is om die gronddeeltjies in te druk nie, verlangsaam die
wortelgroeitempo.
Wanneer die grond se meganiese weerstand teen vervorming
hoër is as die krag waaroor die wortel beskik om gronddeeltjies uit
sy pad te druk, sal wortelgroei totaal staak en in verdikte wortel-
punte binne-in die verdigte sone eindig. Die ontwikkeling van
sywortels word gewoonlik ook ernstig deur verdigting beperk.
1: ‘n Sub-ploeglaagverdigting verhoed wortelontwikkeling in die ondergrond (regs) en ‘n mieliewortel waarvan die groei weens
grondverdigting gestaak en die punt verdik het (links).
2: Mieliewortels kan nie deur die verdigting groei nie en draai dwars daarop.
3: Die mieliewortels draai horisontaal op die verdigting. ‘n Beitelploeg het ‘n voor in die verdigte sone gemaak,
maar nie daardeur nie.
4: Die effek van verdigting van ‘n trekkerspoor op mielie-ontwikkeling in ‘n geenbewerkingstelsel.
5: Die effek van ‘n trekkerspoor op die wortelontwikkeling van mielies.
51
3
4
5
2