Background Image
Previous Page  48 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

November 2016

46

Grondverdigting, die stille

vernietiger van oeste

G

rondverdigting is naas grondversuring en onkruiddruk,

steeds een van die grootste enkele oorsake van verlaging

in graanopbrengste. Dit kom algemeen in sand- en

leemgronde wat onder graanproduksie is, voor. In hierdie

artikel word die lig opnuut op hierdie graandief gewerp.

Die meganika van grondverdigting

Die totale volume van grond in die natuurlike staat bestaan uit net

minder as 50% porieë en net meer as 50% minerale deeltjies. Die

porieë is met water en lug gevul. Porieë word op grond van hul

grootte in drie groepe verdeel, naamlik makroporieë, mesoporieë

en mikroporieë.

Wanneer grond gekompakteer word, word die grond meganies

saamgepers. Dit lei tot verskeie veranderinge in die grond se fisiese

eienskappe:

Tydens die proses van grondverdigting verminder die totale

porievolume, die aantal makroporieë verminder en die meso-

porieë vermeerder. Dit is juis die makroporieë wat vir water-

geleiding, wortelontwikkeling en gaswisseling belangrik is.

Verdigting lei tot vertraagde wortelontwikkeling, watergelei-

ding en lugbeweging.

Wanneer grond gekompakteer word, word die brutodigtheid

daarvan verhoog, omdat daar meer minerale deeltjies per

volume-eenheid saamgepers word en dus minder porievolume

oorbly. Grond met ‘n hoër brutodigtheid vereis meer energie

om vervorm te word, soos wanneer ‘n plantwortel deur dit

groei. Gronde met ‘n abnormaal-hoë brutodigtheid moet

meganies losgemaak word.

Oorsake van grondverdigting

Landbouwerktuie is feitlik uitsluitlik die hoofoorsaak van grond-

verdigting, waarvan trekkerwiele die grootste enkele oorsaak is.

Sekondêr hiertoe is ander landbouwerktuie soos stropers en volge-

laaide oorlaaiwaens. Grondbewerkingsimplemente het die kleinste

effek. Verdigting vind plaas wanneer die grond saamgepers word.

Sekere grondeienskappe beïnvloed die kompakteerbaarheid van

grond. Hiervan is die deeltjiegrootteverspreiding en waterinhoud

die belangrikste. In droë grond is die kohesiekragte en interne wry-

wing tussen die gronddeeltjies groot. Die grond se dravermoë is

dan hoog en dit bied weerstand teen vervorming en derhalwe

verdigting.

Wanneer grond met water versadig is, is die porieë met water

gevul en word verdigting deur die water teëgewerk. Baie grond

MARTIENS DU PLESSIS,

bestuurder: Presisieboerdery, NWK

Grafiek 1: Die penetrometer se data grafies voorgestel, illustreer die voorkoms van ‘n sub-ploeglaagverdigting en die vereiste bewerkingsdiepte.