Background Image
Previous Page  45 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 92 Next Page
Page Background

43

November 2016

Volgens die Wet op Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983) moet

elke grondgebruiker op verskeie maniere die besproeide landerye

op sy plaaseenheid effektief beskerm teen versuiping en verbrak-

king. Daar is dus ‘n verantwoordelikheid op elke besproeier om

behoorlike grondbewaring en waterbestuur op die plaas toe te pas.

Voordat grond gedreineer word, is dit noodsaaklik dat alle moont-

like probleme verwyder of verbeter moet word. In hierdie verband

speel lekkende gronddamme, verstopte natuurlike dreinerings-

kanale, verdigte grondlae (as gevolg van bewerking), sowel as

oorbesproeiing, ‘n groot rol om versuiping te vererger. Deur middel

van ‘n detail grondopname kan die oorsaak van die versuiping en

vrywater vasgestel word en kan afleidings gemaak word oor die

mees geskikte tipe dreineringstelsel vir elke spesifieke geval.

Afhangende van die oorsaak van versuiping, kan verskillende bena-

derings ten opsigte van dreinering gevolg word en in die praktyk

word twee hooftipes onderskei: Afsnydreinering en ondergrondse

dreine.

Afsnydreinering

Dit word gebruik waar vrywater sydelings in poreuse, sanderige of

gruiserige lae op ‘n digte ondergrond, van ‘n hoër- na ‘n laerliggende

posisie afwaarts teen ‘n helling beweeg (sien

Figuur 1

). Die afsny-

drein word min of meer loodreg op die vloeirigting van die vry-

water gemaak en moet ‘n gradiënt hê wat groot genoeg is om die

water wat in die drein akkumuleer vinnig genoeg uit die lande te

verwyder.

Die drein moet oor sy volle lengte ten minste 300 mm diep in die

digte, ondeurdringbare laag geplaas word. Verder is dit raadsaam

om só ‘n drein in die begin as ‘n oop sugsloot te bou om ‘n idee van

die hoeveelheid water wat verwyder moet word, te kry. Met behulp

van die stroomsterkte kan die minimum pypdeursnee om die water

te verwyder, bepaal word as permanente pypdreine oorweeg word.

Ondergrondse dreine

In landerye met swak natuurlike dreinering kan vlak watertafels ook

ontwikkel omdat die sydelingse beweging van grondwater baie

stadig is. In sulke gevalle kan afsnydreine nie gebruik word nie en

moet gebruik gemaak word van ‘n netwerk van dreine wat tot ‘n

mindere of meerdere mate aanmekaar skakel.

Die maksimum diepte van installering van ondergrondse dreine

word bepaal deur die plek waar die dreine hul water stort. Dit is

ekonomies voordelig om die dreine so diep as moontlik te installeer,

want dan kan hulle verder uitmekaar gespasieer word.

In

Figuur 2

word enkele voorbeelde van verskillende ondergrondse

dreineringstelsels uitgebeeld.

Samevatting

Suksesvolle ondergrondse dreinering is afhanklik van baie faktore

en dit vereis kundige insette. Laat ‘n kundige ontwerper ‘n stelsel

ontwerp wat al die faktore in ag neem en ‘n uitleg en diepte aanbe-

veel wat die water effektief uit die geaffekteerde area verwyder.

By die regstelling van die watertafelstatus om versuiping en ver-

brakking te verhoed deur die installering van ‘n behoorlik-ontwerpte

ondergrondse dreineringstelsel, word die grond se

gesondheid verbeter en die produksie van gewasse

sal sy volle potensiaal bereik.

Verwysing

Reinders, FB, Oosthuizen, H, Senzanje, A, Smithers, JC, Van der Merwe, RJ, Van der

Stoep, I en Van Rensburg, L. 2016/06/03.

Development of technical and financial

norms and standards for drainage of irrigated lands: Volume 3: Guidance for the

implementation of surface and sub-surface drainage projects in South Africa.

Water Research Commission, Research Report No. TT 655/15. ISBN No: 978-1-

4312-0761-9.

(Die navorsingsverslag kan bekom word vanaf die Waternavorsingkommissie se

webtuiste by

www.wrc.org.za .

)

Tipiese dreineringsprobleme in ‘n sitrusboord.

Installering van dreineringpype in versuipte landerye.