FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale
November 2016
42
Ondergrondse dreinering
vir gesonde grond en gewasproduksie
K
unsmatige ondergrondse dreinering in die landbou is ‘n
praktyk waardeur die natuurlike dreinering verbeter word.
Dit word al vir baie jare in die wêreld beoefen. In Suid-
Afrika is ondergrondse dreinering formeel in die laat vyf-
tigs en vroeë sestigs begin en verskillende benaderings en tegnieke
is gebruik.
Dit is veral in die Vaalharts-besproeiingskema uitgevoer en het later
uitgebrei na ander besproeiingskemas in die Wes-Kaap, Mpuma-
langa, Limpopo en KwaZulu-Natal.
Met ‘n Waternavorsingskommissie-geïnisieerde en befondsde pro-
jek (K5/2026: “Ontwikkeling van tegniese en finansiële norme en
standaarde vir die dreinering van besproeiingslande”), is diepgaan-
de navorsing op ondergrondse dreinering gedoen met die LNR-
Instituut vir Landbou-ingenieurswese as leierorganisasie saam met
ander rolspelers soos universiteite en privaat instansies en met
spesialiteitsinsette van praktisyns in verskillende provinsies.
Die hoofdoel is om tegniese en finansiële standaarde en riglyne vir
die beplanning, ontwerp en beoordeling van die haalbaarheid van
ondergrondse dreineringstelsels onder Suid-Afrikaanse toestande
te ontwikkel. Die eerste tegniese gebruikshandleiding het in 1984
verskyn en afgesien van geïsoleerde projekte vir spesifieke redes,
is geen omvattende navorsing oor ondergrondse dreinering in
Suid-Afrika oor die afgelope 32 jaar gedoen nie en bestaande norme
en standaarde is aangepas deur middel van ad hoc-studies.
Van die bykans 300 000 000 ha besproeiingsgrond in die wêreld,
word 10% tot 15% geraak deur versuiping en verbrakking en in
Suid-Afrika word ‘n oppervlakte van 16 000 000 ha bewerk, met
1 600 000 ha wat onder besproeiing is.
As gevolg van onvoldoende dreinering word die produksie van
gewasse nadelig beïnvloed en daar word beraam dat 240 000 ha
geraak word deur stygende watertafels en versouting – en die pro-
bleme blyk toe te neem. Só byvoorbeeld het die Vaalharts Staats-
waterskema na die voltooiing van die konstruksie van 30 000 ha in
1940 ‘n vlak grondwaterstand van tussen 0,9 m en 1,5 m oor die heIe
gebied begin ontwikkel.
Dit was egter eers in 1956 en weer in 1964 en 1965, na seisoene
met bogemiddelde reën, dat verbrakking van ‘n aantal plase vir
die eerste keer vermeld is. Vandag is feitlik die hele skema met
goed-ontwerpte en geïnstalleerde ondergrondse dreineringstel-
sels toegerus.
Ondergrondse dreinering word toegepas vir hoofsaaklik die vol-
gende twee redes:
Herwinning van versuipte gebiede vir landbou.
Die verbetering van die dreineringstoestande van bestaande
landbougrond.
Na raming is daar al meer as 54 000 ha geïnstalleerde ondergrondse
dreineringstelsels en die behoefte vir ondergrondse dreinering in
besproeide landerye kan nie oorbeklemtoon word nie, aangesien
dit bewys dat dit ‘n volhoubare en bewese oplossing vir beide
water- en soutgehalteprobleme blyk te wees. By die regstelling van
die watertafelstatus om verbrakking te verhoed en die installering
van behoorlike erosie te beheer, word die grond se gesondheid
verbeter en die produksie van gewasse kan weer sy volle potensiaal
bereik. Dit het die voordeel dat die impak op die omgewing en op
die winsgewendheid van die produsent verminder.
Twee belangrike oorsake van versuiping en verbrakking is:
Oormatige toediening van besproeiingswater.
‘n Gebrek aan voldoende dreinering.
Daarom is die voorsiening van voldoende ondergrondse dreinering
‘n oplossing vir die herwinning van versuipte en verbrakkingspro-
bleme van besproeide lande, maar dit moet beklemtoon word dat
dreineringsverbetering toegepas word saam met die behoorlike,
effektiewe bestuur van besproeiing.
FELIX REINDERS,
LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese
Figuur 1: ‘n Voorbeeld van ‘n afsnydrein.
Figuur 2: Voorbeelde van verskillende dreineringstelsels.