Background Image
Previous Page  46 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

44

Grafiek 3: Plaaslike en internasionale ureumprysindekse.

Grafiek 5: Plaaslike en internasionale kaliumchloriedprysindekse.

Grafiek 4: Plaaslike MAP- en internasionale DAP-prysindekse.

Tabel 1

en

Tabel 2

dui aan wat met

internasionale kunsmispryse in dollar- en

in rand-terme oor ‘n jaartydperk gebeur

het. Dit is duidelik dat internasionale pryse

in dollar-terme skerp gedaal het, maar die

verswakking in die waarde van die rand

(met 27%), veroorsaak dat hierdie skerp

dalings nie in plaaslike markte deurgegee

word nie. Tabel 2 wys dat net dalings in

stikstofpryse (ammoniak en ureum) jaar-

op-jaar verwag kan word. In dollar-terme

het DAP byvoorbeeld met 18% teenoor ‘n

jaar gelede gedaal, maar as gevolg van die

verswakking in die rand, styg die prys in

rand-terme met 4,1%.

Tabel 3

illustreer wat oor ‘n jaartydperk

met plaaslike kunsmispryse (gemiddelde

pryslyspryse) gebeur het. In dié tabel

kan gesien word hoe plaaslike pryse op

internasionale prystendense (Tabel 2) en

die wisselkoers gereageer het. Oor ‘n jaar-

tydperk het plaaslike stikstofpryse (KAN en

ureum) tussen 2% en 10% gestyg, terwyl

internasionale stikstofpryse (ammoniak

en ureum) in rand-terme skerp gedaal het.

Wanneer die tendens van plaaslike MAP-

pryse met internasionale DAP-pryse ver-

gelyk word, kan gesien word dat plaaslike

pryse ook groter stygings as internasionale

pryse getoon het. Die kaliumchloriedpryse

in die plaaslike mark het met 5,7% gestyg

terwyl dit internasionaal, in rand-terme,

basies sywaarts beweeg het.

OP PLAASVLAK

INSET-OORSIG

Graan SA/Sasol fotokompetisie