Background Image
Previous Page  49 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 72 Next Page
Page Background

Integrasie verhoog

dié besigheid se wins

D

ie Neethlings van die Bredasdorp-omgewing bedryf ‘n ge-

mengde boerdery waar die veevertakking uit ‘n melkery en

skaapvertakking bestaan. Volstruise vorm ook deel van die

boerdery. Twee broers, mnre Niel en Jacques Neethling,

bedryf die boerdery gesamentlik.

Die saaivertakking produseer hoofsaaklik koring, gars en kanola

vir die kontantmark, terwyl hawer, korog en lupiene vir die vee

as weiding en kuilvoer aangeplant word. Heelwat lusern word vir

die vee aangeplant en ook as wisselbougewas vir die saaiboer-

dery gebruik.

Regstelling van grond

Om graan volhoubaar te produseer, moet die grond in staat gestel

word om dit te kan doen. Dit is hier waar Niel se hoofprioriteit lê.

Weens boerderypraktyke wat voorheen toegepas is, is die grond se

voedingstatus en die hoeveelheid organiese materiaal daarin baie

laag. Hierdie aspekte moet reggestel word en Niel probeer om met

behulp van voortreflike planne die saak om te keer.

Wisselbou met verskillende kontantgewasse is ‘n praktyk wat inge-

span word, maar so ook die gebruik van langtermyn-weidingsge-

wasse. Hierdie weidingsgewasse word deur die vee benut, terwyl

die melkery se mis aangewend word om die grond se voedingstatus

aan te spreek.

Die oesreste word só bestuur dat die maksimum materiaal vir so lank

as moontlik bo-op die grond gehou word.

Vertakkings komplementeer mekaar

Vir enige boerdery om volhoubaar te kan wees, moet die verskillen-

de vertakkings mekaar komplementeer. In hierdie boerdery gebeur

dit beslis. Die weidings wat verbou word, help met die beheer van

gewassiektes en onkruide, die vee wat die weidings benut, ge-

nereer organiese bemesting vir die grond en die mis afkomstig uit

die melkery, help om die gewasse se produksie te verhoog.

Wisselbou is ‘n integrerende deel van die stelsel omdat dit die

grond bevoordeel, onkruid teenwerk en die volhoubaarheid van die

boerdery verseker.

Besproeiing

Niel en Jacques verbou ook besproeiingsmielies onder ‘n spilpunt.

Die mielies word gekuil en die kuilvoer word as voer vir die melkery

aangewend. Niel gebruik die spilpunt as sy laboratorium om die

effek van wisselbou, mistoediening, oesreste wat nie bewei word

nie en direkte plant (

no till

) te toets.

Dit maak dat hul vinnig die verandering en die effek van verande-

ring kan meet. Die mielies word direk in die koringstrooi geplant

sonder om iets aan die strooi te doen terwyl die koring direk in die

mieliestoppels geplant word.

Volgens Niel het hierdie proef aan hom getoon dat hulle op die regte

pad is wat verbouingstelsels betref. Die grondlewe is hervestig,

erdwurms is volop en die hoeveelheid klippe op die bo-grond het

aansienlik verminder.

47

May 2016

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Graanprodusent van die Jaar

– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finalis

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Niel Neethling by van sy melkkoeie.

2: Die Neethlings boer in die Bredasdorp-

omgewing en is vertroud daarmee om land wat

baie styl is, te bewerk. Hulle verbou hoofsaaklik

koring, gars en kanola vir die kontantmark

terwyl hawer, korog en lupiene vir vee as

weiding en kuilvoer aangeplant word.

1

2