Background Image
Previous Page  44 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 72 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer

afhanklik van invoere

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

i

nvoere vorm ‘n al groter deel van plaaslike kunsmisverbruik.

In 1993 het Suid-Afrika 23% van sy invoerbehoefte aan

kunsmis ingevoer terwyl Suid-Afrika in 2013, 79% van sy

invoerbehoeftes moes invoer. Amptelike syfers vir 2014 en

2015 kan nóg hoër wees (

Grafiek 1

). Alle ureum- en kalium-

chloriedbehoeftes word reeds ingevoer. Al meer stikstof- en

fosfaatbehoeftes word bykomend ingevoer.

Is dit goed om só afhanklik te wees van kunsmisinvoere – dié inset-

middel wat ‘n graan- en oliesadeprodusent se grootste uitgawe

is? Die eerste rede waarom dit nie goed is nie, is prys. Die huidige

situasie bring mee dat plaaslike produsente selfs hoër as invoer-

pariteit vir kunsmis moet betaal. Die internasionale prys en die

wisselkoers speel hierin ‘n baie belangrike rol.

Die tweede rede waarom dit nie goed is

nie, is beskikbaarheid. Wanneer invoere só

‘n groot gedeelte van jou plaaslike verbruik

uitmaak, kan tydige beskikbaarheid ‘n

probleem raak. Tans is daar oorgenoeg

voorraad op internasionale markte beskik-

baar, maar wat doen ons as voorrade weer

‘n laagtepunt bereik? ‘n Land wat in só

situasie nie self kunsmis vervaardig nie, trek

aan die kortste ent.

Pryse

Dit is veral wintergraanprodusente wat hier-

die tyd van die jaar kunsmisaankope doen.

Kunsmis as produksie-inset maak ongeveer

25% van ‘n koringprodusent se lopende

produksiekosterekening uit. Dit is daarom

belangrik dat produsente kompeterende

pryse vir kunsmis moet betaal.

Omdat Suid-Afrika so afhanklik van kuns-

misinvoere is, is die verwagting dat plaas-

like pryse internasionale pryse sal navolg.

Die vergelyking tussen plaaslike en inter-

nasionale pryse kan dus help om die

kompeterendheid van die plaaslike kuns-

mispryse te bepaal.

Mei 2016

42

Grafiek 1: Persentasie invoere teenoor plaaslike verbruik.

Bron: International Fertiliser Association

*Voorlopig

Grafiek 2: Plaaslike KAN- en internasionale ammoniakprysindekse.