Background Image
Previous Page  52 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

50

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Die stropermonitorkaart vorm hier die bron van inligting. Die gronde

is oorspronklik volgens die presisiemetode ontleed en bemesting-

stowwe is, waar nodig, reggestel. Met onlangse ontleding is bevind

dat hierdie metode van bemesting volgens onttrekking resultate

lewer. Daarom was die regstellings in die tweede rondte baie minder

as in die eerste rondte.

Sy lande word bestuur volgens die produksiepotensiaal daarvan. Die

lande word as ‘n A-, B- of C-land (volgens potensiaal) geklassifiseer

en hiervolgens word dit, wat gewasse en bemesting betref, bestuur.

Rekordhouding

Sonder behoorlike rekordhouding en beplanning is enige boerdery

gedoem. Hierdie boerdery is ook deel van ‘n studiegroep wat die

kostes, inkomste en winste van vertakkings met mekaar en tussen

deelnemers vergelyk.

Die studiegroep dwing hulle om die rekords op datum te hou en

om die inligting te ontleed en sin daarvan te maak. Hierdie inligting

word derhalwe nie net vir die bankbestuurder bygehou nie, maar

voeg geweldig waarde tot die boerdery toe. “Ewe skielik maak dit

sin om die syfers by te hou en ons leer ontsaglik baie by mekaar,”

verduidelik hy.

Niel noem dat hulle ‘n ander interessante vertakking in die boerdery

ingebring het, naamlik om beleggings buite die boerdery op die

aandelebeurs te maak. Hierdie beleggingsvertakking het hulle in-

teressante lesse geleer. Deur te vra wat is werklik nodig vir die boer-

dery, kan verkeerde kapitaalaankope maklik voorkom word. Tog

moet aankoop van kapitaalgoedere en nuwe tegnologie nie gestaak

word as dit werklik benodig word nie, maar moet dit die effektiwi-

teit en doeltreffendheid van die besigheid verhoog.

Hy maak gereeld van kundige persone gebruik om te help met

produksiebesluite. Hierin speel die verteenwoordigers in sy gebied

‘n belangrike rol. Hulle help met aanbevelings ten opsigte van

bemesting asook watter chemiese middels waar en wanneer en teen

watter dosis gespuit moet word.

Herwinning

Plastiek is ‘n produk wat op enige plaas maklik tot omgewings-

besoedeling aanleiding kan gee. Op hierdie plaas word plastiekver-

pakkingsmateriaal sinvol bestuur. Die plastiek word bymekaar

gemaak en dan na die dorp geneem vir herwinning en herbenutting

of vernietiging.

Die werkers is al mooi opgelei om plastiekverpakkings te versamel

en te berg totdat daar ‘n geleentheid dorp toe is. Dit vereis egter

bietjie organisering om ‘n geleentheid dorp toe vir plastiek te kry.

Niel gebruik die instansies wat afleweringswerk doen om sommer

die plastiek wat versamel is, na die dorp te neem.

Toekoms

Hy is positief oor die toekoms. Hy glo dat daar ‘n blink toekoms vir

graanprodusente voorlê en dat die bedreiging wat grondhervor-

ming inhou, sinvol bestuur kan word. Dit is egter vir hom belangrik

dat nuwe toetreders tot die landboubedryf doeltreffende mentors

kry wat hulle kan oplei en sorg dat hulle ‘n sukses van hul besighede

sal maak.

Daar is nog baie om te vertel van dié boerdery, maar nie genoeg

spasie in hierdie artikel nie. Kontak gerus vir Niel Neethling by

082 8963 545 of Pietman Botha by 082 759 2991 as jy meer wil

hoor.

6: Die gewasse word met ‘n direkte

plant-planter geplant.

7: Niel en sy broer, Jacques, by die

werkers. Agter: Hein Toerien,

Eben Toerien, Andries Roode en

Brendon Rossouw. Middel:

Theuns October, Renaldo Ward,

Hendrik Filander, Donnie Evertson,

Tiaan Toerien, Jannie Beukes,

Burnett de Waal en Jacques Neethling.

Voor: Niel Neethling, Jenoline Beukes

en Dominique Toerien.

Integrasie verhoog wins

6

7