Background Image
Previous Page  41 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 72 Next Page
Page Background

39

May 2016

Hou ook die volgende in gedagte:

Vir plante tot so hoog soos 1 m: Gebruik ten minste 200 liter

spuitmengsel vir grondbespuiting en 30 liter vir lugbespuiting

per hektaar.

Vir plante tussen 1 m tot 1,5 m minimum hoogte: Gebruik ten

minste 200 liter spuitmengsel vir grondbespuiting en 40 liter vir

lugbespuiting per hektaar.

Vir plante hoër as 1,5 m: Gebruik ten minste 200 liter spuitmeng-

sel vir grondbespuiting en 40 liter vir lugbespuiting per hektaar.

Effektiewe toediening is krities: As die plante knie- tot heuphoogte

is, kan jy nog met ‘n trekker en spuitapparaat ingaan, wat ‘n goeie

voldekbespuiting maklik maak (met gebruik van die regte spuitpun-

te). Die mikpunt is om die boonste vyf tot ses blare skoon van myte

te hou tot en met die sagtedeegstadium van die mieliepitte. Van die

geregistreerde produkte kan ook met ‘n spilpuntbesproeiingstelsel

toegedien word.

Die spuitmengsel moet met ‘n positiewe verplasingsmeterpomp in

die besproeiingstelsel ingespuit word. As die chemiese spuitstof

nie met die spilpuntbesproeiingstelsel verbind is nie en die spuit-

mengsel word direk in die spilpuntmasjien ingespuit, moet die

spilpunt op maksimum spoed gestel word om die minimum

watervolume per hektaar neer te sit anders beland die chemiese

aktiewe bestanddele op die grond en nie op die mielieblare nie.

Die spuitmengsel moet egalig oor die teikenarea aangebring word

in ‘n voortdrywende aksie – en goeie bedekking van die teikenarea

is die sleutelwoord om hierdie plaag effektief te beheer.

Wat gemaak as jy ‘n hoë aanplanting het en die mielies is in die

pluimstadium? Al wat dan oorbly, is lugbespuiting, wat beteken

dat effektiewe bedekking van die onderste derde van die plante

moeiliker verkry word. Voor jy jou oë uitvee, is die mytpopulasie

terug en jy moet ‘n tweede keer spuit. Die syferspel raak krities en

oesverlies klop aan die deur.

Hierdie vraag gaan onmiddellik volg: Wat van toediening deur die

besproeiingstelsel? Ja, dit kan gebruik word, maar soos reeds ge-

noem, is effektiewe bedekking van die teikenarea (veral die onder-

kante van die blare) krities.

Die afloopfaktor asook die verdunningseffek van die spilpunt se

watervolume, benadeel hierdie vereiste tot ‘n baie groot mate en

sodoende word effektiewe beheer nie deur sodanige stelsels ver-

kry nie.

Opsommend

Wat moet jy weet en doen om hierdie plaag effektief in jou mielies

te beheer?

Ken die lewensiklus van die myt.

As jy die plaag in die mielieland opmerk, moet nie wag nie.

Reageer dadelik en bereken die populasie-indeks.

Effektiewe toediening is krities.

1: Volwasse tweekolspinmyte en eiers.

2: Volwasse tweekolspinmyte, nimfe en eiers.

3 tot 5: Aanvanklik vreet die myte net aan die

onderkant van die blaar, maar later word alle op-

pervlaktes van die plant aangeval. Die aanvank-

like simptome is chlorotiese spikkels of strepe

op die blare, wat dan later verkleur na geel,

bruin of brons en kan lei tot die afsterwe van die

plante as die infestasiedruk baie hoog is.

1

5

4

2

3