Background Image
Previous Page  51 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 72 Next Page
Page Background

49

May 2016

“Ons weet nou, deur meet en probeer, dat hierdie direkte plant-

sisteem vir seker werk,” noem Niel. Dit maak dus sin om dit op

droëland toe te pas – wat hulle ook doen.

Vogbewaring

Niel besef dat hulle gronde heelwat klei in die ondergrond het en

dit is bekend dat as hierdie klei eers nat is, die gewasse ‘n taam-

like droogte kan deurstaan. Die probleem is dat die buie wat die klei

moet natmaak, se tyd nie voorspel kan word nie en ook nie in ‘n

sekere seisoen voorkom nie, maar hulle weet dat daar gewoonlik

iewers in die jaar ‘n reënbui voorkom wat hierdie klei kan natmaak.

Ongelukkig loop die meeste van die water weg as daar ‘n harde

reënbui voorkom. Niel glo dat afloop minder sal wees as die grond

beter bedekking het. Die grond sal ook langer nat bly om sodoende

meer vog in die klei te kan stoor en beter oeste te kan lewer.

Met die aanwending van ‘n direkte plant-stelsel word die vog ook

beter bewaar en daar is meer vog beskikbaar vir graanproduksie.

Die materiaal op die grond help nie net vir die waterindringing nie,

maar help ook om die winderosie te beperk. ‘n Verdere voordeel is

natuurlik dat dit die grond koeler hou en sodoende vogverlies beperk.

“Vog is ons hoofbeperkende hulpbron. So op dié manier word dit

geoptimaliseer,” verduidelik Niel.

Onkruidbeheer

Onkruid is en bly ‘n probleem. Die gebruik van verskillende gewasse

maak dit moontlik om verskillende onkruiddoders se aktiewe

bestanddele aan te wend en sodoende word daar ‘n groter spek-

trum onkruide beheer – wat die opbou van weerstandigheid rede-

lik beperk.

Die gebruik van die langtermyn-weidingsgewasse ondersteun die

bestuur van wortelsiektes en verlig onkruiddruk. Dit is egter be-

langrik om veral die grasse in hierdie tyd te beheer, anders kan dit

die daaropvolgende gewasse erg benadeel. Dít werk alles mee om

hoër graanopbrengste te verkry en sodoende winsgewendheid te

verhoog.

Wisselbou

Die wisselbouprogram wat toegepas word, loop oor ‘n periode van

vyf jaar. In hierdie siklus word daar twee jaar koring en gars verbou

terwyl daar een jaar kanola verbou word.

Dit beteken dat die wisselbougewasse soos volg geplant sal word:

Indien koring die eerste jaar geplant is, word dit met gars opgevolg

en die volgende jaar word kanola verbou. Die kanola word met ko-

ring opgevolg en hierdie koring weer met gars.

Na die vyf jaar word lusern dan op hierdie land gevestig en as ‘n

weidingskamp gebruik. Die oesreste van die gewasse word lig be-

wei sodat die materiaal op die grond nie te min raak nie. As daar

beesmis beskikbaar is, sal dit op die lande gestrooi word om te help

met die opbou van die grond. Tans word die kraalmis teen 25 m³/ha

gestrooi.

Wisselbou is nie die enigste faktor wat die winsgewendheid ver-

hoog nie. Die regte bemesting op die regte plek en tyd, is net so

krities. Dit is hoekom die Neethlings al ‘n geruime tyd gelede begin

het om die bemesting in ‘n presisieboerderystelsel reg te stel en

volgens die vorige oes se onttrekkings te bemes.

3: Mielies onder besproeiing word verbou, wat dan gekuil

word om kuilvoer vir die melkery te verskaf.

4: Die besproeiingsmielies word in die koringstrooi ge-

plant. Na ‘n jaar is die koringstrooi grotendeels afgebreek.

5: Van die melkkoeie wat daagliks gemelk word. Hierdie

diere se mis word op die lande uitgestrooi om die mikro-

organismes te voed.

Integrasie

verhoog wins

3

5

4

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke