Background Image
Previous Page  40 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 72 Next Page
Page Background

Mei 2016

38

Tweekolspinmyt op mielies

– veral probleem in Noordwes Provinsie en Noord-Vrystaat

D

ie tweekolspinmyt,

Tetranychus urticae

, is ‘n moeilike

kalant. Hierdie myt kom wêreldwyd op meer as 200 gas-

heerplante voor. Dit is die mees algemene mytspesie

in die wêreld en rig groot skade op plante aan – van

landbougewasse tot potplante in die huis. Vir die doel van hierdie

artikel wil ek konsentreer op mielies, veral in die Noordwes Provinsie

en Noordwes-Vrystaat.

Dink so 15 jaar terug aan mielies in die Vryburg-omgewing: Die

mielies was gesond en het welig gegroei onder gunstige toestande.

Die situasie het egter verander toe produsente begin om mielies

onder besproeiing te plant teen hoë plantdigthede – wat soms selfs

‘n tweede aanplanting in Januarie ingesluit het. Dit is net hier waar

die mytprobleem begin het...

Die myte het op aartappellande in daardie omgewings voorge-

kom, maar is nie juis as ‘n plaag beskou nie. Dit is belangrik om te

besef dat hierdie myte in die winter onder die basstroke van kameel-

doringbome oorleef. Baie van hierdie bome staan in vleigebiede in

die omgewing van die mielielande en westewinde veroorsaak dat

die myte in die vroeë mielie-aanplantings ingewaai word.

Na afloop van pluimstoot en kopvorming, het produsente gesien

dat die mielies soms droogtestressimptome toon – die mielieblare

het sulke wit strepe gehad – maar nie te ernstig nie.

Toe kom die verrassing! Die tweede aanplantings onder besproeiing

se mielieplante lyk of dit al teen pluimstadium verdroog, al word

besproeiing gereeld toegepas. Die werkers wou nie meer in die

lande ingaan nie, hul oorpakke was byna rooi van kleur as hulle uit

die mielielande kom. Hul gesigte, ore en hande was oortrek van

klein “goggas”. Ek is versoek om die probleem te ondersoek en daar

beleef en sien ek vir die eerste keer hierdie enorme besmettings in

die mielielande.

Aangesien dit ‘n nuwe probleem is, het die produsente nie die bio-

logie van die mytspesie geken nie en nie geweet hoe om die plaag

te bestry nie, veral aangesien geen chemiese landboumiddels teen

hierdie mytplaag op mielies geregistreer was nie.

Die oplossing begin deur die plaag se lewensiklus te verstaan en

veral die tydsberekening wanneer jy moet begin optree teen die

myte in die mielies. Die volgende belangrike aspek is dan natuurlik

om te weet watter middels jy kan spuit om die plaag onder beheer

te hou.

Aanvanklik was dit geen maklike taak nie, want met verloop van tyd

het die mytplaag ooswaarts uitgebrei en elke keer het die produ-

sente nie geweet wat tref hulle nie.

Lewensiklus

Kom ons kyk eerstens na die lewensiklus van die tweekol-spinmyt.

Die volwasse wyfies is rooierig van kleur, soms strooikleurig tot

geel of groenerig. Hulle is ongeveer 0,5 mm in lengte en twee don-

ker kolle is sigbaar aan weerskante van hul lywe – vandaar die alge-

mene naam. Die volwasse mannetjies is kleiner en strooikleurig.

Die onvolwasse nimfe se kleure wissel van oranje tot rooi of groen.

Die wyfies leef ongeveer drie tot vier weke en kan tot 150 eiers

in haar leeftyd lê. Die lewensiklus kan so kort soos tien dae duur

– met veral lae humiditeit en warmer temperature, wat bevorderlik

is vir ‘n korter lewensiklus.

Skade

Die skade wat hierdie myte op mielies veroorsaak, is soos volg:

Aanvanklik vreet die myte net aan die onderkant van die blaar, maar

later word alle oppervlaktes van die plant aangeval. Die aanvank-

like simptome is chlorotiese spikkels of strepe op die blare, wat

dan later verkleur na geel, bruin of brons en kan lei tot die afsterf

van die plante as die infestasiedruk baie hoog is.

Fyn spinwebbe is soms op die blare waar die myte voed sigbaar,

maar teen daardie tyd is jou oesopbrengs reeds verlore.

Beheer

Middels

Watter middels is beskikbaar teen tweekolspinmyt op mielies? Ver-

skeie produkte is intussen geregistreer. Kies die produk wat jou pas

en volg die aanwysings op die etiket noukeurig. Voorbeelde van ge-

registreerde produkte sluit in:

Abamektien 084 CS

Amitras 200 EC + Bifentrien 100 EC tenkmengsel

Bifentrien 100 EC

Propargiet 800 EC

Die byvoeging van ‘n goeie benatter om verspreiding op die blaar-

oppervlak te verbeter, word definitief aanbeveel.

Dit is ook belangrik om te besef dat die tweekolspinmyt reeds weer-

stand teen sommige geregistreerde insekmiddels opgebou het in

ander dele en gewasse in Suid-Afrika. Gevolglik is dit van kardinale

belang om produkte met verskillende aksiemeganismes te gebruik

en af te wissel.

Tydsberekening en toedieningsparameters vir

effektiewe beheer

Begin spuit met die eerste aanduiding van ‘n infestasie. Dit is ‘n

spel met getalle. Dink daaraan: As jy 90% beheer op 100 myte kry

is die probleem opgelos. Die prentjie verander egter onder hoë

infestasiedruk...wat daarvan as daar ‘n miljoen of meer myte op die

land is? Dan beteken die 10% wat oorbly steeds derduisende myte

op die gewas.

Bereken die mytpopulasies in die gewas soos volg deur weekliks te

verken:

Ondersoek 48 plante per 15 ha.

Kies drie blare per plant. Een van die middel en twee van die

boonste deel van die stam.

Tel die aantal volwasse wyfies op die blare en ken die syfer toe

aan die volgende vlakwaardes van die totaal:

0 myte = 0

1 - 10 myte = 1

11 - 30 myte = 2

> 31 myte = 3

Die populasie-indeks word dan bereken deur al die waardes by-

mekaar te tel en deur 48 te deel.

Begin dan met die spuitaksie as die populasie-indeks ‘n waarde

van 1 bereik het.

Herhaal die bespuiting sodra ‘n duidelike toename in die popu-

lasie-indeks bespeur word.

OP PLAASVLAK

Tweekolspintmyt / Mielies / Besproeiing

Geïntegreerde plaagbeheer

JOHANN BRITS,

Villa Crop Protection