Background Image
Previous Page  54 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

52

Wêreldbekende Versatile-trekkers

nou in Suid-Afrika beskikbaar

V

ersatile-trekkers, ‘n wêreldbekende trekkervervaardiger, se

reeks trekkers is op pad Suid-Afrika toe en sal eersdaags op die

plaaslike mark beskikbaar wees. Die vervaardiger word reeds ver-

teenwoordig in Kanada, Noord-Amerika, Europa asook in Rusland

en die voormalige Oosblok-lande.

Die stap om hierdie trekkers in Suid-Afrika bekend te stel, is in lyn

met Versatile se strategie om die handelsmerk verder uit te brei en

wêreldwyd te vestig.

Versatile-trekkers word vervaardig deur Buhler Industries Inc in

Winnipeg, Manitoba, Kanada – wat in 1932 eers as ‘n implement-

vervaardiger begin het. Deur volgehoue groei en uitbreiding,

nuwe produktoevoegings en die uitkoop van ander vervaardigers,

het Buhler gegroei tot ‘n volwaardige rolspeler in die landbou-

meganisasiebedryf.

Die trekkerfabriek beslaan 65 000 m

2

en Versatile beskik ook oor

‘n trekkertoetsfasiliteit van 16 ha. Buhler-fasiliteite in ander wêreld-

dele vervaardig onder meer selfaangedrewe spuite, stropers en ‘n

reeks implemente.

Die maatskappy was die eerste vervaardiger wat reeds in 1966 ge-

artikuleerde vierwielaangedrewe trekkers kommersieel begin ver-

vaardig het. Versatile het verder ook die eerste trekker wat beide

vorentoe en agtertoe kon werk in 1977 bekend gestel. Die maatskap-

py word gekenmerk deur die gemak waarmee die trekkers versien

en gediens kan word, maar beskik tog oor die nuutste tegnologie

soos onder meer GPS-stuurstelsels, vingerpunt hidrouliese beheer

en geoutomatiseerde beheer van trekkerfunksies en ratskakeling.

Die Versatile-trekkerreeks bestaan uit drie modelreekse:

Vierwielaangedrewe geartikuleerde

trekkers

Die reeks trekkers wat plaaslik beskikbaar sal wees, bestaan uit

drie modelle met ‘n kraglewering van 336 kW - 410 kW (maksimum

lewering van tussen 373 kW en 441 kW). Die trekkers is toegerus

met die reeds beproefde turboaangedrewe, lug-tot-lug naverkoelde

Cummins QSX15-enjins wat reeds jare lank diens doen in trekkers in

Suid-Afrika.

Die kragbron is gekoppel aan die legendariese Caterpillar TA22

16 x 4-kragskuiftransmissie. Hierdie transmissie kan geprogrammeer

word vir vol outomatiese skakeling asook outomatiese ratseleksie na

gelang van die spoed waarteen die trekker beweeg.

Die trekkers is almal toegerus met driepuntstelsels en swaardiens

implementhake. Hidrouliese beheer geskied deur programmeer-

bare vingerpuntbeheer-skakeling deur vier standaard koppelings,

met ses koppelpunte as opsie, indien dit verlang word. Standaard-

vloei op die trekkers is 200 l/min, met die opsie om lewering op te

stoot na 400 l/min.

PROMOSIE-ARTIKEL

JAKES JACOBS,

Pacific Storm

1: Die kajuite van die trekkers is

ruim en kontroles is op die arm-

leuning geplaas.

2: Die Versatile 320-trekker toe-

gerus met nou bande vir plantwerk.

3: Versatile se DeltaTrac 520 gearti-

kuleerde rusperbandtrekker.

1

3

2