

– Deel 12
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Stinkkruid (
Stink weed
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom agt
Oncosiphon
-spesies in Suid-Afrika voor,
maar net
Oncosiphon suffruticosum
(klein stinkkruid)
en
O. grandiflorus
(groot stinkkruid) word beskou as al-
gemene onkruide in die winterreënvalstreek. Dit is nie
‘n baie sterk kompeteerder nie, maar waar dit in digte
stande voorkom, kan dit erg met gewasse kompeteer.
In hierdie artikel sal hoofsaaklik gekonsentreer word op inligting
rakende klein stinkkruid, omdat dit ook in ander wêrelddele onkruid-
status verwerf het.
Stinkkruid is ‘n onkruid van graanlande, weidingslande, oulande,
padreserwes en versteurde areas. Dit is onsmaaklik en word selde
gevreet as gevolg van die sterk reuk van die blare. Die smaak van
melk en vleis word negatief beïnvloed wanneer diere dit vreet. Dit
het talle medisinale eienskappe en word vandag nog deur sekere
dele van die bevolking gebruik vir onder andere maagkrampe,
verkoue, griep, longontsteking, intestinale wurms, tifus- en rumatiek-
koors, asma en as ‘n tonikum om te help met vertering. ‘n Kompres
van die blare word ook uitwendig aangewend vir inflammasie en
skerpioenbyte.
Stinkkruid is ‘n regopgroeiende, aromatiese, eenjarige kruid wat
tot 500 mm hoog kan groei. Die blare is fyn ingesny, tot 40 mm
lank, met ‘n sterk reuk. Die bloeihofies het slegs geel buisblomme,
is 3 mm - 7 mm in deursneë en word in groepies aan die punte
van takke gedra. Die omwindsel skutblare is in vier rye gerangskik.
Die vrugte is klein, gerib en bruinerig met ‘n ring witterige skubbe
aan die een kant.
Voorkoms en verspreiding
Stinkkruid is inheems aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die
Namibiese grens tot ongeveer naby Gansbaai. Klein stinkkruid is
ook as ‘n onkruid in Australië en Noord-Amerika aangeteken. Daar
word vermoed dat dit Australië in 1922 saam met droogtevoer uit
Suid-Afrika binnegekom het. Stinkkruid plant net met saad voort.
Duisende sade per plant word geproduseer, maar omdat die sade
nie verspreidingsaanpassings het nie, versprei dit stadig na nuwe
gebiede. Waar dit wel reeds voorkom, kan baie digte stande van
stinkkruid vestig.
Die saad bly rustend deur die somer en die meeste ontkiem tydens
die daaropvolgende herfsseisoen; ‘n klein persentasie kan egter
vir tot drie jaar in die grond oorleef. Stinkkruid se saad kan deur
klere, skoene, masjinerie, gewas- en weidingsaad en voer versprei
word. Oor die algemeen word dit waarskynlik die meeste saam
met voergewasse oor lang afstande versprei. Stinkkruid verkies
sanderige gronde, maar kan ook op swaarder gronde voorkom.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir stinkkruid geregistreer is, wat
genoem word in die publikasie
A guide for the chemical control
of weeds in South Africa
, word in
Tabel 1
aangetoon. Die lys in
Tabel 1 is ‘n samevoeging van middels wat teen klein sowel as
groot stinkkruid geregistreer is.
Daar is aangeneem dat middels wat teen die een effektief is, ook
teen die ander een effektief sal wees. Ook is ‘n paar onkruiddoders
en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat die gids gepub-
liseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddoders wat nie
spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie, maar wat wel
effektief teen stinkkruid is as daar nie weerstand is nie. Stinkkruid
is redelik gevoelig vir ALS-inhibeerders, glifosaat en hormoontipe
onkruiddoders.
Wetenskaplike naam:
Oncosiphon suffruticosum
Afrikaanse naam:
Stinkkruid
Engelse naam:
Stink weed
47
May 2015
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
1: Stinkkruidsaailinge.
2: Stinkkruidplante in die veld.
3: Blomme van stinkkruid.
1
2
3