Background Image
Previous Page  60 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

58

Newe-effekte vir mens en dier

Dit is byna onmoontlik om wat betref menslike gesondheid, die

verlies in randwaarde as gevolg van mikotoksiene te bepaal. Vol-

gens die Wêreldbank kan gesondheidsprobleme wat deur mikotok-

siene veroorsaak word, mense se lewensverwagting met tot

40% verminder. In 2004 is daar meer as 125 mense oorlede in Kenia

as gevolg van aflatoksienvergiftiging.

Hierdie mense se mieliegraan het op die land besmet geraak en as

gevolg van die inname van die besmette graan het hulle simptome

van geelsig, kroniese lewersiekte en hepatitis getoon. In studies is

daar aangedui dat ongeveer 98% van die bevolking in Wes-Afrika

aan aflatoksiene blootgestel is. Fumonisiene word statisties verbind

met keelkanker in die landelike gebiede van Suid-Afrika waar mense

besmette mielies wat hulle terughou eet.

Perde is baie sensitief vir fumonisiene en tipiese simptome wat

oor ‘n tydperk van besmette inname waargeneem word, is gate en

bloeding van die brein. Sigbaar-besmette graan word dikwels vir

vee en pluimvee gevoer, wat dan mikotoksikose tot gevolg het

(Tabel 1). Mikotoksiene in gekontamineerde voer word gemetaboli-

seer en kan in melk, vleis en eiers opgespoor word.

Mikotoksienvlakke in dierprodukte sal egter in laer konsentrasies

voorkom as in grane wat op die land geproduseer is. Suid-Afrika

se wetgewing bepaal dat die limiet van aflatoksien M1 in melk

0,05 dpb moet wees.

Opsomming

Ons het goeie kommersiële graangraderingstelsels in Suid-Afrika

wat die mikotoksiengevaar vir verbruikers tot die minimum probeer

beperk. Mense en diere in landelike gebiede (bestaansboere en

kleinboere) is nie onderhewig aan graderingstelsels nie en is

blootgestel aan moontlike mikotoksienbesmetting.

Ons kan slegs spekuleer wat die verlies in randwaarde as gevolg van

mikotoksiene daar kan wees.

As ons in ag neem dat daar ‘n afname in die hoeveelheid beskik-

bare kos en voer is, laer produktiwiteit, verlies aan buitelandse

valuta, inspeksiekoste, monsterneming en analises voor en ná

uitvoere, navorsing, opleiding, bewusmaking en detoksifisering om

net ‘n paar te noem, kyk ons maklik na miljarde rande se verliese

elke jaar.

Hierdie verlies raak elkeen in Suid-Afrika waar dit die seerste maak:

Ons beursies. Volgehoue navorsing op mikotoksiene is vir die LNR-

Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) van uiterste belang.

Die LNR-IGG bedank graag die Mielietrust, LNR en NRF vir volge-

houe befondsing wat ons in staat stel om, in

samewerking met produsente, veiligheid en voort-

gesette voedselproduksie moontlik te maak tot voor-

deel van die eindgebruikers van grane.

4: Swak graangehalte as gevolg van swambesmetting.

Hoe mikotoksiene ons

beursies beroof

4

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer