Background Image
Previous Page  58 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

56

Hoe mikotoksiene ons

beursies beroof

M

ikotoksiene (toksiene wat deur swamme geproduseer

word) is van ekonomiese belang in koring, mielies,

grondbone en ander neute asook koffie en wyn. Vol-

gens die Food and Agriculture Organisation (FAO) word

25% van die wêreld se oeste jaarliks met mikotoksiene besmet.

Die belangrikste mikotoksiene in ons grane is fumonisiene, aflatok-

siene, zearalenoon, nivalenol en deoksinivalenol (

Tabel 1

). In hierdie

artikel gaan ons ekonomiese verliese as gevolg van plantsiektes, ‘n

verlaging in graankwaliteit, mikotoksienbesmetting asook die newe-

effekte daarvan in mens en dier bespreek.

Plantsiektes

Swamme wat mikotoksiene kan produseer is ook verantwoordelik

vir wortel- en stamsiektes asook besmetting van graan. Wortelvrot

vind dikwels ongesiens plaas en produsente is dus onbewus van

die probleem. Geaffekteerde plante se wortelstelsels sal baie

kleiner (

Foto 1

) wees, minder absorpsie van water en voedingstow-

we sal plaasvind, met negatiewe gevolge op latere groei en graan-

vul. Stamvrot lei tot die afbreek van die stamweefsel (

Foto 2

) en

dikwels ‘n verkleuring van die stamnodes. Die weefselstruktuur

verswak en lei dan tot omval (

Foto 3

) van plante. Ekstra koste word

dikwels aangegaan om die plante op te lig sodat die graan geoes

kan word.

Verlaging in graankwaliteit

Wanneer ‘n swam graan infekteer, word die stysel van die graan

afgebreek en dit lei tot swak graankwaliteit (

Foto 4

), ‘n swak graan-

gradering en graanvragte wat selfs van die hand gewys kan word.

Mikotoksienbesmetting

Die voorkoming of vermindering van mikotoksiene begin reeds

vanaf plant totdat die finale produk gereed is vir mens en dier om te

gebruik. Daar moet op ‘n geïntegreerde bestuurstelsel staatgemaak

word om mikotoksiene te verminder. Voorkomende praktyke kan

toegepas word, soos onder andere saadbehandeling, die beheer

van stamboorders (vektors van swamme), toediening van plant-

voeding in die grond, aangepaste plantdigthede vir die spesifieke

klimaat en kultivar, sanitasie (verwyder stoppel en ander plant-

materiaal), minimum meganiese beskadiging van plante asook vol-

doende water.

Hierdie voorkomende praktyke sal veral help om die infeksie van

F. verticillioides

(produseer fumonisien) asook

F. graminearum

spp.-

kompleks swamme (produseer zearalenone, nivalenol en

deoxynivalenol) in graan te verminder. Die

Aspergillus

spp. (ver-

oorsaak aflatoksiene) swam-infeksies kan problematies wees voor-

sowel as na-oes.

Uit vorige navorsing het ons gevind dat kommersiële mielies veilig

is rakende

Aspergillus

spp.-infeksie asook aflatoksiene. Daar is

wel aflatoksienvlakke in bestaansboere se mielies gekwantifiseer

(Makhanisi en Mbazwane in noordelike KwaZulu-Natal en Port

Shepstone aan die KwaZulu-Natalse suidkus).

Hierdie vlakke van aflatoksiene was dan wel hoër as die toelaat-

bare vlakke vir menslike inname, soos bepaal deur die Suid-

Afrikaanse Departement van Gesondheid (tien dele per miljard),

die Food and Drug Administration (FDA) (20 dele per miljard) en die

Europese Kommissie (ses dele per miljard).

Die groot kopseer is egter die besmetting van graan voor- en

na-oes. Daar word na raming $3 miljard per jaar se verliese in

Amerika gely as gevolg van mikotoksiene, waaronder aflatoksiene

verantwoordelik is vir $225 miljoen se verliese. Hierdie koste

word gedra deur graanprodusente (voorkomende maatreëls),

veeprodusente (vertraagde groei, braking, siektes en abortering

van diere) en graanhandelaars en -verspreiders (duur koste van

mikotoksientoetse, bergingstoetstande tydens stoor en vervoer

asook laer randwaarde vir gekontamineerde graan).

Verwerkers se onkoste sal in sommige gevalle sortering, detok-

sifisering, vermenging en fermentering insluit. Al hierdie opeen-

hopende onkoste word uiteindelik op die verbruiker afgewentel.

Aan die einde van die dag betaal verbruikers duurder vir graan

en graanprodukte (vir menslike en dierlike gebruik). Tans is daar

nie wetgewing in Suid-Afrika vir die minimum toelaatbare vlakke

rakende fumonisien, nivalenol en deoksinivalenol nie. Suid-Afrika

volg die riglyne van die Food and Drug Administration van Amerika

(FDA). Suid-Afrikaanse wetgewing bepaal ‘n minimum vlak van vyf

dele per miljard (5 dpb) aflatoksien B1 in grondbone vir menslike

gebruik (Tabel 1). Die minimum toelaatbare vlakke van mikotok-

siene verskil van land tot land en dit het ook ‘n groot impak op die

uitvoer van graan en voedselprodukte.

Die Europese Unie het byvoorbeeld ‘n minimum toelaatbare vlak

van 2 dpb aflatoksien B1 in grondbone. ‘n Grondboonbesending

wat dus aan die minimum vlak van 5 dpb aflatoksien B1 voldoen,

sal in Suid-Afrika aanvaar word, maar word dan afgekeur vir uitvoer

na Europa indien die aflatoksienvlak bokant 2 dpb is.

OP PLAASVLAK

Mikotoksiene / Ekonomiese belang

Geïntegreerde plaagbeheer

BELINDA JANSE VAN RENSBURG,

LNR-Instituut vir Graangewasse

Mense en diere in landelike

gebiede is nie onderhewig

aan graderingstelsels nie en

is blootgestel aan moontlike

mikotoksienbesmetting.