Background Image
Previous Page  55 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 92 Next Page
Page Background

-$.(6 -$&2%6

ZZZ YHUVDWLOH DJ FRP

1$032

6WDQGSODDV

‘n Uitstaande kenmerk van die trekkers is dat hulle van ‘n swaar-

diens

outboard planetary

finale aandryfstelsel gebruik maak.

Versatile-ingenieurs het die aste in die 1970’s ontwerp en dit is

bekend vir robuustheid en eenvoud asook die gemak waarmee dit

versien kan word.

DeltaTrac geartikuleerde

rusperbandtrekkers

Hierdie reeks trekkers is ontwikkel in samewerking met Camoplast,

die voorste vervaardiger wat rusperbandtegnologie betref. Die

trekkers het kraglewering wat ooreenstem met dié van hulle wiel-

gedrewe stalmaats.

Die rusperbandontwerp word gekenmerk deurdat daar geen

bogy

wiel direk onder die aandryf-as geplaas is nie. Sodoende word beter

rygerief verseker. Aandrywing word oorgedra deur

lugs

op die

rusperband in teenstelling met die kontakaandrywing van sommige

ander vervaardigers. Daar is deurentyd sewe

lugs

wat aandrywing

oordra op enige gegewe tyd.

Die DeltaTrac se aste is aan die raam gemonteer en versterk om

skokke van elke rusperband te absorbeer en sodoende langer band-

leeftyd en laer onderhoud te verseker. Dít, tesame met die feit

dat die trekker ook van die

outboard planetary

aandryfstelsel ge-

bruik maak, verseker dat die aandrywing na die rusperbande teen

‘n konstante wringkrag plaasvind, wat op sy beurt verseker dat

krag na die rusperbande nie onderbreek word nie.

Met dieseltenks wat in die middel van die trekker gemonteer is,

is die belading van die trekker vereenvoudig. Die tenk se kapasiteit

is 1 800 liter. Die DeltaTrac is beskikbaar met ‘n kruipratkas wat veral

handig te pas kom by spesiale applikasies, soos onder meer die

installering van dreineringspype in lande.

Rygewastrekker

Die vasteraamtrekkers se kraglewering is tussen 194 kW en 231 kW

(maksimum lewering tussen 221 kW en 254 kW). Die kragbron

is weer eens van Cummins, maar in hierdie geval ‘n QSC8.3. ‘n

Uitstaande kenmerk van die trekkers, is dat dit toegerus kan word

met ‘n hoëvloei hidrouliese pomp met ‘n lewering van tot 284 l/min

om veral aan die vereistes vir die aandrywing van wyespanplanters

te kan voldoen.

Hierdie trekkers is beskikbaar met ‘n verskeidenheid bandop-

sies om vir elke moontlike taak voorsiening te maak. Dit word

standaard toegerus met vingerpunt hidrouliese beheer asook ‘n

goukoppelstuk vir die driepunt. Die trekkers beskik oor ‘n hysver-

moë van 8 550 kg.

Handelaarsnetwerk en rugsteuning

Pacific Storm Properties rugsteun hierdie trekkers en voer dit

in; hulle is onder meer ook verantwoordelik vir die vestiging van

Orthman-strookbewerking in Suid-Afrika asook die invoer van die

AWS-lugstelsel wat op stropertafels gemonteer word vir die stroop

van onder meer sojabone.

Die invoer van die trekkers word ten volle gerugsteun deur die

fabriek in Kanada en die trekkers geniet ‘n waarborg van

twee jaar/2 000 uur. Kom besigtig hierdie trekkerreeks op stand-

plaas 204 by vanjaar se Graan SA NAMPO Oesdag, waar die verteen-

woordigers van Versatile in Kanada ook teenwoordig sal wees.

Die handelaarsnetwerk bestaan uit handelaars in die Noordwes

Provinsie (Lichtenburg), Wes-Vrystaat (Bultfontein/Bothaville/

Hoopstad), Oos-Vrystaat (Bethlehem) en Mpumalanga (Balfour).

Vir enige verdere navrae, kan Jakes Jacobs geskakel word by

076 400 7801.