Background Image
Previous Page  50 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 92 Next Page
Page Background

Met

DEKALB

®-saad as deel van

jou boerdery,

sorg jy vandag

reeds vir die dag vanmôre,

omdat jy weet, met

DEKALB

®

plant jy sukses. Ons tegnologie

en navorsing gerugsteun deur

spanwerk en professionele

advies dra by tot jou volgehoue

sukses, nie net vandag nie,

maar ook in die toekoms.

Geelmielies

Nuwe kultivar

DKC61-94BR

DKC80-40BR GEN

DKC80-12B GEN

DKC80-30R

DKC62-80BR GEN

DKC64-78BR GEN

DKC73-76R

DKC62-84R

DKC73-74BR GEN

DKC73-70B GEN

DKC73-72

DKC66-32B

DKC66-36R

DKC80-10

DKC61-90

Bestaande kultivars

PLANT JOU SUKSES

®

Monsanto tel: 011 790-8200 |

www.monsanto.co.za

Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200

of

customercare.sa@monsanto.com

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.

uppe marketing A11594/SAG

Volgens

www.weedscience.org

is daar in 2004 weerstand teen

metsulfuron methyl in klein stinkkruid in Suid-Australië waargeneem.

Daar is ook in Suid-Afrika weerstand teen van die sulfonielureas

(SU’s) waargeneem in stinkkruid en na bewering is daar dele in die

Swartland waar geen SU’s meer effektief is nie. Indien iets soos

bromoxynil egter saam met ‘n sulfonielurea toegedien word (indien

so geregistreer), word daar steeds baie goeie beheer verkry.

Dit is nietemin belangrik dat maatreëls toegepas word om te ver-

hoed dat weerstand teen onkruiddoders ontwikkel. Dra dus sorg

dat enige onkruiddoder onder goeie spuittoestande en die korrekte

dosis toegedien word op onkruid wat nie groter as die vierblaar-

stadium is nie.

Te hoë en te lae dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teiken-

setel- en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die

gebruik van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as moontlik af

met ander onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander

woorde in ‘n ander werkswysegroep).

Alternatiewe beheer

Met die oog op die voorkoming en bestuur van onkruiddoderweer-

stand is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer

staatgemaak word nie. Daar is in Australië gevind dat laat bewer-

king en uitgestelde saaidatums redelike beheer van stinkkruid

gee. Stinkkruid vestig slegs op kaal grond, dus sal goeie weidings-

beheer wat ‘n redelike grondbedekking handhaaf, ook help om

stinkkruidpopulasies onder beheer te hou. Goed kompeterende

gewasse wat vinnig vestig kan ook getalle verminder.

Bedankings en verwysings

Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en voorstel-

le ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns (Universi-

teit van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnre Org Lotter

(Bayer CropScience), Jim McDermott (Du Pont), Hannes Schoeman

(Monsanto), Frik Potgieter (Nulandis) en Dirk van Eeden (Terason).

Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die

publikasie

A guide to the chemical control of weeds in South Africa

:

A CropLife South Africa Compendium. Bestel by

info@cropsolu-

tions.co.za

of 011 079 4199.

Inligting oor die morfologie en voorkoms van die plant is verkry by

www.plantzafrica.com/plantnop/oncosiphsuff.htm .

Lesers kan die

pamflet

Volhoubare gewasproduksie in die teenwoordigheid van

onkruiddoderweerstand

ook in PDF-formaat verkry van die skrywer

van hierdie artikel by

pjp@sun.ac.za .

Dit is ook (in Engels) beskikbaar by die CropLife SA-webtuiste:

http://

www.croplife.co.za/Portals/13/Croplife_Documents/Sustainable%20

crop%20produc tion%20 in%20 the%20presence%20of%20

herbicide%20resistance.pdf).

Alternatiewe bronne van inligting

http://www.pir.sa.gov.au/biosecurity/weeds_

and_ pest_ animals/

plant_ pests_in_south_australia/plant_ policies/pest_weed_ policies/

declared_plants_2/calomba_daisy_policy.pdf.

http://www.herbiguide.com.au/Descriptions/hg_Calomba_Daisy.

htm.

ONKRUIDE IN DIE WINTERREËNVALSTREEK

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer