Background Image
Previous Page  27 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 92 Next Page
Page Background

25

May 2015

bate, wees. Vir na-waardasiedatum-bates sal daar dus nie ‘n keuse

vir die berekening van die basiskoste beskikbaar wees nie en is dit

daarom van uiterste belang dat dokumentasie ter stawing van die

koste behoorlik bewaar word.

Watter bates is vrygestel van kapitaal-

winsbelasting

Sekere bates is vrygestel van kapitaalwinsbelasting, soos sekere

persoonlike gebruiksbates wat nie by die beoefening van ‘n bedryf

aangewend word nie. Die wetgewing maak egter voorsiening daar-

voor dat goud- (byvoorbeeld Krugerrande) of platinum muntstukke,

onroerende eiendom, ‘n vliegtuig met ‘n leë massa van meer as

450 kg, ‘n boot wat langer as 10 m is en finansiële instrumente spesi-

fiek van dié vrystelling uitgesluit is. Met ander woorde by die beskik-

king van hierdie bates sal die kapitale wins onderworpe wees aan

kapitaalwinsbelasting.

Bedrae ontvang as gevolg van plaaslike kompetisies of loterye, af-

treevoordele en opbrengste ontvang vanaf lewensversekerings-

polisse waarvan jy die oorspronklike eienaar is, is vrygestel van

kapitaalwinsbelasting.

Die wetgewing het ‘n aantal bepalings rondom die hantering

van ‘n persoon se primêre woonhuis. Die wins of verlies (tot

en met R2 miljoen) met die verkoop van jou primêre woonhuis,

sal byvoorbeeld nie onderworpe wees aan kapitaalwinsbelas-

ting nie, op voorwaarde dat die eiendom in jou eie naam gere-

gistreer is en jy dit vir private huishoudelike doeleindes gebruik.

Indien jy dus byvoorbeeld jou woonhuis verhuur en jy woon in

jou strandhuis, sal die kapitale wins by die verkoop van die woon-

huis wat jy verhuur het, onderworpe wees aan kapitaalwins-

belasting, omrede jy dit nie meer gebruik het vir huishoudelike

doeleindes nie.

‘n Belastingpligtige kan slegs een primêre woning op ‘n tydstip hê

en die grond waarop die eiendom geleë is, word vir die doeleindes

van dié vrystelling beperk tot twee hektaar. Die vrystelling sal ook

pro rata verminder word vir enige periode waartydens jy nie woon-

agtig was in jou primêre woonhuis nie of indien jy ‘n gedeelte van die

woning vir besigheidsdoeleindes gebruik.

Bogenoemde bepalings raak ook veral plaaseiendomme omrede

die wins of verlies met die beskikking van plaaseiendomme onder-

worpe sal wees aan kapitaalwinsbelasting. Die waardasie (en die

verkoopprys) van plaaseiendomme kan moontlik voorsiening maak

vir die afsonderlike spesifisering van die woning en daarmee saam

twee hektaar grond om sodoende die vrystelling van R2 miljoen te

kan benut.

Aan die ander kant is dit natuurlik so dat kopers van plaaseien-

domme waarskynlik nie bereid sou wees om afsonderlik te betaal vir

die woonhuis nie, aangesien dit nadelige Belasting op Toegevoegde

Waarde implikasies vir sodanige kopers kan inhou.

Wonings word in die algemeen deur individue gekoop deur middel

van ‘n trust, maatskappy of beslote korporasie. By die beskikking van

sulke wonings sal die trust, maatskappy of beslote korporasie ten

volle onderworpe wees aan kapitaalwinsbelasting, aangesien slegs

natuurlike persone die R2 miljoen-vrystelling kan geniet.

Verder is dit ook moontlik dat die kapitale wins by die beskikking van

‘n “kleinbesigheidsbate” tot ‘n maksimum bedrag van R1,8 miljoen

vrygestel kan wees van kapitaalwinsbelasting. ‘n Kleinsakebesigheid

word in die wet omskryf as ‘n besigheid waarvan die totale mark-

waarde van die bates nie R10 miljoen op die datum van beskikking

oorskry nie. Daar is ook sekere ander vereistes waaraan voldoen

moet word. Die vraag ontstaan nou of ‘n boerdery ook as ‘n klein-

besigheidsbate kan kwalifiseer en sodoende kwalifiseer vir hierdie

gunstige vrystelling. Indien ‘n persoon voldoen aan al die vereistes

soos gestipuleer in die wet, is dit waarskynlik moontlik dat ‘n pro-

dusent ook vir hierdie vrystelling kan kwalifiseer.

Wat gebeur by afsterwe

Die geagte beskikkingsreëls bepaal onder andere dat, by afsterwe,

INSLUITINGSKOERS MARGINALE KOERS EFFEKTIEWE KAPITAALWINSBELASTINGKOERS

Natuurlike persone

33,3%

0% - 41%

0% - 13,65%

Trusts

66,6%

41%

27,31%

Spesiale trusts

33,3%

0% - 41%

0% - 13,65%

Maatskappye

66,6%

28%

18,65%

Beslote korporasies

66,6%

28%

18,65%

TABEL 1: INSLUITINGSKOERSE.