Background Image
Previous Page  23 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 92 Next Page
Page Background

21

May 2015

Met die intrede van kapitaalwinsbelasting is

die meeste persone skepties oor die gebruik

van ‘n trust omrede die effektiewe kapi-

taalwinsbelastingkoers vir trusts 27,31% is

(41% marginaal teen ‘n insluitingskoers van

66,6%) teenoor die 0% - 13,65% van indivi-

due. Die gebruik van ‘n diskresionêre trust

kan egter hierdie probleem oorkom deurdat

kapitaalwins in ‘n trust moontlik toegeken

kan word na die begunstigdes, wat dan tot

gevolg sal hê dat die maksimum effektiewe

koers van kapitaalwins 13,65% sal wees.

Erfopvolging

Soos reeds genoem, moet belastingbespa-

ring nie die enigste oogmerk wees in ‘n

boedelplan nie en daarom is erfopvol-

ging ‘n belangrike vraagstuk wat ‘n pro-

dusent moet aanspreek. Deur te versuim

om te beplan vir erfopvolging van jou

boerdery kan vir die nageslag ernstige

gevolge inhou.

Erfopvolgingbeplanning moet reeds ge-

skied terwyl die produsent leef en dit moet

die gaping aanspreek van waar die boerdery

tans is en waarheen dit moet gaan. Hierdie

proses is ‘n familieproses en alle lede van

die familie moet insae en kennis van die be-

planning dra.

Deur die gebruik van trusts en boerderyven-

nootskappe kan ‘n boerdery so gestruk-

tureer word dat dit die oorgang van ‘n

boerdery na die nageslag vergemaklik. In

erfopvolging speel die testament ‘n be-

langrike rol: Net soos wat die testament

gereeld nagegaan moet word, moet die

erfopvolgingsplan ook nagegaan word en

aangepas word soos tyd verloop.

Testament

‘n Boedelplan moet goed deurdink word om

gestalte te gee aan die erflater se wense en

daarom moet ‘n persoon ‘n goedbeplande

testament saamstel wat uiteensit hoe die

boedel tussen erfgename verdeel moet

word. ‘n Weldeurdagte testament verhoed

konflik tussen naasbestaandes, ongewen-

ste finansiële implikasies en vertragings met

die afhandeling van die boedel.

Daar moet egter in gedagte gehou word dat

die opstel en hersiening van ‘n testament ‘n

deurlopende proses is. ‘n Testament moet

gereeld hersien en aangepas word by ver-

anderde omstandighede ten einde aan hier-

die vereistes te voldoen.

Ten slotte

Boedelbeplanning, wat beteken deurlo-

pende langtermynbeplanning, is nodig vir

alle produsente, afgesien van die grootte

van jou boedel. Jou boedelbeplanning moet

gereeld hersien en waar nodig aangepas

word om by jou veranderende omstandig-

hede of gewysigde wetgewing aan te pas.

Hesna Rheeder van PwC spesialiseer in be-

lasting. By PwC het ons die nodige kundig-

heid en ondervinding om jou behulpsaam

te wees met behoorlike belastingbeplan-

ning. Skakel ons gerus by 051 503 4100 vir

verdere inligting of besoek ons kantore by

Tweedelaan 61, Bloemfontein. Gert Nel is ‘n

afgetrede direkteur van PwC en medeskry-

wer van hierdie artikel. Hierdie artikel word

deur PwC verskaf, slegs vir inligtingsdoel-

eindes. Dit verteenwoordig geensins die

voorsiening van professionele advies nie.

Die inligting bevat in hierdie artikel behoort

nie konsultasie met professionele adviseurs

te vervang nie. Raadpleeg eers ‘n profes-

sionele adviseur wat voorsien is van al die

relevante feite met betrekking tot jou spesi-

fieke situasie voordat enige besluite of op-

tredes geneem word.

Geen aanspreeklikheid word deur die skry-

wer, kopiereghouer of uitgewer aanvaar

teenoor enige persoon vir enige verlies

wat ontstaan as gevolg van optrede of nie-

optrede op grond van die inhoud van hierdie

artikel nie.

© 2015 PricewaterhouseCoopers (PwC),

die Suid-Afrikaanse firma. Alle regte voor-

behou. In hierdie dokument verwys “PwC”

na PricewaterhouseCoopers in Suid-Afrika,

wat ‘n lidfirma van PricewaterhouseCoopers

International Limited (“PwCIL”) is, waarvan

elke lidfirma ‘n aparte regsentiteit is

en nie as ‘n agent van PwCIL optree nie.

(13-13166)

Erfopvolgbeplanning moet reeds geskied terwyl die produsent leef en dit moet die gaping aanspreek van waar die boerdery tans is en waarheen dit

moet gaan.