Background Image
Previous Page  22 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

20

FOKUS

op saad

Spesiale

Produk-inligting

Gelds ke en finansiële dienste

Boedelbelastingbeplanning

deur die gebruik van verskillende ondernemingsvorme

V

ir boedelbeplanning is die bespa-

ring van belasting ‘n belangrike

oorweging en is die oogmerk om

die potensiële belastingaanspreek-

likheid van die erflater en erfgename so laag

as moontlik te hou. Hierdie aspek is baie

belangrik, want dit raak die volhoubaarheid

van die boerdery direk.

Daar moet egter ook nie van ander faktore

in die boedelplan vergeet word nie, byvoor-

beeld die praktiese uitvoerbaarheid, regs-

aanspreeklikheid, saamboerdery, erfopvol-

ging, familiebetrekkinge en versekering. ‘n

Produsent is nie noodwendig ‘n kenner op

al die gebiede nie en daarom behoort boe-

delbeplanning in samewerking met regs-

geleerdes, landboukundiges, rekenmeesters

en finansiële beplanners gedoen te word.

By boedelbeplanning is daar verskeie be-

lastings wat ter sprake kan wees, naamlik:

Inkomstebelasting

Boedelbelasting

Kapitaalwinsbelasting

Skenkingsbelasting

Hereregte

Seëlregte

Belasting op toegevoegde waarde

In die boedelplan van ‘n persoon kan van

verskillende ondernemingsvorme gebruik

gemaak word. Vervolgens bespreek ons

kortliks die gebruik van verskillende

ondernemingsvorme vir doeleindes van

boedelbeplanning.

Eenmansaak

Uit ‘n boedelbeplanningsoogpunt, hou die

eenmansaak geen voordele in nie omrede

die bates van hierdie tipe onderneming aan

die eienaar behoort en die groei van die

bates dus in sy boedel plaasvind.

Geen besparing op boedel- en kapitaal-

winsbelasting kan dus bewerkstellig word

met die gebruik van ‘n eenmansaak nie. Vir

inkomstebelastingdoeleindes, in die geval

van ‘n boerdery, is daar egter die voordeel

van nivellering wat deur slegs natuurlike

persone gebruik kan word. Dit beteken dat

‘n persoon se jaarlikse belasting gelykmatig

vasgestel word indien sy inkomste van jaar

tot jaar fluktueer.

Vir ‘n produsent wat met lewende hawe

boer is daar by afsterwe wesenlike inkom-

stebelastingvoordele, welke voordele deur

sy erfgename benut kan word.

Vennootskap

‘n Vennootskap is niks anders nie as die

samevoeging van twee of meer persone

(beperk tot 20), wat kontraktueel verbind is

om ‘n besigheid gesamentlik te bedryf.

‘n Vennootskap hou nie veel boedelbeplan-

ningsgeleenthede in nie omrede die bates

en laste nie die vennootskap s’n is nie, maar

die vennote s’n. ‘n Vennootskap kan wel ge-

bruik word om ‘n beter belastingstruktuur

daar te stel deur ander ondernemingsvorme

ook te gebruik, byvoorbeeld ‘n individu wat

met sy trust of maatskappy in ‘n vennoot-

skap handel.

Vir inkomstebelastingdoeleindes kan ‘n

vennootskap voordelig gebruik word waar

lede van ‘n gesin byvoorbeeld saam boer.

Inkomste kan gunstig verdeel word tussen

verskillende persone wat die belasting-

aanspreeklikheid kan verlaag.

Maatskappy

‘n Maatskappy is ‘n afsonderlike regsper-

soon en handel dus geheel en al afsonderlik

van sy lede. Anders as in die geval van ‘n

eenmansaak of vennootskap is die bates en

laste dié van die maatskappy en nie dié van

die aandeelhouers nie.

Maatskappye word vir inkomstebelasting-

doeleindes belas teen ‘n vaste koers van

28% en indien fondse uitgekeer word aan die

aandeelhouers, kan dividendbelasting teen ‘n

koers van 15% moontlik ter sprake wees.

Die grootste voordeel van ‘n maatskappy

is dat dit aan die aandeelhouers beperkte

aanspreeklikheid bied.

Uit ‘n boedelbeplanningsoogpunt bied ‘n

maatskappy ook nie veel voordele nie

aangesien die waarde van die aandele die

netto batewaarde van die maatskappy ver-

teenwoordig en die aandele deel van ‘n

aandeelhouer se boedel vorm.

Beslote korporasie

‘n Beslote korporasie is ook ‘n afsonder-

like regspersoon, maar is ‘n eenvoudiger

ondernemingsvorm as ‘n maatskappy. Let

egter daarop dat ‘n nuwe beslote korporasie

nie meer ingelyf kan word nie en die lede

van ‘n beslote korporasie is beperk tot lede.

Indien ‘n trust ‘n lid is van ‘n beslote korpo-

rasie, word die begunstigdes van die trust

getel om die aantal lede te bepaal.

‘n Beslote korporasie word vir belastingdoel-

eindes as ‘n privaat maatskappy geag. Die

belastinghantering van ‘n beslote korporasie

is dus dieselfde as dié van ‘n maatskappy.

Soos in die geval van ‘n maatskappy, hou

‘n beslote korporasie ook nie veel nut in vir

boedelbeplanning nie aangesien die belang

in die beslote korporasie ook deel vorm van

‘n persoon se boedelbates.

Trust

Vir boedel- en belastingbeplanning is ‘n

trust steeds ‘n baie nuttige instrument.

Trustbates vorm nie deel van die boedel

van die trustees of begunstigdes nie (indien

dit nie in hulle vestig nie) en daarom is dit

moontlik om boedelgroei in ‘n individu se

hande te beperk sonder om volle beheer oor

die bates af te staan.

‘n Trust kan onder andere onder een van die

volgende kategorieë van trusts val:

Testamentêre trust – word deur mid-

del van ‘n testament geskep en kom tot

stand by afsterwe van die erflater.

Inter vivos trust – word gedurende die

leeftyd van ‘n individu geskep.

Verder kan ‘n trust verskillende indelings

en benamings bevat waarvan die volgende

deel kan wees:

Diskresionêr – die verdeling van inkom-

ste en kapitaal aan die begunstigdes

word bepaal kragtens die diskresie ver-

leen aan trustees.

Bewind – die begunstigdes het ‘n geves-

tigde reg op die trustbates.

HESNA RHEEDER,

assosiaat direkteur, PricewaterhouseCoopers en

GERT NEL

, konsultant, PricewaterhouseCoopers