Mei 2015
24
FOKUS
op saad
Spesiale
Produk-inligting
Gelds ke en finansiële dienste
Kapitaalwinsbelasting: ‘n Realiteit
K
apitaalwinsbelasting is reeds vanaf 1 Oktober 2001 ‘n
realiteit in Suid-Afrika en word bereken volgens die bepa-
lings van die Agtste Bylae van die Inkomstebelastingwet.
Die belasbare kapitaalwins, soos bereken deur die toepas-
sing van hierdie wetgewing, word by die belasbare inkomste van ‘n
belastingpligtige gevoeg ten einde sy/haar totale inkomstebelasting-
aanspreeklikheid vir ‘n belastingjaar vas te stel.
Die kruks van die saak is dat waar daar oor ‘n bate beskik word (by-
voorbeeld by wyse van verkoop, sessie, omruiling, skenking of ver-
erwing) of geag beskik te word, is die gedeelte van die opbrengs wat
die basiskoste oorskry, onderworpe aan kapitaalwinsbelasting.
Watter bates is onderworpe aan kapitaal-
winsbelasting en wie gaan dit betaal?
Die wetgewing omskryf ‘n bate vir kapitaalwinsbelastingdoeleindes
baie wyd en by name as eiendom van welke aard ook al, hetsy roe-
rend of onroerend, tasbaar of ontasbaar asook ‘n reg tot of belang
in sodanige bates. Die meeste kapitale bates word beïnvloed deur
kapitaalwinsbelasting en is dit daarom baie belangrik om die effek
van kapitaalwinsbelasting by transaksies te oorweeg.
‘n Persoon wat ‘n “inwoner” in Suid-Afrika is, sal onderworpe wees
aan kapitaalwinsbelasting op sy of haar wêreldwye bates. ‘n Indi-
vidu sal ‘n Suid-Afrikaanse inwoner wees indien hy of sy gewoonlik
woonagtig is in Suid-Afrika of fisies vir ‘n spesifieke aantal dae in
Suid-Afrika teenwoordig is.
Nie-inwoners sal egter ook by die beskikking van onroerende eien-
dom wat in Suid-Afrika geleë is, of bates van ‘n permanente instelling
waardeur besigheid in Suid-Afrika bedryf word, onderworpe wees
aan kapitaalwinsbelasting.
Hoe word kapitaalwinsbelasting bereken?
Die volgende stappe verduidelik die berekening van kapitaalwins-
belasting kortliks:
Bereken die kapitale wins of verlies van elke bate waaroor beskik
word afsonderlik (opbrengs min basiskoste).
Voeg al die individuele kapitale winste en verliese bymekaar vir
die betrokke jaar van aanslag.
Vir natuurlike persone en spesiale trusts, verminder die som met
die jaarlikse vrystelling van R30 000 (R300 000 in die geval van
dood). Dit bring jou dan by die totale kapitaalwins of -verlies vir
die betrokke jaar van aanslag.
Trek die vasgestelde kapitaalverlies af, oorgebring vanaf die
vorige jaar van aanslag, om die netto kapitaalwins of -verlies vir
die huidige jaar van aanslag te bepaal.
Vermenigvuldig die netto kapitaalwins met die relevante inslui-
tingskoers om sodoende te bepaal watter gedeelte ingesluit
moet word by jou belasbare inkomste (verwys na
Tabel 1
vir die
insluitingskoerse).
Voeg die berekende kapitaalwinsgedeelte by jou gewone be-
lasbare inkomste uit ander bronne en bereken die betaalbare
inkomstebelasting deur die marginale belastingkoers te gebruik.
Die maksimum effektiewe kapitaalwinsbelastingkoers vir individue
is dus 13,65% (by die hoogste marginale belastingkoers van 41%
vermenigvuldig met die 33,3% insluitingskoers) en vir maatskappye
is dit 18,65% (66,6% insluitingskoers vermenigvuldig met 28% maat-
skappybelastingkoers).
Vir trusts beloop die effektiewe kapitaalwinsbelastingkoers 27,31%,
maar hierdie koers word selde betaal omrede die trust se kapitaal-
winsbelasting in die meeste omstandighede toegeken word aan in-
dividue en die kapitaalwinsbelasting word dan teen die individu se
effektiewe koers betaal.
Wat word bedoel met die “basiskoste” van
‘n bate?
Basiskoste sluit in die aankoopprys en bykomende koste aangegaan
by die aankoop en verkoop van die bate, soos regskoste, oordrag-
koste, verbeteringskoste, BTW (as dit nie as insetkrediet geëis is
nie), advertensiekoste, agentekommissie, makelaarskoste en waar-
dasiekoste.
Slegs die groei in die waarde van ‘n kapitale bate ná 1 Oktober 2001
is aan kapitaalwinsbelasting onderhewig. Vir bates wat ‘n persoon
reeds besit het op 1 Oktober 2001, sal ‘n “basiskoste” soos op
1 Oktober 2001 vasgestel moet word.
Hierdie “basiskoste” kan op een van die volgende metodes (onder-
worpe aan sekere beperkings) vasgestel word:
Markwaarde soos op 1 Oktober 2001.
20% van die opbrengs by beskikking.
‘n Tydtoedelingsbasis – waar die totale wins op ‘n proporsionele
grondslag bereken word oor die tydperk wat die bate in jou besit
was, voor en ná 1 Oktober 2001.
Die wetgewing plaas die onus op die belastingpligtige om behoorlik
rekord te hou van die “basiskoste” van ‘n bate om sodoende die wins
waarop kapitaalwinsbelasting betaalbaar is, vas te stel. Die keuse
van die metode om die basiskoste van voorwaardasiedatumbates
te bepaal, sal deeglik oorweeg moet word aangesien die metodes
verskillende antwoorde sal gee.
Aangesien daar sekere spesifieke reëls is wat daarop gemik is om
skynbare verliese te beperk, sal die markwaarde van die bate ook nie
in alle gevalle gebruik kan word as die metode vir die berekening van
die kapitaalwinsbelasting nie.
Die markwaarde kan slegs gebruik word indien die bates gewaar-
deer was voor 1 Oktober 2003. Bewys van die waardasie moet aan
die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voorsien word met die eer-
ste inkomstebelastingopgawe wat ingedien word ná die beskik-
king van die bate. Ten opsigte van bates waarvan die markwaarde
R10 miljoen op 1 Oktober 2001 oorskry het, of R1 miljoen as die
bate ‘n ontasbare bate is (soos klandisiewaarde of ‘n handelsmerk);
of ‘n bate wat ‘n ongenoteerde aandeel is en die markwaarde van alle
aandele wat deur die belastingbetaler besit word in dié maatskappy,
se waarde meer was as R10 miljoen, moes die waardasie ingedien
gewees het saam met die eerste inkomstebelastingopgawe wat ná
1 Oktober 2003 ingedien is.
Vir alle kapitaalbates wat ná 1 Oktober 2001 verkry word, sal die
“basiskoste” die werklike koste van die aankoop, insluitend sekere
ander kostes wat aangegaan is by die verkryging of verkoop van die
HESNA RHEEDER,
assosiaat direkteur, PricewaterhouseCoopers en
GERT NEL,
konsultant, PricewaterhouseCoopers