Background Image
Previous Page  30 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

28

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Begrotings vir koring-

en kanolavertakkings bestudeer

V

ir volhoubare kleingraanboerdery in die Wes-Kaap, is die

volg van ‘n goeie wisselboustelsel ‘n voorvereiste. Só ‘n

wisselboustelsel bestaan gewoonlik uit koring, lusern of

medics en ander kontantgewasse, soos hawer en gars.

Oor die afgelope aantal jare is kanola toenemend in wisselboustel-

sels gebruik om beter onkruidbeheer van veral grasonkruide toe

te pas, met minder siektes en onkruide wat na die opvolggewas

(gewoonlik koring) oorgedra word. Daarmee saam het die kanola in

sommige jare ook ekonomies goed presteer.

Met die gebruik van kontantgewasse, soos koring en kanola, is

dit belangrik dat die winsgewendheid en gelykbreekopbrengste

ook jaarliks in ag geneem word. Die moeilikste deel van die

vertakkingsbegroting is om die opbrengs en prys van die produk vir

die komende jaar te voorspel.

Vir hierdie begrotings is die langtermyn gemiddelde opbrengste

vir koring (2,6 ton/ha, 2,8 ton/ha) en kanola (1,5 ton/ha) tussen die

westelike, suidelike en oostelike Rûens-gebiede en die middel van

die Swartland-gebied gebruik.

Die koringprys (Safex) is beraam op R3 680/ton. Dit is die gemiddeld

van die Desember 2014 Safex-prys (Junie tot Desember 2014) en

die gemiddeld van die huidige Desember 2015 Safex-prys. Die

kanola finale prys vir 2015 is beraam op R4 400/ton, wat ‘n effense

sywaartse beweging is vanaf die R4 300 finale prys van 2014.

Direkte insette is volledig begroot met ‘n inflasie-aanpassing

waar nodig. Vaste koste is verkry uit gemiddelde finansiële

studiegroepsyfers in die gebied. ‘n Produsent wat so ‘n begroting

gebruik, moet bewus wees dat begrotings en die aannames wat

daarmee saamgaan, gedurig kan verander.

‘n Begroting moet dus nie as ‘n rigiede, vaste plan beskou word

nie, maar wel as ‘n bestuurshulpmiddel. Meegaande gemiddelde

begrotings kan dus tussen verskillende gebiede en tussen

verskillende boerderye verskil.

Produksiekoste van droëlandkoring

Tabel 1

toon die droëlandkoringvertakkingsbegroting vir die weste-

like, suidelike en oostelike Rûens vir die 2015/2016-produksieseisoen.

Vir ‘n langtermyn gemiddelde opbrengs van 2,6 ton/ha beloop

die totale toegewese veranderlike koste R5 192/ha. Die berekende

vaste koste is R1 380/ha. Die totale koste van produksie beloop dan

ongeveer R7 140/ha, soos aangedui in Tabel 1.

Vir ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 2,6 ton/ha, met ‘n totale

produksiekoste van R7 140/ha, beloop die netto marge R299/ha.

Tabel 2

toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende pro-

dusentepryse en opbrengste van droëlandkoring met ‘n totale

produksiekoste van R7 140/ha, soos aangedui in Tabel 1.

PIERRE LAUBSCHER, FRANCOIS HUMAN

en

WYNAND HEUNIS,

landbou-ekonome, Overberg Agri

Tabel 3

toon die droëlandkoringvertakkingsbegroting vir die middel

van die Swartland vir die 2015/2016-produksieseisoen.

Vir ‘n langtermyn gemiddelde opbrengs van 2,8 ton/ha beloop die

totale toegewese veranderlike koste R5 285/ha. Die berekende

vaste koste is R1 065/ha. Die totale koste van produksie beloop dan

ongeveer R7 315/ha, soos aangedui in Tabel 3.

Vir ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 2,8 ton/ha, met ‘n totale

produksiekoste van R7 315/ha beloop die netto marge R696/ha.

Tabel 4

toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende pro-

dusentepryse en opbrengste van droëlandkoring met ‘n totale

produksiekoste van R7 315/ha, soos aangedui in Tabel 3.

Produksiekoste van kanola

Tabel 5

toon die kanolavertakkingsbegroting vir die westelike,

suidelike en oostelike Rûens vir die 2015/2016-produksieseisoen.

TABEL 1: VERTAKKINGSBEGROTING VIR DROËLANDKORING

(MINIMUMBEWERKING) IN DIE RÛENS.

Opbrengs (ton/ha)

2,6

Produsenteprys (R/ton)

R2 861

Bruto produksiewaarde (R/ha)

R7 439

Toegewese veranderlike koste (R/ha)

Saad

R569

Bemesting

R1 692

Spoorelemente

R76

Onkruiddoders

R618

Swamdoders

R514

Insekdoders

R119

Kontrakwerk/grondontledings/kartering

R243

Bemarking

R206

Versekering

R26

Waterkoste

R16

Brandstof

R590

Herstel en onderhoud

R523

Totale toegewese veranderlike koste (R/ha)

R5 192

Bruto marge (R/ha)

R2 247

Vaste koste (R/ha)

R1 380

Depresiasie

R568

Totale produksiekoste (R/ha)

R7 140

Netto marge (R/ha)

R299

Spesiale