Background Image
Previous Page  21 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 92 Next Page
Page Background

19

May 2015

Klopper sê dat die meeste van dié groep maatskappye aantreklikhede

bied, maar terselfdertyd ook dinge het wat teen hulle tel en dus wyse

besluite vereis. “Een goeie voorbeeld is Tiger Brands, wat ‘n belang

het in die Dangote-meule in Nigerië, waar daar tans onsekerheid is.

Dit het ‘n invloed op Tiger se aantreklikheid as ‘n belegging.”

Volgens Klopper hou Distell se uitbreidings in Afrika groot belofte

in, maar die verhandelbaarheid van sy aandele is ‘n probleem wat in

gedagte gehou moet word. “Clover bied op die oog af waarde, tog is

dit ‘n moeilike bedryf wat deur groot mededinging gekenmerk word.

Internasionale melkpryse is ook onder druk.”

Ander genoteerdes

Ten einde nie by ‘n paar maatskappye (byvoorbeeld net in die voed-

selbedryf) vas te val nie, is dit altyd goed om na goeie genoteerde

maatskappye buite jou portefeulje te kyk. Dit sluit maatskappye soos

Aspen, Netcare en Capitec in. Barloworld (wat in werklikheid ook ‘n

afdeling het vir landbouprodukte) – ‘n gevestigde maatskappy wat

reeds in 1902 gestig en in 1941 genoteer is – het ook nog selde te-

leurgestel.

Klopper beveel aan dat produsente juis na buite die landbougroepe

moet diversifiseer en selfs ook na die buiteland moet kyk.

Sektore wat in ‘n groeifase is, is ook oorweging werd. Klopper sê

só ‘n beleggingstyl – ‘n momentumstyl teenoor groei- of waarde-

aandele – het wel meriete en ‘n kundige, ingeligte belegger kan baie

suksesvol wees daarmee.

“Die uitdaging is om betyds draai- of infleksiepunte in die mark raak

te sien en vinnig daarop te reageer. Dalk moet ‘n belegger eerder na

‘n kombinasie van al dié beleggingstyle in Suid-Afrika kyk.”

Beursverhandelde fondse

Verskeie beursverhandelde fondse (ETFs), met lae transaksie-

koste, is ook aan beleggers beskikbaar. Dit sluit volgfondse in, soos

Satrix 40 (die JSE se top-40 maatskappye), Satrix Divi Plus (op grond

van dividendbetalings), Satrix Fini, Satrix Property Index Fund,

RMB MidCap, Standard Bank AfricaGold en die Grindrod S&P South

Africa Low Volatility-fonds. NewGold, ‘n saamgestelde indeks wat

die rand/goud-prys navolg, het tans die grootste markkapitalisasie

van die sowat 50 volgfondse.

“Daar is dalk meriete in ‘n belegging in volgfondse,” sê Klopper.

“Dit is egter belangrik om die regte fonds vir die regte markom-

standighede te kies. Vandag se wenner kan dalk môre se verloorder

wees: ‘n Belegger kry groot blootstelling binne so ‘n passiewe fonds

en prestasie kan erg onder druk kom as die mark verander.”

Klopper noem die bankaandeel, Abil, as ‘n goeie onlangse voorbeeld.

“Dié aandeel het histories ‘n hoë dividend betaal en ‘n groot gewig in

die Satrix Divi opgeneem. Wat die passiewe fonds nie weet of nie in

ag neem nie, is dat die vooruitsig vir die spesifieke maatskappy swak

kan wees en die dividend – soos in Abil se geval – in ‘n volgende tyd-

perk gesny sal word en die aandeelprys onder druk plaas.

“Onthou dus deurentyd dat suksesvolle belegging ‘n kuns is. Dink

aan wat die bekende Franse komponis, Claude Debussy, oor die ewe

bekende Duitse komponis, Richard Wagner, te sê gehad het: ’Moenie

‘n sonsondergang met ‘n sonsopkoms verwar nie.‘

“Hy was nie reg oor Wagner nie, maar wat aandelebelegging betref,

is dit absoluut in die kol!”

Suksesvolle belegging is ‘n kuns.