Background Image
Previous Page  20 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

18

FOKUS

op saad

Spesiale

Produk-inligting

Gelds ke en finansiële dienste

Neem ingeligte

beleggingsbesluite

JOHANN VAN ZYL,

SA Graan/Grain

medewerker

Beleggingswenke

Beleggers moet deurentyd straatwys en paraat wees

– soos produsente al geleer het met betrekking tot

plaasaanvalle.

Mnr Dawie Klopper, gee die volgende beleggings-

wenke:

Diversifiseer oor ‘n wye front – binnelands sowel

as buitelands.

Koop altyd aandele by gehalte maatskappye,

wat reeds hul staal getoon het. Moet dus nie

meegesleur word deur maatskappye wat tydelik

hoë opbrengste bied, maar geen groeipotensiaal

in die lang termyn het nie.

Hou aandele vir ‘n lang termyn en moenie panie-

kerig raak as die mark val nie.

Moenie met aandele spekuleer nie. Jy verbrand

maklik jou vingers.

‘n

Belegger wat vyf jaar gelede R1 miljoen se aandele in die

genoteerde maatskappy, Zeder Investments, besit het, se

belegging sou nou tot ‘n skaflike sowat R3 miljoen gegroei

het. Selfs al het hy in Februarie 2011 teen ‘n aandeelprys

va 273 c ingeklim, sou sy belegging met meer as 100% in waarde

toegeneem het.

Dieselfde geld vir die genoteerde Pioneer Food Group. Dié ge-

noteerde landbougroep se aandeelprys het vanaf 2009 meer as ver-

driedubbel en sedert die einde van 2011 met sowat 100% gestyg.

Dié maatskappye is slegs twee voorbeelde van landbouverwante

groepe wat bogemiddeld gevaar het in ‘n mark wat in geheel stewig

gegroei het, maar ook spesifiek by die lewendige landboumark ge-

baat het. Feit is dat die landbousektor tans wêreldwyd as een van

die lewendigste sektore geag word en veral in die buiteland groot

beleggingskapitaal trek en goeie opbrengste bied.

Zeder Investments

Zeder is sekerlik die beste voorbeeld van hoe goed ‘n ingeligte be-

legging in die plaaslike landboubedryf gevaar het: Dié maatskappy

is in 2006 gestig met die fokus op waardebeleggings in die land-

bou-, voedsel-, drank- en voedselverwerkingsektore. Uitstaande

groei in sy nege bestaansjare bevestig die wysheid om in goed pre-

sterende landbougroepe (baie van hulle voormalige koöperasies)

te belê.

Met die groot omskakeling van koöperasies na landboumaatskap-

pye in die negentigerjare en ná die eeuwending, het relatief min

van hulle genoteer. Met oor-die-toonbank-verkope kon produsente

en ander beleggers in hul voorspoed deel, maar dit het toenemend

moeiliker geraak en heelwat huiswerk en verskeie kleiner beleggings

(en dus baie moeite) van beleggers vereis.

Zeder spesialiseer in waardebeleggings by dié groepe en het dit dus

maklik gemaak vir produsente en ander beleggers om in die land-

bouvoorspoed te deel.

Die toetrede van bekende waardesoekers, soos PSG, Coronation

en Allan Gray, bevestig dat Zeder iets beet het. Dié drie groepe

is vandag die grootste eienaars van Zeder se gewone aandele en

besit gesamentlik meer as 60% van die maatskappy se uitgereikte

1,444 miljard aandele.

Hoewel veral die groot aandeelhouers hul aandele vashou (likiditeit

is slegs sowat 21,3% per jaar), word gemiddeld 6 miljoen per week

verhandel. Daar is dus tog aandele beskikbaar om te koop.

Dit beteken nie dat ‘n mens blindelings in Zeder moet belê nie: Hy

is steeds ‘n slagoffer van landbougroepe se prestasies en in swak

jare kan dit hom ook erg benadeel. Kyk jy egter holisties en realisties

na die voedselbedryf – plaaslik en oorsee – in die lang termyn, bly

voedsel ‘n wenbelegging.

Pioneer Foods

Met een of twee klein afwykings laat in 2012 en weer vroeg verlede

jaar, ken Pioneer Foods se aandeelprysgrafiek ook al lankal net een

pad en dit is opwaarts.

Anders as die beleggingsgroep Zeder (wat in die sektor vir finansiële

dienste genoteer is), staan Pioneer in die hart van die landbousektor:

Dié groep en sy verskeie bekende filiale is hoofsaaklik betrokke in

die vervaardiging van voedsel, drank en verwante landbouprodukte

vir sowel menslike as diereverbruik.

Met van Suid-Afrika se bekendste en gewildste produkte, soos

Marmite en Bovril, Redro, Sasko, Champion, Spekko, Weet-Bix,

Safari, Bokomo, Moir’s, ProNutro en Otees, kan Pioneer nie die wins-

teiken mis nie. Solank hy goed bestuur word, sal beleggers in sy

suksesse deel.

Pioneer Foods is in 2008 genoteer en sy gewone aandele, wat teen

10 c per aandeel uitgereik is, wissel vandag tussen R50/aandeel en

soms meer as R120/aandeel. Sy verdienste per aandeel vir die finan-

siële jaar tot einde September 2014 was ‘n indrukwekkende 526,5 c

en sy dividend vir die jaar 221 c/aandeel. Nie te versmaai nie.

Mnr Dawie Klopper, portefeuljebestuurder van PSG, bevestig dat

beide Zeder en Pioneer goeie kopies is. “Onthou egter dat dit belang-

rik is vir alle beleggers, produsente ingesluit, om hul portefeuljes te

diversifiseer,” maan hy.

Ander landbougroepe

Produsente kan gerus ook na ander landbouverwante genoteerde

maatskappye kyk, waaronder Distell, Astral, Sovfood, Clover, Tiger

Brands, Tongaat, Crookes en selfs Omnia. Die onlangs genoteerde

Quantum Foods, ‘n spruit van Pioneer, het tot dusver nie baie goed

gevaar nie, maar dit is soms juis sulke groepe wat goeie beleggings

is as hulle eers op koers is. Hou hom dus gerus dop.