Mei 2015
14
LEDE-LANDSKAP
Kapenaars besoek die noorde
Op 3 Maart 2015, op hul pad na die Graan SA Kongres naby Botha-
ville, het ongeveer 40 graanprodusente vanuit die Wes-Kaap onder
leiding van mnr Toit Wessels (ledebemarking- en kommunikasie-
beampte, Graan SA) ‘n vrugtevolle besoek aan mnre Manny en
Tony da Costa se plaas, Manjoh Ranch, net buite Nigel, afgelê. Die
groep is met ope arms verwelkom en is op ‘n baie insiggewende toer
deur elke vertakking van die besigheid geneem. Hierdie areas het
onder meer hulle voerkraal, dierehanteringsfasiliteite, verskeie ge-
wasse, proewe asook meul- en verwerkingsaanleg ingesluit.
Ons wil graag die Da Costa’s hartlik bedank vir die inligting wat
hulle met ons gedeel het asook die gasvrye wyse waarop hulle ons
produsente ontvang het. Ons glo dat elkeen iets waardevol vanaf
hierdie besoek terug huis toe geneem het.
6
9
11
10
12
13
14
7
8
LIANA STROEBEL,
ontwikkelingskoördineerder, Graan SA